Thesis (MBA (Business Management))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This study was conducted to investigate the contribution of progressive elaboration on the
effectiveness of conducting projects. Effectiveness relates to project success in contrast to
efficiency which relates to project management success.
This study attempts to determine what the contribution of progressive elaboration of
project detail is on the success of conducting projects, by examining three different
aspects of project management. First, a historical background study was done of project
management, highlighting the origin, paradigms and trends within project management.
The underlying finding here is that in spite of the fact that it originated from a hard rules
based environment, probably with memes delaying it from progress, project management
is changing into a theoretically based hard and soft science, offering exciting opportunities.
This was followed by a look into current best practice by means of the Project
Management Institute’s (PMI’s) Project Management Body of Knowledge Guide (PMBOK
Guide). Each of their nine project management knowledge areas was explored to
determine the applicability of applying progressive elaboration within that area. Both scope
management and risk management presented excellent opportunities for applying
progressive elaboration while cost, quality, human resource and procurement
management posed to be problematic. The third comparison area shows that a theoretical
foundation exists, and that the theory underwrites progressive elaboration.
Progressive elaboration has the potential of improving the effectiveness of projects, and of
ensuring greater project success. The practical implementation is not well presented in
literature and further research in this area is proposed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doelwit van hierdie studie is om te bepaal watter invloed of bydrae progressiewe
uitbreiding in projekbestuur het op die effektiwiteit van die uitvoering daarvan. Effektiwiteit
hou verband met die sukses van 'n projek, in teenstelling met doelmatigheid wat verband
hou met die sukses van die projekbestuur proses.
Hierdie studie poog om te bepaal wat die bydrae van die progressiewe uitbouing van
projek detail op die sukses van projekte is. Die vraag word beantwoord deur na drie
verskillende aspekte van projekbestuur te kyk. Eerstens is ' historiese agtergrondstudie
gedoen wat poog om die oorsprong, sekere paradigmas en tendense in projekbestuur te
ondersoek. Die slotsom hiervan is dat alhoewel projekbestuur sy oorsprong het in harde,
reëlsgebaseerde omgewing, met oorgedraagde gebruike wat verandering strem, dit tog
besig is om te migreer na 'n teoreties gefundeerde hard en sag gekombineerde
wetenskap wat opwindende geleenthede bied. Vervolgens is gekyk na 'n hedendaagse
beste praktyk model soos gevind in die “Project Management Institute (PMI)” se “Project
Management Body of Knowledge Guide(PMBOK Guide)”. Elk van die nege projekbestuurkennisareas
is ondersoek om te bepaal wat die toepaslikheid van implementering van
progressiewe uitbreiding in die spesifieke kennisarea is. Beide werkomvang-bestuur en
risikobestuur het uitstekende geleenthede gebied vir die toepassing van progressiewe
uitbreiding, terwyl koste, kwaliteit, menslike hulpbron en kontrak-bestuur uitdagings
voorgehou het. In die laaste van die vergelykings areas is daar getoon dat 'n teoretiese
basis vir projekbestuur bestaan en dat die teorie progressiewe uitbouing onderskryf.
Progressiewe uitbreiding beloof om die effektiwiteit van die uitvoering van projekte te
verbeter en sodoende die kanse op sukses van projekte te verbeter. Praktiese
implementering word nie volledig in die literatuur beskryf nie en verdere navorsing in die
verband word aanbeveel.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/1021 |
Date | 03 1900 |
Creators | Fourie, Emile |
Contributors | Butler, Martin, University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | English |
Detected Language | Dutch |
Type | Thesis |
Format | 111 pages |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0023 seconds