Return to search

Port Elizabeth Munisipaliteit strategiese beplanningsproses : 'n kritiese evaluering

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Strategic management and planning is essential to local government. It provides the
framework against which the quality of life of the community and economic development are
supported by local government. The strategic plan is the framework used to determine
whether local government supports the National Government's objectives in respect of the
Reconstruction and Development Program and complies with the requirements of the
legislation in respect of local government.
The purpose of the research is a critical evaluation of the Port Elizabeth Municipality (PEM)
strategic planning process. The aim is firstly to determine whether the PEM Strategic Plan is
in compliance with the requirements of the Integrated Development Plan as prescribed by
legislation, and secondly to determine whether both the PEM strategic planning process and
the integrated development planning process are in compliance with the academic literature
requirements of the conventional strategic planning process.
The evaluation results in the formulation of conclusions and recommendations in respect of
deficiencies that affect the success or failure of the PEM Strategic Plan. The research
demonstrates that the determination of meaningful strategies in order to satisfy a specific
objective is critical for the successful implementation of the PEM Strategic Plan. The
deficiencies that were identified during the implementation phase of the PEM Strategic Plan,
confirm the necessity of having in place an appropriate organisational structure and culture
that supports the strategies. The research also indicates the necessity of having frequent and
thorough communication of implementation results, human resource management and the

buy-in and acceptance of the strategic process by motivated staff in order to promote the
achievement of the vision and the mission statement of PEM. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Strategiese bestuur en beplanning is van kardinale belang vir plaaslike owerhede. Dit verskaf
die raamwerk waarvolgens die lewensgehalte van die gemeenskap verhoog en ekonomiese
ontwikkeling deur die plaaslike owerheidsektor bevorder word. Die strategiese plan dien as
die metingsraamwerk waarvolgens bepaal word of plaaslike owerhede die doelwitte van die
nasionale regering se Heropbou en Ontwikkelingsprogram ondersteun en aan die vereistes
van die wetgewing, wat daarop van toepassing is, voldoen.
Die doel van die navorsing is 'n kritiese evaluasie van die Port Elizabeth Munisipaliteit
(PEM) strategiese beplanningsproses. Eerstens word bepaal of die PEM Strategiese Plan
voldoen aan die vereistes van die Geintegreerde Ontwikkelingsplan soos wat deur die
" wetgewing voorgeskryf word, en tweedens of beide die PEM strategiese beplanningsproses en
die geintegreerde ontwikkelingsbeplanningsprosesse voldoen aan die akademiese vereistes
verbonde aan die konvensionele strategiese beplanningsproses.
Die evaluasie lei tot die maak van gevolgtrekkings en aanbevelings ten opsigte van die
leemtes en probleme wat die sukses of mislukking van die PEM Strategiese Plan beinvloed.
Die navorsing toon dat die bepaling van verstaanbare strategiee, ten einde 'n spesifieke
doelwit te bereik, van uiterste belang is vir die suksesvolle implementering van die PEM
Strategiese Plan. Die probleme wat tydens die implementering van die PEM Strategiese Plan
gei'dentifiseer is, bevestig die noodsaaklikheid van die daarstelling van 'n toepaslike
organisasiestruktuur en -kultuur wat die geformuleerde strategiee behoorlik kan ondersteun.
Die navorsing dui ook aan die noodsaaklikheid van gereelde en behoorlike kommunikasie
van implementeringsresultate, menslike hulpbronbestuur en die inkoop van gemotiveerde
personeel tot die strategiese proses ten einde die suksesvolle bereiking van die visie en die
missiestelling van PEM te bevorder.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52405
Date12 1900
CreatorsBarnard, Christian
ContributorsBurger, J., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format124 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0018 seconds