Return to search

'n Ondersoek na die regsbeskerming van die vrou se huweliksverhouding tydens die klassieke Romeinse reg

Text in Afrikaans / In hierdie ondersoek is navorsing gedoen oor die Romeinse huweliksverhouding ten
einde vas te stel of die klassieke Romeinse reg die Romeinse vrou se
huweliksverhouding beskerm het indien dit deur haar man se wangedrag geskend
is.
Die navorsing het getoon dat, soos in die Suid-Afrikaanse reg, die Romeinse
huweliksverhouding teen die klassieke tydperk 'n consortium omnis vitae met veral
morele huwelikspligte was en dat die nie-nakoming van hierdie pligte op
wangedrag en skending van die huweliksverhouding neergekom het. Daar is tot
die gevolgtrekking gekom dat, soos in die moderne reg, ook die Romeinse man die
huweliksverhouding kon skend deur wangedrag, beperkte vorme van seksuele
wangedrag, iniuria en bigamie.
Die klassieke Romeinse reg het egter nie aan die Romeinse vrou direkte
regsbeskerming verleen by die man se skending van die huweliksverhouding deur
wangedrag nie. Sy het egter wel indirekte regsbeskerming in die vorm van toevlugof
afskrikmiddels (soos egskeiding en die dos) geniet. / In this study research has been done on the Roman marital relationship in order
to determine whether classical Roman law protected the Roman wife's marital
relationship if it had been breached by her husband's misconduct.
Research has shown that by the classical period, as in South African law, the
Roman marital relationship was a consortium omnis vitae with primarily moral
marital duties. Non-compliance with these duties amounted to misconduct and
breach of the marital relationship. It was concluded that, as in modern law, the
Roman husband too could be in breach of his marital relationship through
misconduct, limited forms of sexual misconduct, iniuria and bigamy.
However, classical Roman law did not grant the Roman wife any direct legal
protection where her husband was in breach of the marital relationship because
of misconduct. She nevertheless enjoyed indirect legal protection in the form of
deterrents (such as divorce and the dos). / Law / LL.M.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16995
Date06 1900
CreatorsJacobs, Annalize
ContributorsStoop, B. C., Hosten, W. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
Format1 online resource (viii, 218 leaves)

Page generated in 0.0025 seconds