Return to search

An assessment of private sector participation as a viable alternative for improved urban water provision in Zimbabwe : the case of Harare Municipality

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study gives an analysis of urban water services provision in Zimbabwe in general. The case study of Harare Municipality was used to get an in-depth analysis of urban water provision in an urban set-up and assess the possibility of private sector engagement for water provision. The engagement of the private sector through Public- Private Partnerships (PPPs) in the provision of public services has become a common practice in many countries. The overall benefits noted for the use of these partnerships include increased effectiveness and efficiency of service delivery. The private sector has been favoured for the provision of services, given the financial and expertise benefits that it brings into public service delivery. Water services delivery in many countries in Africa has been dogged by a plethora of problems that include, water losses, poor revenue collection, lack of cost recovery, inadequate financial investment to expand water infrastructure and overall inability to meet demand resulting from urban expansion. Given these challenges, PPPs provide an option for service delivery. These partnerships have been in the form of leases, management and service contracts, as well as concessions for the provision of public services.
Private sector participation (PSP) in service delivery in different forms is rooted in various theoretical ideologies that include New Public Management (NPM), Public Value, New Governance and Network Governance. The reduction of the role of government in the provision of public services; the adoption of private sector management style; the use of networks in service provision and participation of the stakeholders are key principles in these theoretical ideologies. These principles have thus been adopted through public sector reforms for service delivery. Case studies from Senegal, Kenya, South Africa and Tanzania are applied in this study, to take note of key lessons on the engagement of the private sector for provision of urban water services, as well as the key determinants of successful partnerships. The institutional and legal framework of reforms undertaken in these countries are analysed as part of the enabling environment for successful partnerships. Data collection for this study was done through key informant interviews, covering water administration issues, water provision challenges and private sector engagement in Harare.
The obsolete water infrastructure and inadequate financial levels have affected water provision and coverage in Harare. Unaccounted for water was found to be above 30 percent for the City of Harare, whilst water production levels are much lower than demand. Attempts at engaging the private sector for improving water provision through a concession for the Kunzvi Dam Project have not gone beyond the signing of the contract. What is clear is that there is a lack of a regulatory framework; political willingness, lack of trust, economic uncertainty, lack of financial sustainability and a performance monitoring framework. These are key factors in ensuring a viable public- private arrangement. For private sector involvement to be successful, in the context of this study, the recommendations include the need for a regulatory framework for PPPs in Zimbabwe, establishment of a regulator through policy, political willingness and transparency. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie bied ’n algemene analise van stedelike watervoorsieningdienste in Zimbabwe. Die gevallestudie van die Harare-munisipaliteit word gebruik ten einde ’n in-diepte analise van stedelike watervoorsiening in ’n stedelike omgewing te bekom en om die moontlikheid van privaatsektor-betrokkenheid ten opsigte van watervoorsiening te assesseer. Die betrokkenheid van die privaatsektor deur middel van Openbare-Privaatvennootskappe met die oog op die verskaffing van openbare dienste het in vele lande wêreldwyd algemene gebruik geword. Die algehele voordele vir die gebruik van sulke vennootskappe sluit verhoogde doeltreffendheid en deeglikheid van diensverskaffing in. Die privaatsektor geniet voorkeur vir die voorsiening van dienste gegewe die finansiële en kundigheidsvoordele wat dit aan openbare dienslewering toevoeg. Die lewering van waterdienste in vele lande in Afrika word deur ’n oormaat probleme geteister wat waterverliese, onvoldoende betalings, gebrek aan kosteverhaling , onvoldoende geldelike beleggings om waterinfrastruktuur uit te brei, en die algehele onvermoë om aan die aanvraag weens stedelike uitbreiding te voldoen, insluit. In die lig van die vermelde uitdagings bied Openbare-Privaatvennootskappe ’n opsie vir dienslewering. Dié vennootskappe is in die vorm van huurkontrakte, bestuurs- en dienskontrakte, sowel as konsessies vir die verskaffing van openbare dienste, vergestalt. Deelname deur die privaatsektor aan dienslewering in verskillende vorme is gewortel in verskeie teoretiese ideologieë wat Nuwe Openbare Bestuur, Openbare Waarde, Nuwe Leiding en Netwerkleiding insluit. Die vermindering van die regering se rol in die voorsiening van openbare dienste; die aanvaarding van privaatsektor-bestuurstyl; die gebruik van netwerke ten opsigte van diensverskaffing en die deelname van belanghebbendes, is sleutelbeginsels in hierdie teoretiese ideologieë. Hierdie beginsels is dus deur openbare sektorhervormings met die oog op diensverskaffing aanvaar.
Gevallestudies uit Senegal, Kenia, Suid-Afrika en Tanzanië is in hierdie studie toegepas met die oog daarop om sleutellesse rakende die betrokkenheid van die privaatsektor ten opsigte van die voorsiening van stedelike waterdienste ter harte te neem, sowel as die sleuteldeterminante van geslaagde vennootskappe. Die institusionele en wetlike raamwerk van hervormings wat in vermelde lande onderneem is, is geanaliseer as deel van die geskikte omgewing vir geslaagde vennootskappe. Data-insameling vir hierdie studie is gedoen deur sleutel ingeligte onderhoude wat wateradministrasie-aangeleenthede, watervoorsiening-uitdagings en privaatsektor-betrokkenheid in Harare dek.
Die afgeleefde waterinfrastruktuur en onvoldoende finansiële stelsels het watervoorsiening en dekking in Harare geraak. Daar is bevind dat die onverantwoordbaarheid ten opsigte van water in die stad Harare bo 30 persent was onderwyl waterleweringsvlakke veel laer is as die aanvraag daarvoor. Pogings om die privaatsektor te betrek by die verbetering van watervoorsiening deur middel van ’n konsessie vir die Kunzvi Dam-projek, het nog nie verder gevorder as die kontrakondertekening nie. Wat duidelik is, is dat daar ’n gebrek aan ’n reguleringsraamwerk bestaan, daar is geen politieke wil nie, daar heers algemene gebrek aan vertroue, ekonomiese onsekerheid en ’n gebrek aan finansiële volhoubaarheid, en daar bestaan nie ’n prestasiemoniteringsraamwerk nie. Hierdie is sleutelfaktore ten einde ’n lewensvatbare openbare-private ooreenkoms te verseker. Om privaatsektor betrokkenheid – in die konteks van hierdie studie – geslaagd te maak, sluit die aanbevelings die volgende in: die behoefte aan ’n reguleringsraamwerk vir Openbare-Privaatvennootskappe in Zimbabwe, die totstandkoming van ’n reguleerder deur middel van beleid, ’n politieke wil en deursigtigheid.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/80130
Date03 1900
CreatorsMoyo, Pennia
ContributorsMuller, J. J., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxv, 146 p. : col. ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0098 seconds