Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the communicative processes of advice in isiZulu through
which people aid each other with problems and stresses of daily life, including ways
in which support is communicated. When friends or family members attempt to help
one another with stress and problems, they frequently give advice.
Within the field of pragmatics, advice is a common but potentially face-threatening
response to a friend or a loved one who is upset about a problem. Consequently it is
useful to identify ways a speaker may show regard for face in this kind of episode.
Advice can threaten the hearer's autonomy by imposing the speaker's authority and
solutions on the hearer and it can also imply criticism of the hearer's emotional
reaction or handling of the problem.
In this study, twenty-one advice topics, by Goldsmith (2000) that can be used in
various troubles talk episodes in isiZulu have been examined. It has been found that
some advice situations have more topics than others. The situation with more advice
topics is the one referred to as personal. This is because people are always very
keen to give more advice to people with personal problems than to people with other
problems. The situations with the least number of topics are abuse and teachers,
because they are very sensitive in nature. The study found that the sensitivity comes
from the fact that third parties are involved. People tend to be reluctant to give advice
which might lead to confrontation between the parties that are involved. In this
research, the parties that are involved are learners on the one side and the
parents/teachers on the other side. The other factor is that people do not want to see
a parent who is abusing his/her child going to jailor a teacher who does not like a
particular child losing his/her job because of the advice they gave to the learners. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die kommunikatiewe prosesse van advies in isiZulu waardeur
mense mekaar help met die probleme van die alledaagse lewe, insluitende die wyses
waarop steun gekommunikeer word. Wanneer vriende en familielede poog om
mekaar te help met probleme, gee hulle dikwels advies.
Binne die veld van die pragmatiek, is advies 'n algemene, maar potensiƫle gesigsbedreigende
('face-threatening') respons teenoor 'n vriend of geliefde wat 'n
probleem het. Gevolglik is dit nuttig om wyses te identifiseer waarop 'n spreker
ontsag mag toon vir gesig ('face') in hierdie soort episode. Advies kan die spreker se
outonomiteit bedreig deur die spreker se outoriteit en oplossings neer te druk op die
hoorder en dit kan ook kritiek impliseer van die hoorder se emosionele reaksie op
hantering van die probleem.
In hierdie studie word een-en-twintig advies episodes van Goldsmith (2000) wat
gebruik kan word in verskillende moeilikheidsgesprekke ('trouble talk') in isiZulu
ondersoek. Daar is bevind dat sommige advies situasies meer onderwerpe as ander
het. Die situasie met meer advies onderwerpe, is die persoonlike situasie. Die rede
hiervoor is dat mense altyd meer gretig is om advies te gee aan ander mense met
persoonlike probleme as aan mense met ander tipes probleme. Die situasies met die
minste getalonderwerpe is 'mishandeling' en 'onderwysers' omdat dit baie sensitiewe
onderwerpe is. Die studie bevind dat sensitiwiteit spruit uit die teenwoordigheid van 'n
derde party se betrokkenheid. Mense blyk onwillig te wees om advies te gee wat
mag lei tot konfrontasie tussen die partye betrokke. In hierdie navorsing, is die
betrokke partye leerders, enersyds, en ouers of onderwysers, andersyds. 'n Verdere
faktor is dat mense nie wil sien dat 'n ouer wat 'n kind mishandel na die gevangenis
gaan nie, of dat 'n onderwyser wat nie van 'n spesifieke kind hou sy/haar werk
verloor, weens die advies wat hulle aan die leerders gee nie.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50191 |
Date | 12 1900 |
Creators | Ngcobo, Lazarus |
Contributors | Dlali, M., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of African Languages. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 130 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0018 seconds