Return to search

Die toepassing van die ondersteuningsfunksie in supervisie aan voorgraadse maatskaplikewerkstudente

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1995. / Een kopie mikrofiche. / ENGLISH ABSTRACT: The application of the support function in supervision of undergraduate students in social
work liberates the students' emotional energy in order to contribute to the success of the
students. To be a source of support to the students, the supervisor must be aware of the
possible causes of stress, the students' reaction thereto and methods in which they could deal
with it.
This exploratory study endeavours to create a scientifically based framework for the
application of the support function in supervision of undergraduate students in social work
in order to deal with stress. The causes of, reaction towards and ways in which
undergraduate students in social work deal with stress were determined by means of
questionnaires and described in terms of the students' personalities and their unique
circumstances, their contact with the client system and supervision of the students. The
respondents were 60 undergraduate students in social work.
Conclusions and recommendations were made which focussed, amongst others, on the
development of knowledge regarding the application of the support function in supervision,
pro-active support, communication during support and application of the support function
with regard to the practice education of the students. The framework of this research can
be utilised by supervisors for effective supervision of undergraduate students in social work. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die toepassing van die ondersteuningsfunksie in supervisie aan voorgraadse maatskaplikewerkstudente
stel die studente se emosionele energie vry ten einde tot suksesvolle
studente by te dra. Om 'n bron van ondersteuning vir studente te wees, moet die supervisor
bewus wees van die moontlike oorsake van stres, die studente se reaksies daarop en die
wyses waarop stres hanteer kan word.
Hierdie verkennende studie het ten doel om 'n wetenskaplik gefundeerde raamwerk daar te
stel vir die toepassing van die ondersteuningsfunksie in supervisie aan voorgraadse
maatskaplikewerkstudente ten einde stres te hanteer. Die oorsake, reaksies en hantering van
voorgraadse maatskaplikewerkstudente se stres is deur middel van vraelyste bepaal en in
terme van die studente se persoonlikheid en omstandighede, hulle kontak met die
klientsisteem en supervisie aan die studente beskryf. Die respondente het uit 60 voorgraadse
maatskaplikewerkstudente bestaan.
Gevolgtrekkings en aanbevelings is gemaak wat onder andere gefokus het op ontwikkeling
van kennis oor die toepassing van die ondersteuningsfunksie in supervisie, pro-aktiewe
ondersteuning, kommunikasie tydens ondersteuning en toepassing van die ondersteuningsfunksie
met betrekking tot studente se praktykopleiding. Die raamwerk van hierdie
navorsingsverslag sal deur supervisors vir effektiewe supervisie aan voorgraadse maatskaplikewerkstudente
benut kan word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/54722
Date12 1900
CreatorsEngelbrecht, Lambert K.
ContributorsCronje, J., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences . Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 v. (various pagings)
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds