Thesis (MPhil (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the translation approaches and strategies used by Lina Spies in her
translation of Anne Frank's diary, Het Achterhuis, from Dutch into Afrikaans (Die Agterhuis). The
researcher mainly works descriptively to discuss the decisions made regarding translation
approaches and strategies adopted and applied in this translation. However, when necessary, a
critique of the translation is also offered.
The first chapter deals with the background of, and rationale for, the study; it provides a
hypothesis, problem statement, methodology and the research questions. The next chapter
provides background information on the source text, as well as considering reasons why this
source text was translated into Afrikaans. The translator (Spies) as an agent of power is discussed
as well. In the third chapter, the literature review, the most prominent translation theories which are
relevant to this study are discussed. There are amongst others focused on functionalism (Nord
1997), intercultural communication (Katan 200), descriptive translation studies (DTS) (Toury 1995),
and foreignization and domestication (Venuti 1995). Chapters 4 and 5 present the practical
application/empirical study. In the macro-analysis aspects such as genre, overall translation
approach and the paratext are looked at. The micro-analysis investigates the translation strategies
which were used on the micro-level in order to achieve the overall effect this translation has on
macro-level. Pragmatic, intercultural, interlinguistic and text-specific translation
problems/challenges and the way that Spies (possibly) resolved these in the target text are
discussed.
The conclusion is drawn that Spies adopts a functionalist approach towards the translation as she
takes into consideration both Nord's (1995) yardsticks for a "good"/"adequate" translation, namely
(1) the source text and source text author, as well as (2) the target text reader. The foreignization
approach is the primary approach used in this translation and the translator is very faithful to the
source text and loyal to the source text author. Domestication is used as a secondary approach as
the target text is made accessible to the target text reader on a grammatical level. The thesis finds
that the authenticity of the source text and the literary value of this text are preserved, and that the
voice and style of the source text author are conveyed to the target text reader. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word ondersoek ingestel na die vertaalbenaderings en -strategieë wat Lina
Spies gebruik in die vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis uit Nederlands in
Afrikaans (Die Agterhuis). Die navorser gaan hoofsaaklik deskriptief te werk om die
besluitneming ten opsigte van watter vertaalbenaderings en vertaalstrategieë wat gevolg en
toegepas word, te beskryf. Kritiek word wel uitgespreek waar nodig.
Die eerste hoofstuk behels die agtergrond en rasionaal vir die studie, 'n hipotese,
probleemstelling en navorsingsvrae en beskryf die metodologie wat in die tesis gevolg word.
Die volgende hoofstuk verskaf 'n agtergrond van die bronteks en redes vir die vertaling
daarvan in Afrikaans. Daar word hier ook na die vertaler (Spies) as magsagent gekyk. In die
daaropvolgende hoofstuk, die literatuurstudie, word die vernaamste vertaalteoretiese
benaderings bespreek wat van toepassing is op hierdie studie. Belangrike teorieë waarop daar
gefokus word, is funksionalisme (Nord 1997), interkulturele kommunikasie (Katan 2004),
deskriptiewe vertaalstudies (Toury 1995) en vervreemding en domestikering (Venuti 1995).
Hoofstuk 4 en 5 beslaan die praktiese toepassing/empiriese studie. In die makro-analise word
aspekte soos die genre, oorkoepelende vertaalbenadering en parateks bespreek. In die mikroanalise
word daar gekyk na die vertaalstrategieë wat op mikrovlak gevolg is om die effek wat
die doelteks op makrovlak het, te bewerkstellig. Daar word gekyk na pragmatiese,
interkulturele, intertalige en teksspesifieke vertaalprobleme/-uitdagings en Spies se oplossings
(of pogings tot oplossings) daarvoor.
Daar word na afloop van die studie tot die gevolgtrekking gekom dat Spies funksionalisties te
werk gaan, aangesien sy albei Nord (1995) se maatstawwe vir 'n "goeie"/"voldoende"
vertaling, naamlik, eerstens, die bronteks en bronteksouteur, sowel as, tweedens, die
doelteksleser, in ag neem. Die vervreemdingsbenadering word hoofsaaklik in die vertaling
gevolg en daar word baie lojaal aan die bronteksouteur en getrou aan die bronteks gebly.
Domestikering word as sekondêre benadering gevolg, deurdat die doelteks meestal
grammatikaal toeganklik vir die doelteksleser gemaak word. Daar word bevind dat die
outentiekheid van die bronteks en die literêre waarde daarvan, sowel as om die stem en styl
van die bronteksouteur in die doelteks behou word.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4146 |
Date | 03 1900 |
Creators | Spies, Carla-Marie |
Contributors | Feinauer, A. E. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | x, 211 p. : ill. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0031 seconds