Return to search

'n Evaluering van die praktyk van die kliniese verpleegpraktisyn werksaam in primêre gesondheidsorginstansies van die Metropoolstreek van die Wes-Kaap : 'n verpleegkundige perspektief

Thesis (MCUR)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This study attempts to provide a historic background of the clinical nurse
practitioner. Areas of potential conflict, malpractice, future research, service
delivery, tuition and support are revealed. The current role and function and
the work environment of the clinical nurse practitioner functioning on primary
health care level in the Metropole Region of the Western Cape were
examined as major themes.
Triangulation is applied as methodology. Structured questionnaires were
completed by 60 clinical nurse practitioners that completed their training
during the period 1994 to 2002. Pre-compiled checklists were completed at 8
different primary health care institutions. Qualitative data were obtained by
comments on the questionnaires, field notes, as well as structured and
unstructured interviews conducted with clinical nurse practitioners.
Needs identified include outcomes based theoretical and clinical methods of
tuition, additional training in pharmacology and chronic care, transcultural
nursing and the development of criteria for recognition of prior learning and
experience. Disparities were identified on service level pertaining to the
difference between service delivery and service needs, daily checking of
emergency equipment and the establishing of partnerships on service level to
improve service delivery. Utilisation, post-levels and remuneration need
attention.
The development of courses in pharmacology for the Western Cape is
identified as a priority as well as in service training, the possibility of a year of
internship and the expedite of the amalgamation of fragmented services.
Clinical nurse practitioners in managerial positions need to become more
involved in promotion, motivation, development, audit and marketing of the
clinical nurse practitioner and the establishment of a forum for clinical nurse
practitioners. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie poog om ʼn historiese agtergrond te skets van die kliniese
verpleegpraktisyn. Areas is blootgelê vir potensiële konflik en wanpraktyke,
sowel as areas vir toekomstige navorsing, dienslewering, onderrig en
ondersteuning. Twee hooftemas, naamlik die huidige rol en funksie, asook
die werkomgewing van die kliniese verpleegpraktisyn in die Metropoolstreek
van die Wes-Kaap, is ondersoek.
Triangulasie is as navorsingsmetodiek aangewend. Gestruktureerde vraelyste
is deur 60 kliniese verpleegpraktisyns wat hul kursus gedurende die
tydperk 1994 tot 2002 voltooi het, ingevul. Voorafopgestelde kontrolelyste
is by 8 verskillende primêre gesondheidsorginstansies aangewend.
Kwalitatiewe data is verkry deur middel van kommentaar op die vraelyste,
veldnotas, sowel as gestruktureerde en ongestruktureerde onderhoudsvoering
met kliniese verpleegpraktisyns.
Uitkomsgebaseerde teoretiese en kliniese wyses van onderrig, aanvullende
farmakologie, chroniese sorg, transkulturele verpleging, taalvaardigheid,
asook die ontwikkeling van kriteria vir akkreditasie vir voorafleer en ondervinding
blyk onderrigbehoeftes te wees. Leemtes op diensvlak sluit die
verskil tussen diensverskaffing en diensbehoeftes, daaglikse kontrolering
van noodtoerusting en vennootskappe ter diensverbetering in. Aanwending,
posbenamings en vergoeding benodig aandag.
Die ontwikkeling van aanvullende farmakologiekursusse vir die Wes-Kaap
is as prioriteit geïdentifiseer asook indiensopleiding, die moontlikheid van ʼn
verpligte internskapjaar en die bespoediging van amalgamasie van gefragmenteerde
dienste. Kliniese verpleegpraktisyns in bestuursposisies behoort
meer betrokke te raak by die bevordering, motivering, ontwikkeling,
oudit en bemarking van die kliniese verpleegpraktisyn asook by die daarstel
van ʼn forum vir kliniese verpleegkundiges.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16319
Date04 1900
CreatorsEarle, Maria Catherina
ContributorsBester, M.E., University of Stellenbosch. Faculty of Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences. Nursing Science.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxviii, 200 leaves : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0024 seconds