Return to search

Verhoudingsbestuur met bestuurders van die landswye takke van SEESA : 'n gevallestudie / Tersia Landsberg

Strategiese korporatiewe kommunikasie en sterk verhoudings met werknemers kan in die vorm
van hoë werknemerbetrokkenheid bydra tot organisatoriese prestasie en uitnemendheid omdat
dit organisasies help om organisatoriese doelwitte te bereik. Dit word bereik deur
verhoudingsbestuur met strategiese belangegroepe in organisasies met ʼn simmetriese
wêreldbeskouing en tweerigtingkommunikasiemodel, in die korporatiewe
kommunikasiepraktisyn se rol as strategis. Sterk verhoudings met belangegroepe word
gekenmerk deur vertroue, wederkerige beheer, verhoudingsbevrediging en toewyding. Binne
die konteks van organisasies wat geografies wyd verspreid is, speel die bestuur van
organisatoriese kultuur en sentralisering/desentralisering ʼn rol in die mate waartoe hoë
werknemerbetrokkenheid gevestig kan word en uiteindelik kan bydra tot organisatoriese
uitnemendheid.
Om hierdie onderwerp te ondersoek in die nasionale organisasie SEESA, is daar semigestruktureerde
onderhoude gevoer met sleutelrolspelers in SEESA se kommunikasiebestuur
en ʼn kwalitatiewe inhoudsanalise gedoen van SEESA hoofkantoor se kommunikasie aktiwiteite.
Self-toegediende vraelyste is gebruik om bestuurders van landswye SEESA se takke se
persepsies oor verhoudingsbestuur vanaf die hoofkantoor te bepaal.
Hierdie studie het bevind dat die SEESA hoofkantoor daarin slaag om sterk verhoudings te
vestig met bestuurders van landswye takke en dat verhoudingsboustrategieë manifesteer op ʼn
informele wyse. Die uitkomste van sterk verhoudings is tot ʼn meerdere mate teenwoordig in
hierdie verhoudings, maar by gebrek aan ʼn formele kommunikasiestrategie kan die
korporatiewe kommunikasiefunksie nie optimaal bydra tot organisatoriese uitnemendheid nie.
Organisatoriese kultuur speel egter ʼn rol om tweerigtingkommunikasie te fasiliteer wanneer daar
geen formele verhoudingsboustrategieë implementeer word nie. / MA (Communication Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/15355
Date January 2014
CreatorsLandsberg, Tersia
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0023 seconds