Die probleemstelling in hierdie skripsie en die hipotese wat
gemaak word sentreer random die beeldhouer Coert Steynberg, die
Krugerkop en die jarelange polemiek random hierdie saak.
Die hipotese wat bewys moet word is dat Coert Steynberg as gevolg
van die jarelange polemiek random die president S.J.P. Kruger
Monument in die Kruger-wildtuin 'n proses van introspeksie en
geestelike verdieping ondergaan het. Hierdie geestelike verdieping
het gelei tot 'n bewuste diep deurdagte vertolking van Paul
Kruger as gevolg waarvan Coert Steynberg sy beste beeldhouwerke
geskep het.
'n Sinvolle bespreking van Coert Steynberg en sy siening van Paul
Kruger kan alleen gedoen word deur sisternatiese analise van
aspekte waaraan in die volgende hoofstukke aandag gegee is:
Hoofstuk II: 'n Kort lewensbeskrywing van Coert Steynberg, die beeldhouer, word geskets in die konteks van sy tyd. Deur sy historiese
gesitueerdheid is Coert Steynberg noodwendig betrokke met die opkoms
van 'n nasionale bewussyn en die behoefte aan monumente.
Coert Steynberg is dan die logiese keuse om die Afrikaner
Volksbeeldhouer by uitstek te word.
Hoofstuk III: President S.J.P. Kruger as politieke leier en as die vader van
natuurbewaring word deur die Afrikaans- en Engels sprekende
bevolkingsgroepe as gevolg van bulle verskillende geskiedbeskouinge
verskillend en meestal teenstrydig geinterpreteer. Paul
Kruger is vir vele 'n enigma en 'n histories omstrede figuur.
Alleen aan die geskiedbeelde van die blanke bevolkingsgroepe word
aandag gegee omdat die swart geskiedskrywing in konteks van
hierdie skripsie nie relevant is nie.
Hoofstuk IV: Coert Steynberg se uitbeelding van pres. Kruger word kronologies
behandel; dit wys sy betrokkenheid vanaf sy jeug met Paul Kruger
en weerspieël sy heldeverering van Paul Kruger, die gevoel wat
die Afrikaner vir sy volkshelde koester.
Hoofstuk V: Die voorspel tot die Krugerkop uit die koppie word geskets. Die
reuse Krugerkop is die oorsaak van die jarelange polemiek. Die
polemiek wys die algehele betrokkenheid van die blanke bevolking
wat telkemale beswaar maak teen die reusekop omdat dit die natuur
sal skend en esteties onaanvaarbaar is. Egter die grootste faktor
wat bydra tot die vurige drif is die omstrede figuur van
pres. Kruger.
Die reaksie van Coert Steynberg op die polemiek en in die besender
op die gevoelens wat oor Kruger geopenbaar word kom tot
uiting in sy skeppinge van Paul Kruger.
In die laaste deel van hierdie hoofstuk word die verskillende
stadia van die Pres. S.J.P. Kruger Monument by die Paul Kruger-hek
van die Kruger-wildtuin bespreek.
Hoofstuk VI: Nadat bogenoemde aspekte in aanmerking geneem is, sal daar ten
slotte tot 'n slotsom gekom word of bogenoemde hipotese bewys is. / Dissertation (Hons.)--University of Pretoria, 1989. / gm2013 / Historical and Heritage Studies / Unrestricted
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/32597 |
Date | January 1989 |
Creators | Lugtenburg, A |
Contributors | Ferreira, O.J.O. (Ockert Jacobus Olivier), 1940- |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Rights | ©1989 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
Page generated in 0.002 seconds