Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: It is calculated that the biosphere is worth between $16 and $54 trillion. The
environment, however, is constantly under threat of proposed development that
focuses on recreational, industrial, commercial and residential developments.
The environment is an unobtrusive subject. Members of the public can seldom gain
firsthand experience about those activities and actions that influence the
environment. Therefore, the public relies heavily on the media to inform them of the
general state of the environment.
This thesis aims to provide guidelines to journalists who work in the field of
environmental reporting.
Various models of the communication of science, according to which environmental
journalists present their work, are discussed. Sustainable journalism is presented as
a solution in the debate between objective and subjective reporting.
Environmental journalists have diverse sources to tap in search of credible articles.
Attention is given to the specific relationship between the media, scientists and lobby
groups. Attention is also given to the process of interviewing sources.
Certain issues and activities generate more media attention than others. This is
discussed with reference to news subjects, agenda setting and the framing of
messages. Attention is given to the issues that make a subject newsworthy, ie risk
journalism, local input, human interest, conflict and visual impact. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die waarde van die biosfeer word geskat tussen $16 en $54 triljoen. Die omgewing
word daagliks in gedrang gebring deur voorgestelde ontwikkeling wat fokus op
ontspanning, industriële, kommersiëleen residensiële uitbreidings.
Omdat die omgewing 'n onopvallende ("unobtrusive")onderwerp is, steun die publiek
swaar op die media om hulle in te lig oor die belangrikheid en invloed van
gebeurtenisse in die omgewing wat hulle nie self kan ervaar nie. Daarom speel
omgewingsjoernalistiek 'n baie spesifieke rol in die bewusmaking van die publiek oor
aspekte wat die omgewing bedreig of interessant maak. Dit moet ook die publiek
aanspoor tot direkte omgewingsvriendelikeaksies.
Riglyne word in hierdie verhandeling uiteengesit in 'n poging om tot hulp te wees vir
joernaliste wat die omgewing hul belangstellingsveldwil maak.
Die verskillende modelle van wetenskaplike kommunikasie, waarvolgens
omgewingsjoernaliste hul werk aanbied, word bespreek. Volhoubare joernalistiek
word as oplossing aangebied in die debat oor objektiewe en subjektiewe
verslaggewing.
Die verskillende bronne wat omgewingsjoernaliste kan tap om nuuswaardige artikels
te kan skryf, word bespreek. Daar word veral gekyk na die media se verhouding en
wisselwerking met wetenskaplikes en drukgroepe. Die proses van
onderhoudsvoering word ook bespreek.
Die suksesvolle gebruik van nuusonderwerpe, asook agendastelling en die raming
van artikels om 'n bepaalde boodskap oor te dra, word bespreek om lig te werp op
die vraag waarom sekere omgewingsverwante gebeure meer media-aandag
genereer as andere Aandag word gegee aan die faktore wat nuuswaardigheid
beïnvloed, soos die onmiddellikheid van nuus, risiko-joernalistiek, plaaslike inhoud,
die menslike nuushoek, konflik en beeldmateriaal.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52440 |
Date | 03 1900 |
Creators | Botes, Engela |
Contributors | Booyens, B., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 94 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0023 seconds