Return to search

'n Multi-sektorale benadering tot seksualiteitsopvoedingsprogramme vir adolessente

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: This study was undertaken to address the need for a multi-sectoral approach to sexuality
education among adolescents. The rise in teenage pregnancies and the rapid spread of the
HIV virus urged the researcher to assess how different sectors within communities can
work together to sexually educate adolescents. The goal of the research is to initiate
planning of prevention- and educational strategies among all sectors of the community. It
is hoped that these programmes may provide adolescents with the necessary skills to
make informed decisions regarding their sexuality.
The use of a multi-sectoral approach to sexuality education was evaluated by means of a
exploratory study and a comparison between the findings of questionnaires and existing
literature. In chapter two the nature of sexuality education is assessed. Chapter three
focuses on the specific multi-sectoral approach to this sexuality education. In chapter four
the findings of the empirical study is discussed. Recommendations for further research is
made in chapter five. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die behoefte vir ’n multi-sektorale benadering tot seksualiteitsopvoeding was die hoof
uitgangspunt van die studie. Met die verhoging in tienerswangerskappe en die
verspreiding van die MIV-virus was dit vir die navorser belangrik om ondersoek in te stel
na hoe verskillende sektore in die gemeenskap kan saamwerk om sodoende adolessente
van seksualiteitsopvoeding te voorsien. Hierdie navorsing het ten doel om ’n raamwerk
vir maatskaplike werkers in diens van gesinsorganisasies daar te stel vir die benutting van
’n multi-sektorale benadering tot seksualiteitsopvoedingsprogramme vir adolessente.
Holistiese, jeugvriendelike intervensie en dienslewering deur multi-sektorale
samewerking word ten doel gestel.
By wyse van ’n verkennende studie asook ’n vergelyking tussen die bevindinge van
vraelyste en bestaande literatuur was die kwessie rondom die benutting van ’n multisektorale
benadering tot seksualiteitsopvoedingsprogramme geevalueer.
In hoofstuk twee behandel die skrywer die aard van seksualiteitsopvoedingsprogramme
en fokus op ’n multi-sektorale benadering tot sodanige programme in hoofstuk drie. ’n
Bespreking oor die empiriese ondersoek wat geloots is word in hoofstuk vier gegee en in
hoofstuk vyf word aanbevelings vir verdere studie gemaak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50400
Date03 1900
CreatorsTitus, C. M.
ContributorsEngelbrecht, L. K., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 v. (various pagings) : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0015 seconds