Return to search

Die invloed van die Plautiniese klug op die moderne klug

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The present thesis deals with the impact of the ancient Greek farce on modem
literature with specific reference to the play Kinkels innie Kabel (1971) by the
contemporary Afrikaans author André P. Brink. This play is loosely based on
Shakespeare's The Comedy of Errors, which in tum derives from Plautus'
Menaechmi. Brink's play thus resonates with an entire European tradition.
The relationship between the modem and the ancient farce is studied with reference to
the concept of comedy. Comic effects, the difference between comedy and tragedy in
respect of the handling of vital issues and the comic vision of the playwright are all
taken into account. The analysis of the development of Athenian Old Comedy to the
Roman Comedy refers to the contribution of Plautus and Terence to the continuation
and revitalisation of Greek New Comedy. A comparison of these two playwrights
reveals the characteristics of the farce and the difference between farce and comedy.
The modem relevance of the farce is studied on the basis of Brink's text. For this
purpose Plautus' original plot, the Shakespearian version and Brink's rendition are
discussed and compared. On the basis of the similarities and differences in plot,
caricaturisation, misidentifications, politics, fantasy, coincidence, irony, farcical
violence, mechanical structure, temporal structure and linguistic register, the influence
of the ancient farce on its modem counterpart is demonstrated. In addition to farce,
Brink employs the classical devices of satire and parody to drive home his (political)
message. Finally it is shown that the farcical in Plautus, Shakespeare and Brink serves
a significant and serious thematic purpose. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verhandeling handel oor die impak van 'n antieke Griekse
komedievorm, die klug, op moderne werke en denke. A.P. Brink se verhoogstuk
Kinkels innie Kabel (1971) is 'n vrye verwerking van William Shakespeare se
The Comedy of Errors. Laasgenoemde werk is weer op sy beurt gebaseer op
Plautus se Menaechmi. In sy verwerking van Plautus en Shakespeare laat A.P.
Brink die hele Europese tradisie deurklink.
Die verhouding tussen die moderne klug en die antieke klug word bestudeer
deur te fokus op die term komedie: die verhouding daarvan met lag en hoe die
komedie van die tragedie verskil ten opsigte van die hantering van
lewensproblematiek en komiese visie van die komedieskrywer, maak deel uit
van hierdie bespreking. Die komedie se herkoms en ontwikkeling vanaf die Ou
Komedie tot die Romeinse Komedie, val ook onder die soeklig. In aansluiting
hiermee word Plautus en Terentius bespreek as twee komedieskrywers wat 'n
rol gespeel het in die oorlewering en verlewendiging van die Griekse Nuwe
Komedie. Hierdie twee skrywers word ook met mekaar vergelyk sodat die
eienskappe van die klug geïllustreer word, en hoe dit in wese verskil van
komedie.
Die relevansie van die klug in moderne denke word bestudeer aan die hand van
Brink se teks. In hierdie verband word daar 'n uiteensetting gegee van die
oorspronklike Plautiniese verhaal, die Shakespeariaanse weergawe en die
Brinkiaanse teks. Aan die hand van die ooreenkomste en verskille in intrige,
karikaturisering, identiteitsvergissings, politiek, die fantasie-element, toeval,
ironie, klugtige geweld, die meganiese struktuur, die tydstruktuur en taalregister
word die invloed van die antieke klug op die moderne klug geïllustreer.
Benewens die klug word Brink se werk ook verder beïnvloed deur twee
klassieke middele, met name satire en parodie. Hiermee bring Brink sy
(politieke) boodskap tuis. Ten slotte word die dieperliggende temas in Plautus,
Shakespeare en Brink se werk bespreek deur aan te toon dat die werk nie net om
die klugtige gaan nie, maar ook die meer ernstige.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52206
Date12 1900
CreatorsPonelis, Karlien
ContributorsPauw, F. R., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Ancient Studies .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format103 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0029 seconds