Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: This study consists of a proposal to construct and manage Moya weKhaya, a
cultural centre on a vacant site linked to an existing park in A Section,
Khayelitsha. The cultural centre is an innovative vision of urban renewal. The
intention is to contribute towards addressing current social and cultural needs
and challenge the historical realities of apartheid planning.
The concept was initiated by two community-based organisations (CBOs) and
the proposal has been developed through a series of meetings and
workshops with the initiating CBOs.
The approach to the project, from its inception, was based on a
communicative planning approach and the intention of this proposal is to
stimulate dialogue with government and other potential partners and garner
support for the project.
The proposal presents the rationale, vision and objectives of Moya weKhaya
and describes the background and context in which the project was
formulated. It locates the project within the current South African legislative
and policy framework and within current planning discourse.
The thematic and ecological approach to the architectural design is presented
and the proposed usage of the cultural centre and the envisaged activities are
described. Strategies to raise funds for capital costs and partnership options are
explored. A preliminary operating budget and income generating strategies to
maintain the centre are presented.
Potential challenges and solutions are discussed. The proposed cultural centre is an ambitious, costly, and complex project and
it raises two fundamental issues.
- The challenge to the CBO partnership to raise its own capacity to
implement and manage the project on its own and / or to negotiate and
formalise a public-private partnership to build and manage the centre.
- The challenge by the CBOs to government in particular to support the
project and bridge the gap between the legislative framework that
promotes grassroots driven development and the institutional
mechanisms (and political will) to facilitate such processes.
This proposal is an attempt to present a framework in which to address these
issues. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie vervat ’n voorstel vir die oprigting en bestuur van ’n kulturele
sentrum, Moya weKhaya, op ’n leë bouterrein wat grens aan ’n bestaande
park in A Section, Khayelitsha. Die kulturele sentrum is ’n innoverende visie
van stedelike vernuwing. Die doel is om by te dra tot die aanspreek van
huidige sosiale en kulturele behoeftes en om die historiese werklikhede van
apartheidera-beplannning te trotseer.
Die konsep is geïnisieer deur twee gemeenskapsgebaseerde organisasies
(GGOs) en die voorstel is ontwikkel aan die hand van ’n reeks vergaderings
en werkswinkels met die inisiërende GGOs.
Die manier waarop die projek benader is, vanaf die aanvang daarvan, is
gebaseer op ’n benadering van tegemoetkomende beplanning en die doel
met die voorstel is om gesprekvoering te stimuleer met die regering en ander
potensiële vennote en ondersteuning in te win vir die projek.
Die voorstel bied die regverdiging vir en visie en doelwitte van Moya weKhaya
en beskryf die agtergrond en konteks waarin die projek geformuleer is. Dit
posisioneer die projek in die huidige Suid-Afrikaanse wetgewende en
beleidsraamwerk en in die huidige beplanningsdiskoers. Die tematiese en ekologiese benadering tot die argitektoniese ontwerp word
aangebied en die voorgestelde gebruik van die kulturele sentrum en die
beoogde aktiwiteite word beskryf.
Strategieë om fondse vir kapitaalkoste te vermeerder en vennootskapopsies
word ondersoek. ’n Voorlopige bedryfsbegroting en inkomsteskeppingstrategieë
om die sentrum in stand te hou, word voorgestel.
Potensiële uitdagings en oplossings word bespreek. Die voorgestelde kulturele sentrum is ambisieus, duur en kompleks en dit
opper twee fundamentele kwessies:
- Die uitdaging aan die inisiërende GGO-vennootskap om die kapasiteit
op sy eie op te rig om die projek self te implementeer en te bestuur
en/of om ’n openbare-private vennootskap te bewerkstellig en te
formaliseer om die sentrum te bou en te bestuur.
- Die uitdaging gerig deur die GGO aan veral die regering om die projek
te ondersteun en die gaping te oorbrug tussen die wetgewende
raamwerk wat grondvlakgedrewe ontwikkeling bevorder en die
institusionele meganismes (en die politieke wil) om sodanige
ontwikkeling te fasiliteer.
Hierdie voorstel is ’n poging om ’n raamwerk te bied waarin hierdie
kwessies aangespreek kan word.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/49433 |
Date | 03 1900 |
Creators | Wright, Yolande |
Contributors | Anneke, Eve, Stellenbosch University.Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 134 p. : col. ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0019 seconds