Return to search

Interferensie in die Afrikaanse Harry Potter

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The Harry Potter series is currently one of the most popular book series for
children in the world. The original British books have been translated into more
than three hundred languages - one of them being Afrikaans, for which the
Afrikaans translator received two translation prizes. Yet closer investigation
reveals that these translations are not written in idiomatic Afrikaans, mostly
due to the phenomenon of 'interference'. This phenomenon entails an
excessive influence of the linguistic structures of the source text on that of the
target text.
The influence of the English source text on the Afrikaans translator by means
of interference was of such an extent that the texts have been written in
unnatural language, called 'translationese'. In this study the influence of
interference on the quality of the Afrikaans translations of Harry Potter is
examined. The focus is on books 4 and 5 in the series, namely Harry Potter en
die Beker vol Vuur and Harry Potter en die Orde van die Feniks. The basic
premises of the functionalistic approach to translation are used to emphasise
the importance of the translation skopos, the function that the translation has
to fulfil in the target culture, a detailed translation brief as well as the
translator's loyalty towards the various role players in the translation process.
Descriptive translation studies is used to prove the apparent absence of
knowledge of translation norms as well as translation decisions and strategies
that had to be considered carefully during the production of the Afrikaans
translations.
The researcher hereby attempts to emphasise the importance of careful
consideration and planning of translation strategies. Cognisance of the
functionalistic and descriptive premises would have lead to a more natural
translation that communicates optimally with the target readers in the target
culture. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Harry Potter-reeks is tans een van die mees gesogte kinderreeksboeke ter
wêreld. Die oorspronklike Britse boeke is in meer as driehonderd tale vertaal -
onder andere ook in Afrikaans, waarvoor die Afrikaanse vertaler reeds twee
vertaalpryse ontvang het. Tog toon nadere ondersoek dat hierdie vertalings
inderwaarheid nie in idiomatiese Afrikaans vertaal is nie, hoofsaaklik weens
die verskynsel 'interferensie'. Hierdie verskynsel behels 'n oormatige invloed
van die linguistiese strukture van die brontaal op die doeltaal.
Die Engelse bronteks het sodanige invloed op die Afrikaanse vertaler gehad,
dat die teks weens interferensie in onnatuurlike taal geskryf is, oftewel in
'translationese'. In hierdie studie word die invloed van interferensie op die
kwaliteit van die Afrikaanse Harry Potter-vertalings, spesifiek boeke 4 en 5 in
die reeks, naamlik Harry Potter en die Beker vol Vuur en Harry Potter en die
Orde van die Feniks, ondersoek. Die basiese uitgangspunte van die
funksionalistiese benadering tot vertaling word gebruik om die noodsaaklikheid
van 'n vooropstelling van die vertaalskopos, die funksie wat die vertaling in die
doelkultuur moet speel, die belangrikheid van 'n gedetailleerde vertaalopdrag
asook lojaliteit van die vertaler aan die onderskeie rolspelers in die
vertaalproses uit te lig. Deskriptiewe vertaalstudie word gebruik om die
klaarblyklike afwesigheid van 'n kennis van vertaalnorme, asook van
weldeurdagte besluite en vertaalstrategieë tydens die produksie van die
Afrikaanse vertalings te bewys.
Die navorser poog om hierdeur op die noodsaaklikheid van weldeurdagte en
beplande vertaalstrategieë klem te lê. Kennis van die funksionalistiese en
deskriptiewe uitgangspunte sou kon lei tot 'n natuurliker vertaling wat optimaal
met die doellesers in die doelkultuur kommunikeer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/49993
Date12 1900
CreatorsBedeker, Laetitia Marí
ContributorsFeinauer, A. E., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Afrikaans & Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format140 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds