Return to search

White maize futures contracts in South Africa / Louisa Jacoba Krugel

Produsente van landboukommoditeite, veral in ontwikkelende lande, word
blootgestel aan prysrisiko's. Markte vir landboukommoditeite in Suid-Afrika,
soos in die res van die wêreld, is die afgelope aantal jare gekenmerk deur
prosesse van deregulering. Die bemarkingsrade wat aanvanklik
verantwoordelik was vir die bemarking van landbouprodukte, het ontbind en
produsente van landbouprodukte moes nuwe metodes vind om hulle produkte
te bemark. Een van die metodes wat gebruik word, is termynkontrakte.
Witmielies en geelmielies is die twee landboukommoditeite wat in die grootste
hoeveelhede geproduseer word in Suid-Afrika. Witmielies en geelmielies
word as twee afsonderlike kommoditeite verhandel op die termynbeurs.
Witmielies word hoofsaaklik aangewend vir menslike verbruik en geelmielies
vir dierevoer. Hierdie studie fokus hoofsaaklik op witmielies.
Die prys van mielies word beïnvloed deur veranderinge in die vraag daarna
en aanbod daarvan. Faktore wat die vraag en aanbod van mielies beïnvloed
is, onder andere, oesskattings, reënval, die wisselkoers en die pryse van
mielies op die buitelandse mark, veral die markte in die VSA. In Suid-Afrika
vorm die invoerpariteit en uitvoerpariteit 'n band waarbinne die prys van
mielies varieer.
Die doel van hierdie studie is om 'n regressievergelyking te konstrueer ten
einde prys van die witmielietermynkontrakte te verklaar. Die regressie-analise
word deur middel van 'n foutherstellende model met outoregressiewe
foutterme behartig. Die regressie-analise slaag daarin om die prys van
witmielietermynkontrakte te verklaar. / Thesis (M.Com. (Economics))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2004.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/340
Date January 2003
CreatorsKrugel, Louisa Jacoba
PublisherNorth-West University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.002 seconds