Return to search

Global taxes and a more equitable global political economy : a feminist analysis

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Feminist international relations theories stress that global solutions to environmental, social and
economic dilemmas will not be accurately diagnosed nor corrected until hierarchal social
relations, including gender relations, intrinsic to the global economic and political framework are
recognized and altered. How does a feminist interpretation of international relations aid in the
adoption of global taxes to benefit women? This study explores the ways a mechanism such as
global taxation could be utilized to create a more equitable global political economy. The study is
exploratory making use of a qualitative methodology employing secondary data from industries
such as tourism, toy production, and textiles.
Feminist perspectives on environmental, social, and economic security, rational actor behavior
and collectivism facilitate the dialogue which is essential for global tax implementation. The
adoption of global taxes has the capability to better the lived experiences of women globally by
minimizing poverty and strengthening the working conditions of women worldwide. Proposed
carbon taxes and global commons taxes work to redefine environmental security by placing
appropriate price indicators on the use of globally used resources. Proposed email taxes, world
trade taxes, and currency exchange fee taxes grant the fiscal resources necessary to create greater
economic and social security.
Chapter One is an analysis of the global political economy. Chapter Two explains the
controversial and progressive idea of a global tax administered by the United Nations to deal with
the inequity of globalization. Chapter Three focuses on the linkages between the introduction of a
global tax and the feminist perspective on the global political economy. Chapter Four summarizes
the structural inadequacies of the current economic framework to address the economic and social
grievances that global taxes combat. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Feministiese teorieë oor internasionale verhoudinge benadruk die feit dat wêreldwye oplossings
vir omgewings-, maatskaplike en ekonomiese probleme nóg akkuraat gediagnoseer nóg reggestel
kan word tensy hiërargiese sosiale verhoudinge (waaronder genderverhoudinge), wat
onlosmaaklik deel van die wêreldwye ekonomiese en politieke raamwerk is, as sulks erken en
verander word. Hoe dra die feministiese interpretasie van internasionale verhoudinge by tot die
instelling van wêreldwye belasting wat vroue tot voordeel strek? Hierdie studie ondersoek
maniere waarop 'n meganisme soos wêreldwye belasting benut kan word om 'n billiker
wêreldwye politieke ekonomie daar te stel. Die studie is ondersoekend van aard en maak gebruik
van kwalitatiewe metodes wat sekondêre data uit bedrywe soos toerisme, speelgoedproduksie en
die tekstielbedryf gebruik.
Feministiese standpunte oor omgewings-, maatskaplike en ekonomiese sekuriteit, rasionele
optrede en kollektivisme dra by tot dialoog wat noodsaaklik is vir die instelling van wêreldwye
belasting. Danksy die instelling van wêreldwye belasting kan die lewenservaring van vroue
wêreldwyd verbeter word deur armoede te beperk en werkstoestande van vroue wêreldwyd te
verbeter. Die voorgestelde koolstofbelasting en wêreldmeent-belasting sal bydra tot 'n nuwe
benadering in omgewingsbeveiliging deurdat toepaslike prysaanwysers aan die gebruik van
wêreldwyd benutte hulpbronne gekoppel word. Die voorgestelde e-posbelasting, wêreldhandelbelasting
en belasting op valutagelde sal nodige fiskale middele bied vir die daarstelling van beter
ekonomiese en maatskaplike sekuriteit.
Hoofstuk 1 is 'n analise van die wêreldwye politieke ekonomie. Hoofstuk 2 is 'n uiteensetting
wêreldwye belasting as kontroversiële en progressiewe konsep, wat deur die Verenigde Nasies
geadministreer sou word om die wanbalans in globalisasie die hoof te bied. Hoofstuk 3 handel
oor die raakpunte tussen die instelling van 'n wêreldwye belasting en die feministiese beskouing
van die wêreldwye politieke ekonomie. Hoofstuk 4 bied 'n oorsig oor die strukturele
ontoereikendheid van die huidige ekonomiese raamwerk met betrekking tot die ekonomiese en
maatskaplike griewe wat wêreldwye belasting sou bekamp.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/49977
Date12 1900
CreatorsEllis, Emily Melissa
ContributorsCornelissen, S., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Political Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format82 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0019 seconds