Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study examines the construction and comparability of Value Added
Statements published by listed industrial companies on the Johannesburg
Stock Exchange during a two-year period starting in 1999. No Accounting
Standard is presently available for preparing the Value Added Statement.
Therefore, this study has as its aim the encapsulation of the various faulty
recordings of different items in the statement.
The published financial statements for 1999 and 2000 of more than 200
companies were analysed and compared to a previously developed
standardised statement to ascertain items incorrectly included or omitted. The
inclusion or extraction of these items in the standardised statement determines
the actual value added by a company. The study also accurately identifies
those items that are mostly recorded incorrectly and which contribute to the
inadequacies of the Value Added Statement.
For the Value Added Statement to put the wealth created by an organisation in
a proper perspective, the comparability thereof will have to be enhanced by the
constant application of a methodical and uniform model that incorporates
clearly defined entries. Users of Value Added Statements should thus be able
to compare the results in a statement of an entity over a given period of time to
evaluate trends and cycles and should furthermore, be able to compare the
statements of various companies in order to determine the relative performance
of a company in the creation of wealth. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die konstruksie en vergelykbaarheid van
Toegevoegdewaardestate wat gepubliseer is oor 'n tydperk van twee jaar,
beginnende 1999, deur industriƫle maatskappye wat op die Johannesburgse
Effektebeurs genoteer is. Geen Rekeningkundige Standpunt is tans beskikbaar
vir die opstel van Toegevoegdewaardestate nie. Gevolglik het hierdie studie dit
ten doel om die foutiewe inskrywings van verskeie items te identifiseer.
Die gepubliseerde finansiƫle state vir 1999 en 2000 van meer as 200
maatskappye is geanaliseer en vergelyk met 'n gestandaardiseerde staat wat
vooraf ontwikkel is. Die doel van hierdie analise was om items te identifiseer
wat verkeerdelik ingesluit is of weggelaat is in die betrokke state. Die werklike
waarde wat toegevoeg is, word gevolglik bepaal deur die insluiting of weglating
van die items in die gestandaardiseerde staat. Die studie identifiseer ook
daardie items wat die meeste verkeerdelik gerapporteer word en wat die
grootste bydrae lewer tot die vermindering in die aanwending en waarde van
die Toegevoegdewaardestaat.
Om werklik perspektief te plaas op die rykdom wat geskep word deur 'n
organisasie, sal die vergelykbaarheid van die Toegevoegdewaardestaat
verbeter moet word deur die deurlopende toepassing van 'n sistematiese en
konstante model wat duidelik omskryfde inskrywings inkorporeer. Die
gebruikers van Toegevoegdewaardestate moet dus in staat gestel word om 'n
vergelyking te tref tussen die resultate van 'n entiteit oor 'n gegewe tydperk ten
einde tendense en siklusse te evalueer, asook om die resultate van
verskillende maatskappye te vergelyk ten einde 'n maatskappy se relatiewe
werksverrigting te bepaal aangaande waardetoevoeging.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52094 |
Date | 12 1900 |
Creators | De Jong, Anton J. S. |
Contributors | Hamman, W. D., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 89 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0018 seconds