Return to search

Kompleksiteit in taakgebaseerde onderrig en leer van Afrikaans as tweede taal binne universiteitskonteks

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The implementation of a multilingual language policy for Higher Education in South Africa
(2002) requires the teaching and learning of different languages as a second or additional
language – also the teaching of Afrikaans for specific purposes to students as adult learners.
The teaching of Afrikaans for specific purposes to students as adult learners has not
received much attention in the South African context, especially research on the learning
and teaching of Afrikaans for specific purposes in a university context. This research on
Afrikaans as a second language has as framework the theory of Task-Based Language
Learning and Teaching. The research focuses on issues relating to complexity in task-based
challenges which await students in a multilingual university context and the way in which a
task-based teaching syllabus contributes to these needs and challenges.
The main focus of this study is to explore the possibilities of a multiperspective approach to
the analysis of complexity in the design of a task-based syllabus for university students. The
aim of such a multiperspective approach is to research the full spectrum of approaches
which is available to research task complexity. The adequacy of the different approaches lies
in the architecture of the compositionality and combination of the individual researchers’
frameworks, which each on its’ own has elements of incompleteness regarding the
development of students’ interlanguage. There can be argued that the multiperspective
approach to complexity in task-based syllabus design is beneficial to task design for an
Afrikaans task-based syllabus at university level because each approach promotes the
development of an interlanguage. The central purpose of this study is to investigate the nature and properties of
communication tasks employed in generic social and academic communication in Afrikaans
on a university campus in South Africa within the framework of task-based language learning
and teaching, as well as syllabus design. This study analyses the communication tasks in
accordance with the needs of second language learners of Afrikaans in the context of
campus communication. For the purpose of the research, a needs analysis was conducted
through the use of a questionnaire and interviews with university students. This needs
analysis shows that students whose first language is not Afrikaans, have the need to acquire
communicative skills in Afrikaans to communicate effectively with fellow students and
lecturers at the university. As a result of the needs analysis ten student-student-dialogues
and ten student-lecturer-dialogues were constructed to simulate campus communication. The study researches the various cognitive and linguistic taskelements.The purpose of this
research is to to examine the cognitive and structural properties in a task design which
address the communication needs of students and lecturers for learning generic Afrikaans
for communicating on campus. A framework for the analysis of complexity in the
development of a task-based syllabus for a teaching and learning program for the teaching
and learning of Afrikaans as a second language in the multilingual university context of a
South African university campus will be proposed. The study examines the different
components of tasks and the components of designing a syllabus, and how they influence
the teaching and learning of the second language. This study analyses various complexity
properties of the twenty Afrikaans dialogues in order to determine criteria for syllabus
designers on how tasks can be graded and sequenced within a task-based language
learning and teaching syllabus for second language learners of Afrikaans. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die implementering van ’n meertalige taalbeleid vir Hoër Onderwys in Suid-Afrika (2002)
vereis die leer en onderrig van verskillende tale as ’n tweede of addisionele taal – ook wat
die onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes aan studente as volwasse leerders
betref. Hierdie onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes aan volwassenes het nog nie
veel aandag binne die Suid-Afrikaanse konteks ontvang nie, veral wat betref navorsing oor
die leer en onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes binne ’n universiteitskonteks. Die
navorsing wat vir hierdie proefskrif onderneem is, val binne die teorie van taakgebaseerde
leer en onderrig. Dit fokus op die aspekte wat verband hou met taakgebaseerde
kompleksiteitsuitdagings wat vir studente binne ’n meertalige universiteitskonteks voorlê en
die wyse waarop ’n taakgebaseerde leer- en onderrigprogram voldoen aan hierdie behoeftes
en uitdagings.
Die sentrale fokus van hierdie proefskrif behels ’n ondersoek na die moontlikheid van ’n
multiperspektiefbenadering tot die analise van kompleksiteit by die ontwerp van ’n
Afrikaanse taakgebaseerde sillabus op universiteitsvlak. Die doel van so ’n multiperspektiefbenadering
is om die volle spektrum van oorwegings wat ter sprake is in taakkompleksiteit te
ondersoek. Die toereikendheid van dié spesifieke benadering lê in die argitektuur van die
samehang en kombinasie van die verskillende navorsers se raamwerke wat elk op sigself
tekens van onvolledigheid toon ten opsigte van die optimale ontwikkeling van die studente
se intertaal. Daar word betoog dat dat hierdie multiperspektiefbenadering tot kompleksiteit in
taakgebaseerde sillabusontwerp voordelig is ten opsigte van sillabusontwerp vir Afrikaans
op universiteitsvlak aangesien intertaalontwikkeling optimaal binne elk van die benaderings
verantwoord kan word. Die sentrale fokuspunt van die proefskrif is om ondersoek in te stel na die aard en
eienskappe van kommunikasietake wat gevind word in generies sosiale en akademiese
kommunikasietake in Afrikaans by ’n universiteitskampus in Suid-Afrika. Dit vind plaas binne
die konteks van hedendaagse tweedetaalteorieë oor taakgebaseerde taalleer en -onderrig,
sowel as sillabusontwerp. Hierdie studie analiseer die kommunikasietake aan die hand van
die behoeftes van tweedetaalstudente van Afrikaans binne die konteks van kampuskommunikasie.
Dié behoeftes is bepaal na aanleiding van behoefte-analises wat onder
universiteitstudente onderneem is. Die behoefte-analises toon dat studente wie se eerste
taal nie Afrikaans is nie, die behoefte het om Afrikaans te verwerf ten einde suksesvol te kan
kommunikeer met medestudente en dosente. Na aanleiding van die behoefte-analises is tien student-student-dialoë en tien student-dosent-dialoë gekonstrueer wat verteenwoordigende
kampuskommunikasie simuleer.
Die doelwit van hierdie studie is om die verskeie kenmerke van take wat verband hou met
kognitiewe en linguistiese kompleksiteit in ’n taakgebaseerde ontwerp te ondersoek. Die
doel hiervan is om onder meer ’n raamwerk vir die analisering van kompleksiteit in ’n
taakgebaseerde sillabus vir leer en onderrig van generiese Afrikaans vir kampuskommunikasie
voor te stel. Saam met die ondersoek na kognitiewe en linguistiese
kompleksiteit, ondersoek die proefskrif die kenmerke van sillabusontwerp om te bepaal hoe
dit die leer en onderrig van Afrikaans as ’n tweede taal beïnvloed. Die insigte wat sodoende
oor die kompleksiteit van die take verkry word, skep verskeie moontlikhede vir die
ontwikkeling van take binne die konteks van ’n universiteitskampus met betrekking tot die
leer van Afrikaans as ’n tweede taal. Voorts verskaf die studie ook ontledings met betrekking
tot die kompleksiteitskenmerke van die twintig dialoë in Afrikaans sodat kriteria vir sillabusontwerpers
geskep kan word waarvolgens hulle take binne die taakgebaseerde leer en
onderrig kan gradeer en orden om ’n sillabus vir tweedetaalstudente van Afrikaans te
ontwerp.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/20188
Date03 1900
CreatorsAdendorff, Elbie Maria
ContributorsVisser, M. W., Foster, P. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format432 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0024 seconds