Return to search

Semantics, world view and Bible translation : an integrated analysis of a selection of Hebrew lexical items referring to negative moral behaviour in the book of Isaiah

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2002. / Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige
perspektiefvan die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die
voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang
is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie
genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het
'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van
die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel.
Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende
faktore verreken kan word.
In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksiesvorm die kulturele agtergrond van
leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die
beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die
konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n
semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n
benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele
kommunikasie is.
Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese
inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n
semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is
die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word
krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word
ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese
instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie
manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng
strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net
betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye
verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde
insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike
komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n
semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die
universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die
fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog
word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die
kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en -
kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy ofhaar eie teoretiese
voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie.
In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam
verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste
waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese modelontwikkel. Hierdie
buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten
grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die
boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die
semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal
aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan
word. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundige
perspektief van die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur die
voorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belang
is vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses nie
genoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het
'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend van
die doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel.
Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillende
faktore verreken kan word.
In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksies vorm die kulturele agtergrond van
leksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van die
beduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en die
konteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'n
semantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'n
benadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturele
kommunikasie is.
Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantiese
inhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'n
semantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie is
die teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model word
krities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model word
ondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristiese
instrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdie
manier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te eng
strukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie net
betekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wye
verskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkunde
insluit. Daar is verder bevind dat die konsep "semantiese universalium" wat 'n belangrike
komponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'n
semantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Die
universele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van die
fyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoog
word om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Die
kategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en -
kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy of haar eie teoretiese
voorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie.
In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaam
verreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekste
waarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese model ontwikkel. Hierdie
buigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat ten
grondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van die
boek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot die
semantiese veld "negatiewe morele gedrag" geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantal
aanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kan
word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53048
Date12 1900
CreatorsVan Steenbergen, Gerrit Jan
ContributorsVan Der Merwe, C. H. J., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Ancient Studies .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format237 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0021 seconds