Thesis (MAcc)--University of Stellenbosch, 2010. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Franchise besighede is ʼn alledaagse verskynsel in die Suid-Afrikaanse en Internasionale
besigheidswêreld. Ingevolge afdeling 12(2)(c) van Regulasie 287 van die Petroleum
Produkte Wet No. 120 van 1977 word ʼn groothandelaar van petroleum produkte verbied
om ʼn kleinhandellisensie te besit anders as vir doeleindes van opleiding. Die gevolg
hiervan is dat petroleum maatskappye gebruik maak van franchisehouers om hulle
vulstasies en geriefswinkels namens hulle te bedryf aangesien die franchisehouers
toegelaat word om kleinhandellisensies te besit vir besigheidsdoeleindes.
Die konsep van ʼn franchise is daarop gebaseer dat ʼn franchisehouer die franchise van ʼn
bestaande, en dikwels welvarende, besigheid bekom vanaf ʼn franchisegewer en dan die
besigheid onder die vaandel van daardie franchise bedryf. Die franchisehouer betaal
dikwels ʼn eenmalige enkelbedrag franchisefooi aan die franchisegewer en addisioneel
daartoe ʼn deurlopende franchisefooi, gewoonlik op ʼn maandelikse basis. Die
deurlopende franchisefooi word normaalweg bereken as ʼn persentasie van omset van die
franchise besigheid, of dit word bereken volgens ʼn alternatiewe formule of metode soos
uiteengesit in die betrokke franchise-ooreenkoms.
Wanneer franchisehouers hul inkomstebelasting vir ʼn spesifieke jaar van aanslag bereken,
word hulle gekonfronteer met die vraag oor hoe om die franchisefooie vir
inkomstebelastingdoeleindes te hanteer. Die inkomstebelasting hantering van die
eenmalige enkelbedrag franchisefooi blyk meer onduidelik te wees as dié van die
deurlopende fooi. Die bewoording wat in die franchise-ooreenkoms gebruik word om
hierdie eenmalige enkelbedrag te omskryf is dikwels vaag en verg verdere interpretasie
wat uit die aard van die saak die korrekte inkomstebelasting hantering daarvan bemoeilik.
Hierdie studie stel gevolglik ondersoek in na die inkomstebelastinghantering van
franchisefooie betaalbaar deur die franchisehouers in die Suid-Afrikaanse petroleumbedryf
ingevolge die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingwet No. 58 van 1962. / ENGLISH ABSTRACT: Franchise businesses are an everyday occurrence in the South African and International
business world. A wholesaler of petroleum products is prohibited in terms of section
12(2)(c) of Regulation 287 of the Petroleum Products Act No. 120 of 1977 to own a retail
license for purposes other than that of training. As a result, petroleum companies make
use of franchises where the franchisee is allowed to own a retail license and is therefore
able to operate a service station and convenience store on the companies’ behalf.
The concept of a franchise is based on the principle that a franchisee obtains the franchise
of an existing, often prosperous, business from a franchisor, and then operates the
business under the banner of this franchise. The franchisee usually pays a once-off lump
sum fee and in addition to this fee a continuous franchise fee, usually on a monthly basis.
The continuous franchise fee is usually calculated as a percentage of the turnover of the
franchise business, or it is calculated using an alternative formula or method as set out in
the franchise agreement.
Franchisees are confronted with the question on how to treat the payment of the franchise
fees for income tax purposes when they calculate their income tax liability for a specific
year of assessment. The income tax treatment of the once-off lump sum franchise fee
seems to be less clear than that of the continuous franchise fee. The wording used in
franchise agreements to define and describe the once-off fee is often vague and requires
further interpretation. This encumbers the correct income tax treatment of the fee.
This study therefore investigates the income tax treatment of franchise fees payable by
franchisees in the South African petroleum industry in terms of the South African Income
Tax Act No. 58 of 1962.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/15049 |
Date | 12 1900 |
Creators | Willemse, Leonard Christian, Van Schalkwyk, C. J. |
Contributors | University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Accountancy. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 186 p. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0021 seconds