Return to search

Clarifying the interpersonal component of psychological well-being / Lynette Nel

Die doel van hierdie ondersoek was om die interpersoonlike komponent van
psigologiese welsyn te verhelder. Vanuit die literatuur is dit duidelik dat psigologiese
welsyn 'n interpersoonlike komponent bevat, maar ook dat dit op verskillende wyses
gekonseptualiseer word. Die aard van interpersoonlike welsyn is dus nog nie duidelik
nie, en dit is ook nie duidelik in watter mate indikatore van interpersoonlike welsyn
oorvleuel met indikatore van algemene psigologiese welsyn nie.
In 'n empiriese ondersoek het 'n multi-kulturele beskikbaarheidsteekproef van 384
persone, 8 rneetinstrumente of hul sub-skale voltooi ter meting van algemene
psigologiese welsyn en konstrukte wat interpersoonlike welsyn verteenwoordig.
Interpersoonlike welsyn is geoperasiodi met behulp van die BarOn Emotional
Quotient Inventory (EQ-i) van Bar-ON (1997), die Fortitude Questionnaire (FORQ)
van Pretorius (1998), die Revised NEO Personality Inventory (NEO-PI-R) van Costa
& Mc Crae (1992) en die Attachmeat Style Questionnaire (AS) van Feeney, Noller & Hanrahan (1994). Psigologiese welsyn is geoperasionaliseer vanuit 'n fortigene persperktief met die Sense of Coherence Scale (SOC) van Antonovsky (1989), die Satisfaction with Life Scale (SWLS) van Diener, Emmons, Larsen en Griffen (1985),
en die Affectometer 2 (AFM) van Kammann en Flett (1983), sowel as vanuit 'n
patogene perspektief, met behulp van die General Health Questionnaire (GHQ) van
Goldberg en Hillier (1979).
Goeie betroubaarheidsindekse is vir alle skale en subskale gevind. Gemiddeldes van
alle skale en subskale was vergelykbaar met die wat in die literatuur gerapporteer is vir
ander soortgelyke groepe.
Die resultate toon dat interpersoonlike welsyn in 'n mate oorvleuel met algemene
psigologiese welsyn, maar as dit ook 'n afsonderlike komponent of dimensie van
van
psigologiese welsyn vorm. Bevindings toon ook twee onderskeibare patrone van
interpersoonlike welsyn. Die eerste een word primer uitgedruk in die uitreiking na
ander, omgee-gedrag, 'n houding van nederigheid in nabye verhoudings asook
verantwoordelikheid teenoor ander in die groter sosiale konteks. Die tweede patroon
word gekenmerk deur 'n geniet van sosiale interaksie en 'n houding van gemak en
assertiwiteit in nabye sowel as wyer sosiale kontekst Hierdie onderskeid hou
moontlik verband met persoonlikheidsverskille soos inskiklikheid versus ekstraversie.
Implikasies van die bevindinge vir psigoterapie en lewensvaardigheidsontwikkeling
word aangedui. / Thesis (M.A. (Clinical Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2004.

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/181
Date January 2003
CreatorsNel, Lynette
PublisherNorth-West University
Source SetsNorth-West University
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.06 seconds