Return to search

A qualitative study of key success factors for multinational corporations operating in Sub-Saharan Africa

Thesis (MComm (Business Management))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT:
“Africa’s not for sissies” is what one often hears when discussing business conditions in sub-Saharan Africa (SSA). For purposes of this study, the relatively well-developed country of South Africa has been excluded from the definition of SSA.
The region boasts some of the lowest human development index scores and economic growth levels in the world, while enjoying the unenviable reputation as one of the most corrupt places on earth.
The fact that SSA fares poorest of all when it comes to attracting foreign direct investment (barely 1% of global inflows), is due to foreign investor perceptions of unacceptable levels of country risk that keep them from investing in the region. Reasons for SSA’s malaise are instructive as context for the status quo and include the aftermath of colonialism, continued flare-ups of ethnic-induced civil unrest, the lingering effects of a disastrous flirtation with socialism and a recent generation of corrupt and incompetent leaders.
However, the good news is that the new millennium increasingly exhibits significant trends in support of the notion that a reversal of SSA’s fortunes is underway: annual GDP growth in the region is well ahead of the global average, civil wars in the region have largely come to an end and, for two years running, private equity investment flows into the region have surpassed that of foreign aid, Africa’s traditional ‘crutch’.
Importantly, a small band of early-mover Multinational Corporations (MNCs) are making their presence felt in the region and beginning to make good profits. These firms include the likes of Diageo, The Coca-Cola Company, MTN and SABMiller.
Still, today’s business environment in the small, impoverished markets of SSA remains extremely challenging, characterised by poor infrastructure and skills, coupled to an unhelpful officialdom.
The purpose of this study is to research the impediments to investing in SSA, both real and imagined, and then to discuss ways of overcoming these. By applying a qualitative research methodology, including the use of case studies and structured interviews with selected executives of the MNCs active in the region, key success factors for investing and operating in the region will be identified and explained. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Enigeen wat ‘n besigheid in Afrika bedryf is dit eens dat ‘n mens hare op jou tande nodig het om hier sukses te behaal as gevolg van die aansienlike aantal struikelblokke wat ‘n mens te wagte moet wees. Hierdie studie is gemik op die onontwikkelde Afrika lande, suid van die Sahara woestyn (ASS). Suid Afrika word vir doeleindes van hierdie studie uitgesluit uit die definisie van ASS, weens die land se relatiewe gevorderde besigheidsklimaat.
Ongelukkig word die lande van die ASS streek oorwegend gekenmerk deur lae peile van ontwikkeling, asook lae ekonomiese groeikoerse. Die streek word boonop beskou as die mees korrupte plek op aarde. Dit is dus geen wonder nie dat ASS die slegste van alle streke vaar wanneer dit by besteding deur buitelandse beleggers kom nie – laasgenoemde glo eenvoudig dat die gepaardgaande risiko verbonde aan die maak van ‘n belegging in die streek onaanvaarbaar hoog is. Sommige van die redes wat aanleiding gee tot hierdie teleurstellende toedrag van sake is insiggewend as konteks vir hierdie studie, insluitend: die nagevolge van die era van kolonialisme, sporadiese uitbarstings van etniese geweld, die negatiewe gevolge veroorsaak deur die onlangse beheptheid met sosialisme onder baie van die streek se lande, asook die uitwerking van uiters swak leierskap in die streek gedurende die tweede helfte van die 20ste eeu.
Die keersy van hierdie swak beeld is dat ‘n aansienlike verbetering in toestande te bespeur is sedert die aanvang van die 21ste eeu. Die Bruto Nasionale Produk van ASS lande groei nou vinniger as dié van enige ander streek op aarde. Die voorkoms van burgerlike onrus en geweld in die streek toon ‘n beduidende afname. Vir die eerste keer ooit is die waarde van buitelandse beleggings in ASS groter as die waarde van hulp en ondersteuning wat die streek van die buiteland ontvang (en waarop die regerings van die streek tradisioneel staatgemaak het om basiese dienste aan hul inwoners te verskaf).
Dit is ook verblydend om te verneem dat ‘n klein groepie ywerige internasionale maatskappye besig is om hulself toenemend in die gebied te vestig en dat hulle goed geldmaak daaruit. Voorbeelde van suksesvolle maatskappye sluit Diageo, Coca-Cola, MTN en SABMiller in.
Nogtans bly die besigheidstoestande waarin maatskappye hulle bevind ongunstig in die brandarm markte van ‘n streek wat verder gekenmerk word deur gebrekkige infrastruktuur, onvoldoende vaardighede en onbehulpsame amptenare.
Die doel van die navorsing is eerstens om die daadwerklike toedrag van sake vas te stel i.v.m. die omgewingsfaktore wat verhinder dat maatskappye vrylik hul doelstellinge in ASS mag najaag. Daarna word die fokus verskuif sodat oplossings geformuleer mag word ten einde hierdie struikelblokke uit die weg te ruim. ‘n Kwalitatiewe navorsingsmetode word nagevolg. Dit sluit die gebruik van gevallestudies en gestruktureerde onderhoude met senior verteenwoordigers van internasionale maatskappye met filiale in ASS in. Die vernaamste uitslag van die navorsing is die daarstelling en verduideliking van ‘n stel kritieke suksesfaktore wat as handleiding mag dien aan diegene wat besighede in die streek bedryf.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/1929
Date12 1900
CreatorsParker, Andre Charles
ContributorsHough, Johan, Neuland, Ernst W., University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Business Management.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0116 seconds