Optimistiese self-evaluasies oor die vermoë om take uit te voer is belangrik vir sukses in verskeie aspekte van menswees. Wanneer mense sulke self-evaluasies doen en selfdoeltreffendheids-persepsies vorm maak hulle van inligting uit verskeie bronne gebruik. Volgens teorieë wat spesifiek verband hou met self-evaluasie is mense tydens die vorming van sulke persepsies omtrent die self veral afhanklik van inligting bekom deur sosiale vergelyking. Hierteenoor beklemtoon teorieë wat meer met selfdoeltreffendheid verband hou, die belangrikheid van self-verwysende inligting soos gevorm tydens prestasie-ervarings. Die doel met hierdie navorsing is om die ordening van die bronne van inligting, wat tydens die vorming van selfdoeltreffendheids-persepsies gebruik word, te ondersoek. Die resultate sal bydra om belangrike vrae te beantwoord oor die voorbereiding van mense vir die uitvoering van uitdagende take.
In 'n eksperiment (N=1 723) wat op 'n Solomon-vier-groep-ontwerp geskoei is, is drie vorme van inligting wat persepsies kan beïnvloed aan drie eksperimentele groepe verskaf terwyl daar vyf kontrolegroepe was. Die effek van die ingrepe is met 'n vraelys gemeet. Die resultate toon dat selfdoeltreffendheidspersepsies meer deur selfverwysende inligting as deur sosiale vergelykings-inligting beïnvloed word. Dit is ook bevind dat die verskaffing van addisionele inligting nie 'n kumulatiewe effek tydens die vorming van selfdoeltreffendheidspersepsies het nie. Die implikasies van die resultate ten opsigte van die praktyk en teoretiese beskouinge is in die laaste instansie bespreek. / Optimistic self-evaluation regarding the ability to cany out tasks is important for success in
various fields ofhuman endeavour. When people do such self-evaluations and fmm self-efficacy
perceptions, they make use of information from various sources. According to theories related to
self-evaluation, people engaged in forming such perceptions about themselves largely depend on
information gained through social comparison. However, theories of self-efficacy emphasize the
importance of self-referenced information, such as those formed through enactive attainments.
The purpose of this research is to examine the collation of sources of information used in forming
self-efficacy perceptions. The results will help to answer important questions about preparing
people to perform challenging tasks.
In an experiment (N=l 723) modelled on the Solomon Four Group Design, three types of
information likely to influence perceptions were supplied to three experimental groups, while
there were five control groups. The effects of the interventions were measured by means of a
questionnaire. Results confirmed that perceptions of self-efficacy are more profoundly influenced
by self-referenced information than by social comparisons. It was also found that additional
information did not have a cumulative effect dming the forming of self -efficacy perceptions. The
implications of the results with respect to practical and theoretical viewpoints are discussed in the
final instance. / Psychology / D.Litt. et Phil. (Sielkunde)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/1745 |
Date | 30 November 2005 |
Creators | Steyn, Renier |
Contributors | Mynhardt, J. C. (Prof.) |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | English |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (x, 216 leaves.) |
Page generated in 0.003 seconds