Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis is a critical study of the work of John Rawls, political
philosopher, and Reinhold Niebuhr, theologian. The work of these two
scholars is brought into dialogue with theological thought to work towards
a Christian notion of justice which seeks more than justice as fairness but
realises the impossibility of perfect love in this world.
Rawls’s two principles of justice form the basis of the discussion, with
liberty placed prior to equality, and permissible inequalities only allowed
when the weakest benefit. He excludes religion and moral reasoning from
justice, essentially any thick theory of the good, in favour of the right; any
conception of the good must be in agreement with the right and a thin
theory of the good is necessary to guide people in the right direction. In
his later works he accepts that people will mostly be guided by some
moral or religious thought.
Niebuhr believed that a prophetic religion combines an utmost
seriousness about history with a transcendent norm. Hope, faith and love
form the foundation of a call to a continual struggle for justice and
equality. The boundaries in which justice is sought are being continually
extended as global cooperation and dependence increase. Perfect justice
would be a state of solidarity with no conflict of interests. Because people
are a combination of vitality and reason, the social coherence of life can
never be based on pure rationality. Our truth is never the truth; we are
always subjective and prejudiced. There can be no universal rational
standards of justice or neutrality in social struggle. Love is the primary
law of nature and a fundamental requirement of social existence. We are
called to involvement in society by the very nature of our justification by
faith. Equality as the pinnacle of the ideal of justice points towards love as
the final norm of justice; for equal justice is the realization of community
under the conditions of sin. Justice as imperfect love aims for an equality which is increasingly inclusive and continuously creates space for people
to live in harmony.
In the final chapter, Rawls and Niebuhr are brought into critical
discussion with other theologians. The Christian preference for the poor,
an inherent part of theological justice begins the discussion. The
importance of moral reasoning for justice comes into conflict with Rawls’s
idea that there should be no thick theory of the good influencing justice.
Human dignity is an important facet of justice. The inalienable dignity
owed to every human being, created in the image of God, is an essential
part of theology and can enrich secular theories of justice. Justice
necessitates community. People learn how to behave in a way which is
just, moral and ethical from their associations in communities. The church
community can provide an important place where dialogue and learning
can take place. The boundaries of justice are ever-increasing.
Globalisation presents challenges to where and how justice is
implemented and we become increasingly aware of how our actions affect
other people. The responsibility of the struggle for justice is everincreasing.
The eschatological hope and the specific way of life which can
be offered by the church complete the Christian notion of justice. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis is ’n kritiese studie van die werk van die politieke filosoof
John Rawls en die teoloog Reinhold Niebuhr. Hierdie denkers se werk
word met teologiese nadenke in gesprek gebring om sodoende ’n
Christelike idee van geregtigheid te vorm wat meer as billikheid wil wees,
en wat terselfdertyd die onmoontlikheid van perfekte liefde in dié wêreld
erken.
Rawls se twee beginsels van geregtigheid vorm die basis van die
argument, deurdat vryheid voor gelykheid geplaas word en met die
enigste toelaatbare ongelykhede dié wat tot die swakstes se voordeel is.
Hy maak nie gebruik van godsdienstige of morele arugmente om
geregtigheid te begrond of vul nie – enige begrip van die goeie moet in
ooreenstemming met die regte wees en slegs ’n dun teorie van die goeie is
nodig om mense in die regte rigting te lei. Hy aanvaar in sy latere werk
dat die meeste mense tog deur morele denke of godsdiens gelei sal word.
Niebuhr glo dat ’n profetiese godsdiens ’n diepe erns met die geskiedenis
met ’n transendente norm kombineer. Hoop, geloof en liefde vorm die
grondslag van ’n oproep tot ’n voortdurende stryd om geregtigheid en
gelykheid. Die beperkinge waarbinne geregtigheid gesoek word, word
voortdurend uitgebrei soos globale samewerking en afhanklikheid
verhoog. Volmaakte geregtigheid sou ’n toestand van solidariteit met geen
konflik van belange wees. Omdat mense 'n kombinasie van vitaliteit en
rede is, kan die sosiale kohesie van die lewe nooit op suiwer rasionaliteit
gebaseer word nie. Óns waarheid is nooit dié waarheid nie en ons is altyd
subjektief en bevooroordeeld. Daar kan geen universele rasionele
standaarde van geregtigheid of neutraliteit in die sosiale stryd wees
nie. Liefde is die primêre wet van die natuur en ’n fundamentele vereiste
vir sosiale bestaan. Ons word geroep tot betrokkenheid in die samelewing
op grond van die regverdigmaking deur geloof. Gelykheid as die toppunt
van geregtigheid verwys na liefde as die finale norm van geregtigheid,
want gelyke geregtigheid is die verwesenliking van die gemeenskap onder
die voorwaardes van die sonde. Geregtigheid as onvolmaakte liefde het
gelykheid wat toenemend inklusief is en voortdurend ruimte skep waar
mense in harmonie kan lewe ten doel.
In die laaste hoofstuk van hierdie studie word Rawls en Niebuhr in
kritiese gesprek met ander teoloë gebring. Die bespreking begin met die
Christelike voorrang vir die armes, ’n basiese element van teologiese
geregtigheid. Die belang van morele redenering vir geregtigheid kom in
konflik met Rawls se idee dat enige dik teorie van die goeie geregtigheid
nie behoort te beïnvloed nie. Menswaardigheid is 'n belangrike faset van
geregtigheid. Elke mens – as beeld van God – se onvervreembare
waardigheid, vorm ’n noodsaaklike deel van die teologie en kan sekulêre
teorieë van geregtigheid verryk. Geregtigheid vereis gemeenskap. Mense
kan in gemeenskappe leer hoe om op te tree op 'n manier wat regverdig,
moreel en eties is. Die kerk as gemeenskap kan 'n belangrike plek wees
waar dialoog en opvoeding kan plaasvind. Die omvang van geregtigheid
neem steeds toe. Globalisering bied uitdagings oor waar en hoe
geregtigheid geïmplementeer behoort te word en ons raak meer bewus van
hoe ons aksies ander mense beïnvloed. Die verantwoordelikheid vir die
stryd om geregtigheid neem ook steeds toe. Die eskatologiese hoop en die
manier van lewe wat die kerk kan aanbied voltooi die Christelike idee van
geregtigheid.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/6589 |
Date | 03 1900 |
Creators | Wright, Jenny Anne |
Contributors | Smit, Dirk, Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Systematic Theology and Ecclesiology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 268 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0031 seconds