Return to search

An assessment of the effect of participation on sustainable development in a rural electrification project : a case study of the Ipari-Efugo project

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: Due to inadequate financial resources and lack of managerial skills, in this case study
the local level of governance does not have appropriate mechanisms to manage their
resources adequately. It is observed that the Nigerian government cannot provide all
basic amenities for the people at the grass-root level of development. Following the
above scenario, rural communities do not have access to basic amenities such as
electricity and pipe borne water. In Nigeria, little research has been done with regard to
sustainable development in rural electrification.
This study is based on the impact of community and individual participation in a rural
electrification project, and shows how sustainable development plays a leading role.
The study is based on a rural electrification project initiated and facilitated in 1996, and
was completed in 2000 by the Ipari-Efugo Otukpa community members in Benue State
in the North Central part of Nigeria.
In spite of prevailing poverty in rural areas, Ipari-Efugo community members were able
to be responsible for their own development without government intervention. The
research includes literature studies of rural electrification projects and demonstrates
how participation and sustainable development can lead to a successful community
project.
Irrespective of obstacles such as poverty and lack of economic empowerment, Ipari-
Efugo community members are resilient and were able to provide electricity. Access to
electricity can serve as a prerequisite for economic development and growth. The
benefits accruable from the use of electricity outweigh the costs of providing the
amenity to the community. Participation through sustainable development remains the
core instrument responsible for the completion of the electricity project in Ipari-Efugo.
This study encourages rural communities to take responsibility for their own
development. / AFRIKAANSE OPSOMMING: As gevolg van onvoldoende finansiële middele en 'n gebrek aan bestuursvaardighede,
in die gevallestudie beskik die plaaslike regering nie oor die toepaslike meganismes om
hulle hulpbronne na behore te bestuur nie. Boonop blyk dit dat nasionale regerings nie
alle basiese geriewe aan diegene op voetsoolvlak kan voorsien nie. Die genoemde
scenario impliseer dus dat landelike gemeenskappe nie toegang het tot basiese geriewe
soos elektrisiteit en kraanwater nie. In Nigerië word weinig navorsing gedoen op die
gebied van volhoubare ontwikkeling in landelike elektrisiteitsvoorsiening.
Hierdie studie is gebaseer op die impak van gemeenskaps- en individuele deelname aan
'n landelike elektrisiteitsvoorsieningsprojek, en toon hoe volhoubare ontwikkeling 'n
toonaangewende rol hierin speel. Die studie spruit uit 'n landelike elektrifiseringsprojek
wat in 2000 deur die gemeenskap van Ipari-Efugo Otukpa in die staat Benue in die
noordelik-sentrale deel van Nigerië aangevoer en gefasiliteer is.
Ondanks die heersende armoede in landelike gebiede, het lede van die Ipari-Efugo
gemeenskap sonder die tussenkoms van die regering verantwoordelikheid vir hulle eie
ontwikkeling aanvaar. Die navorsing sluit literatuurstudies van landelike
elektrisiteitsvoorsieningsprojekte in, en demonstreer hoe deelname en volhoubare
ontwikkeling tot 'n suksesvolle gemeenskapsprojek kan aanleiding gee.
Ongeag struikelblokke soos armoede en 'n gebrek aan ekonomiese bemagtiging, was
die lede van die Ipari-Efugo gemeenskap vasberade en kon hulle uiteindelik elektrisiteit
aan die gemeenskap verskaf. Toegang tot elektrisiteit kan as 'n voorvereiste vir
ekonomiese ontwikkeling en groei dien. Die voordele verbonde aan
elektrisiteitsverbruik oortref uiteindelik by verre die koste verbonde aan die
voorsiening van hierdie gerief aan die gemeenskap. Deelname by wyse van volhoubare
ontwikkeling bly die sleutelinstrument vir die voltooiing van die elektrisiteitsprojek in
Ipari-Efugo. Hierdie studie moedig landelike gemeenskappe aan om
verantwoordelikheid vir hulle eie ontwikkeling te aanvaar.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/20444
Date03 1900
CreatorsItodo, Anthony Onoja
ContributorsTheron, Francois, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Management and Planning.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatix, 103 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds