Return to search

Wetenskaplike en tegniese verslagliteratuur : die waarde , ontsluiting en bibliografiese beheer met verwysing na toestande in Suid-Afrikaanse spesiale biblioteke

Die doelstelling van hierdie verhandeling is om te bepaal of die
verslag die draer van waardevolle wetenskaplike en tegniese
inligting is, of hanteervorms die gebruik van verslae beinvloed,
of die ontsluiting en bekendstelling doeltreffend is, en of die
verslagliteratuur as inligtingsbron onbekend is.
'n Literatuur- sowel as 'n empiriese ondersoek na die stand van
sake in Suid-Afrika is onderneem. Die literatuurondersoek asook
die hoe benuttingsintensiteit van verslagliteratuur deur SuidAfrikaanse
wetenskaplikes dui ondubbelsinnig die onmisbaarheid
van verslae as inligtingsbron ter bevordering van wetenskapsarbeid
aan. Dit blyk dat daar nog verwarring bestaan by bibliotekarisse
oor die hantering en ontsluiting van verslae. Deeglike
kennis van die aard en kenmerke van die verslag en die hantering
daarvan blyk noodsaaklik te wees vir doeltreffende inligtingsvoorsiening
aan die gebruiker.
Aanbevelings word gedoen vir die ontsluiting van klein-tot-medium
en groat verslagversamelings tot die effek dat so ver moontlik
van rekenaarmatige stelsels gebruik gemaak meet word. Indien dit
onprakties is, word die Termatrex of 'n soortgelyke stelsel
aanbeveel. / Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1980. / gm2014 / Information Science / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/42284
Date January 1980
CreatorsLombard, Beatrix Adriana
ContributorsBoshoff, Marthinus Christoffel
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 1980 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria

Page generated in 0.0016 seconds