Return to search

Educator morale in Gauteng public schools: an education management perspective.

‘n Algemene inleiding en motivering vir die studie, asook die faktore wat onder¬wysermoraal belemmer word in Hoofstuk Een aangestip. ‘n Algemene agtergrond tot onderwysermoraal word gegee. ‘n Verslag oor die transformasie van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en die afname in onderwysermoraal in Suid-Afrika en oorsee word in hierdie hoofstuk gereflekteer. Die navorsingspro¬bleem en doel¬stellings word geformuleer en die navorsingsmetodologie bespreek. Die fokus van die navorsing is duidelik afgebaken. Hierdie hoofstuk word afgesluit deur konsep¬te wat met die navorsingsonderwerp verband hou, te verhelder en die hoofstuk indeling te bespreek. Hoofstuk Twee is ‘n literatuuroorsig waarin gepoog word om die essensie van onderwysermoraal vas te stel. Faktore wat ‘n bydrae tot onderwysermoraal maak, naamlik die samelewing, politiek, media en onderwysveranderings, en die rol wat deur onderwysbestuurders gespeel word in die aanspreek van onderwysermoraal word bespreek, asook die implikasie hiervan vir die praktyk. Hoofstuk Drie gee ‘n oorsig oor die navorsingsmetodologie waardeur data inge¬samel is. Daar is ‘n beskrywing van die aard en doel van kwantitatiewe navorsing, gevolg deur ‘n bespreking van die verhouding tussen die navorser en die onderwerp. Die gestruktureerde vraelys wat gebruik is om data in te samel, word bespreek. Die data is onderwerp aan die Kaiser-Meyer-Olkin-meting om te bepaal of die steekproef voldoende was. Verder is 37 items deur middel van twee opeen¬volgende faktor-analitiese prosedures gereduseer tot twee faktore. Hierdie twee fakatore is genoem “sosio-politieke aspekte wat onderwysermoraal belem¬mer” en “skoolgebaseerde aspekte wat onderwysermoraal belemmer”. Items wat met elkeen van die faktore verband hou, word getabelleer, in rangorde gerangskik en bespreek. Die empiriese ondersoek word ook bespreek. Dit sluit ‘n bespreking van die steekproef, biografiese besonderhede en die terugstuur van die vraelys in. Hoofstuk Vier voorsien ‘n ontleding en interpretasie van die empiriese data. Die geldigheid en betroubaarheid van die gestruktureerde vraelys as navorsings¬instrument word kortliks bespreek. Hipoteses word geformuleer. ‘n Vergelyking van twee onafhanklike groepe en drie of meer onafhanklike groepe word gedoen. Die statistiese beduidenheid van verskille tussen alle onafhanklike groepe word in tabelvorm weergegee en daarna bespreek ten opsigte van die twee faktore by onderwysermoraal betrokke. Levene se toets vir die gelykheid van afwykings word gebruik om die gemiddelde tellings van die twee faktore ten opsigte van onderwysermoraal te vergelyk. Die faktor-gemiddelde tellings van die verskeie onaf¬hanklike groepe word in tabelle gegee en die ANOVA vir die ontleding van afwykings bereken en kortliks bespreek. Hoofstuk Vyf gee ‘n oorsig oor die navorsing. Belangrike bevindings uit die literatuuroorsig en die empiriese navorsing word bespreek. Aanbevelings word op grond van die literatuur- en empiriese bevindings gemaak vir die verbetering van onderwysermoraal. / Prof. B.R. Grobler

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:7815
Date15 August 2008
CreatorsDladla, Khosi Maureen
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds