Return to search

Semantiese velde en die onderrig en aanleer van Xhosa-woordeskat

Uit Inleiding: Hoe belangrik is die aanleer van woordeskat by die verwerwing van 'n vreemde taal? Indien dit van besondere belang is, kan met reg gevra word: watter beginsels moet in ag geneem word by die opstel van metodes en tegnieke om die aanleer van die woordeskat met optimum effektiwiteit te laat plaasvind? Wat is die teoretiese basis vir sulke metodes en tegnieke? Hierdie is enkele vrae wat in hierdie ondersoek aan die orde sal kom. Die begrip "semantiese velde" of "betekenisvelde" is 'n idee wat in die jongste tyd heelwat aandag geniet by linguiste. Die konsep "betekenisveld" veronderstel twee kenmerke van die leksikon: 1. Dat die betekenisaspek van elke individuele leksikale item, kragtens kontras bestaan en dat hierdie kontras tussen betekeniskomponente van leksikale items in die leksikon teregkom, veral binne 'n betekenisveldsiening. 2. Dat die leksikon kragtens die relasies tussen die leksikale items 'n georganiseerde en gestruktureerde versameling is. In ons ondersoek sal dit dus hoofsaaklik gaan oor: 1. Bestaande metodes en tegnieke om woordeskat te onderrig. 2. Bestaande toerieƫ oor die gestruktureerdheid van woordeskat. 3. Die moontlikhede wat hierdie teorieƫ inhou, om die onderrig van woordeskat meer effektief te laat plaasvind.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:3606
Date January 1980
CreatorsVenter, Johannes Andreas
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Format289 leaves, pdf
RightsVenter, Johannes Andreas

Page generated in 0.0018 seconds