Return to search

Die noodsaaklikheid van 'n rekeningkundige verslagdoeningsraamwerk vir klein en medium grootte entiteite

Study project (MAcc)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: THE NECESSITY OF A FINANCIAL REPORTING FRAMEWORK
FOR SMALL AND MEDIUM-SIZED ENTITIES
Financial statements are prepared annually for all types of businesses and for a
wide variety of users that require specific information in order to make certain
decisions. The majority of users of the financial statements of larger companies,
especially listed public companies, use the information in fmancial statements to
make investment decisions, since they are unable to obtain fmancial information
in any other way. However, the users of the financial statements of small and
medium-sized entities have a legal and/or inferential right to request further
financial information to enable them to make certain decisions.
Thus, users of fmancial statements are classified according to their right to
obtain fmancial information. To protect the right of the users of larger entities, it
is necessary to compile fmancial statements in accordance with a financial
reporting framework that includes certain requirements regarding the
measurement and recognition of transactions, as well as the minimum
information that needs to be disclosed to these users.
This fmancial reporting framework has been adapted over the years to protect
investors. Small and medium-sized entities are legally compelled to comply with
the same reporting framework at a high cost, even if such users had no need for
all the information. To assist small entities (that are of great value to the
economy) in saving these costs whilst still setting a standard, different
international models were implemented that have encouraged South Africa to
follow the same path.
To make a success of the South African model, two criteria should be met.
Firstly, the qualification requirements for an entity should be based on
qualitative criteria, such as the right of users to obtain further information, before
such entities can comply with the accounting standards set for small and medium-sized entities. Secondly, simpler and more understandable financial
statements should be the result of the application of these new financial
standards. This is only possible if the measurement and recognition criteria as
well as the disclosure requirements of the current accounting standards are
adjusted to meet the needs of smaller entities.
These adjustments, as well as the implementation of new accounting standards
are discussed in this study, after which the writer reaches the conclusion that a
financial reporting framework for small and medium-sized entities is necessary
for the upcoming South African economy. / AFRIKAANSE OPSOMMING: DIE NOODSAAKLIKHEID VAN 'N REKENINGKUNDIGE
VERSLAGDOENINGSRAAMWERK VIR KLEIN EN MEDIUM
GROOTTE ENTITEITE
Finansiële state word jaarliks vir alle tipe ondernemingsvorme opgestel VIT
gebruik deur 'n wye verskeidenheid gebruikers wat elkeen spesifieke inligting
benodig om bepaalde besluite te neem. Die oorgrote meerderheid gebruikers van
groter en veral genoteerde publieke maatskappye, moet op grond van die
finansiële inligting soos vervat in die fmansiële state hul beleggingsbesluite
neem aangesien hulle nie ander finansiële inligting kan bekom nie. Aan die
ander kant beskik feitlik al die gebruikers van klein en medium grootte entiteite
oor 'n wetlike en/of afgeleide reg om verdere fmansiële inligting aan te vra
wanneer dit benodig word om bepaalde besluite te neem.
Gebruikers van fmansiële state word dus geklassifiseer op grond van die reg tot
die verkryging van fmansiële inligting. Om hierdie reg te beskerm by veral die
gebruikers van finansiële state van groter maatskappye, is dit noodsaaklik dat
fmansiële state ooreenkomstig 'n rekeningkundige verslagdoeningsraamwerk
opgestel word. Hierdie raamwerk behoort vereistes uiteen te sit aangaande die
meting en erkenning van transaksies, asook die minimum inligting wat
geopenbaar moet word aan die gebruikers.
Hierdie rekeningkundige verslagdoeningsraamwerk is egter oor die jare baie
aangepas om beleggers te beskerm. Klein en medium grootte entiteite is wetlik
verplig om teen hoë koste ook daaraan te voldoen, ten spyte daarvan dat die
gebruikers van hierdie entiteite nie die inligting gebruik nie. Ten einde klein
entiteite (wat van groot waarde in 'n ekonomie is) van hierdie onnodige koste te
spaar en steeds 'n riglyn daar te stel, is verskeie internasionale modelle
geïmplementeer en is Suid-Afrika aangespoor om dieselfde pad te volg. Om die Suid-Afrikaanse model werkbaar te maak, is twee komponente
noodsaaklik. Eerstens moet die toelatingskriteria gegrond word op kwalitatiewe
kriteria, soos die reg van gebruikers om verdere inligting te bekom. Entiteite
moet aan hierdie kriteria voldoen alvorens die nuwe rekeningkundige standaarde
vir klein en medium grootte entiteite toegepas mag word. Tweedens behoort
vereenvoudigde en maklik verstaanbare finansiële state die gevolg van die
toepassing van hierdie nuwe rekeningkundige standaarde se inhoud te wees. Dit
is slegs moontlik indien die metings- en erkenningskriteria, asook die
openbaarmakingsvereistes van die huidige rekeningkundige standaarde aangepas
word om aan kleiner entiteite se behoeftes te voldoen.
Hierdie aanpassmgs, asook die implementering van nuwe rekeningkundige
standaarde word in die studie bespreek, waarna die skrywer tot die
gevolgtrekking kom dat 'n rekeningkundige verslagdoeningsraamwerk vir klein
en medium grootte entiteite 'n noodsaaklikheid vir die opkomende Suid-
Afrikaanse ekonomie is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52782
Date12 1900
CreatorsPienaar, Mario Morne
ContributorsWesson, N., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences . School of Accounting.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format115 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0019 seconds