Return to search

Prediker, 'n wysheidsgeskrif deurspek met aanhalings? : die aanhalingshipotese krities bespreek aan die hand van Prediker 9-11

Text in Afrikaans / Summaries in English and Afrikaans / In die veertigerjare het Robert Gordis aanhalings in die boek Prediker uitgewys. Diethelm Michel en Norman Whybray het die aanhalingshipotese ondersteun, terwyl Michael Fox nie ten gunste daarvan was nie. Whybray het kriteria saarngestel op grond waarvan hy aanhalings uit ouer wysheidsmateriaal kon onderskei. Fox kon op grond van sy eie kriteria geen aanhalings identifiseer nie. Om vas te st el of die Prediker we! uit ouer wysheidsmateriaal aanhaal, word eerstens gekyk na hoe die wysheid in Israel ontstaan het en wat die boek Prediker se verhouding tot ander wysheidsgeskrifte is. Hie ma word die histories-kritiese bestudering van die boek onder die loep geneem alvorens die navorsingsgeskiedenis van aanhalings nagegaan word. Prediker 9-11 word ondersoek om te bepaal of die Prediker we! uit vroeere wysheidsmateriaal aanhaal.
Ten slotte word die vraag gevra of Bybelvertalings aanhalings moet uitlig ten einde die teks beter verstaanbaar te maak. / In the forties, Robert Gordis pointed out that quotations do occur in the book Ecclesiastes. Diethelm Michel and Norman Whybray endorsed this hypothesis of quotations, while Michael Fox has taken a stance against it. Whybray compiled criteria to distinguish older wisdom sayings in the book Ecclesiastes. Fox applied his own criteria and could not find any quotations. To determine if the author (Qohelet) does quote from older wisdom material, we take a look how the wisdom developed in Israel and what the book's relation was to other
wisdom books. Then the contribution of the historical-critical methods to the understanding of the book is surveyed before die research history of quotations is discussed. Ecclesiastes 9-11 is examined to determine if Qohelet really quotes from older wisdom material. Finally, we ask the question whether quotations should be highlighted in Bible translations in order to improve understanding of the text. / Biblical and Ancient studies / M.A.(Biblical Studies)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17993
Date11 1900
CreatorsDekker, Erica
ContributorsSpangenberg, I. J. J. (Izak J. J.)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 electronic resource (117 leaves)

Page generated in 0.0025 seconds