Return to search

Beskrywing van die maatskaplikewerksupervisor as laervlakbestuurder se take en verantwoordelikhede

Hierdie navorsing handel oor die maatskaplikewerksupervisor wat as laervlakbestuurder sekere take en verantwoordelikhede het. Die doel van die navorsing is om vas te stel of die supervisor toegerus is om die take en verantwoordelikhede verbonde aan die pos van laervlakbestuurder suksesvol uit te voer.
Vir die navorsing is ‘n kwantitatiewe benadering en ‘n beskrywende navorsingsontwerp gevolg. In die eerste gedeelte van die studie (Hoofstukke 1 en 2) is gefokus op onder andere die agtergrond tot die navorsingsprobleem en rasionaal, probleemstelling, navorsingsmetodologie en literatuurstudie. Die tweede gedeelte van die studie (Hoofstukke 3 en 4) hou verband met die bevindinge en dataverifiëring en word afgesluit met gevolgtrekkings en aanbevelings wat op die studie van toepassing is. / Social Work / M.A. (Social work)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/11867
Date02 1900
CreatorsSmit, Karmi
ContributorsKeet, N. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xiii, 165, [48] leaves) : illustrations, color graphs, application/pdf
RightsUniversity of South Africa

Page generated in 0.0015 seconds