Return to search

Preek as kunsvorm / The sermon as an art form

Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / Die inhoud en vorm van 'n preek is 'n eenheid. Beide aspekte vorm deel van die teologiese teorie van die prediking.
In hierdie studie word daar teoreties besin oor 'n bepaalde vorm van prediking. Dit behels 'n ondersoek na die literere vorm waarin die boodskap gestruktureer en verwoord word. Die Skrif bevat 'n verskeidenheid literere vorme wat deur Bybelskrywers aangewend is om die intensie van die teks effektief te kommunikeer.
Elk van hierdie vorme besit 'n eiendomlike kommunikatiewe aard. Die
ontwikkeling van die moderne literatuurwetenskap sedert die tagtigerjare van die twintigste eeu het stukrag verleen aan die insig dat die Bybel ook as 'n versameling godsdienstige literatuur bestudeer kan word. Dit het meegebring dat die intensie van die teks van die Bybel op 'n teologies verantwoordbare wyse, met inagneming van die historiese verbande, beter begryp kan word deur die gebruikmaking van insigte uit ander literatuur. As sodanig word erkende literere kunsvorme wat naas die logies-analitiese ook die emotiewe betrek, aanvaar.
Die resultaat van hierdie ondersoek dui aan dat die preek as kunsvorm geevalueer en in die moderne preekteorie geregverdig kan word. Die proses van transformasie wat die moderne hermeneutiese benadering kenmerk; die veranderde beleweniswereld en verstaanshorison van die huidige hoorders asook die eiesoortige aard van Bybelse literatuur is vanuit 'n kommunikatiewe aanname in 'n kunsvorm binne die moderne homiletiese teorie haalbaar. Die
teorie orienteer binne die kommunikatiewe handelingsteorie as meta-teorie wat ingestel is op dialogiese kommunikasie wat betekenisgewing deur waarnemerbetrokkenheid bevorder en 'n bepaalde denkwyse by die hoorders tot gevolg het.
Die tradisionele vorm van prediking, gekenmerk deur absolute dominasie van die rede en intellektualisme uit die modernistiese tydvak, het teen die einde van die tweede millennium in ernstige diskrediet gekom. Die radikale verandering in die samelewing deur die moderniseringsproses met gepaardgaande paradigma
verskuiwinge dwing die homiletiek om teoreties te herbesin.
In hierdie studie word die preek as kunsvorm afgebaken tot die verhalende preekvorm, konseptueel ontwikkel en teoreties omskryf asook geplaas binne die moderne homiletiese teorie as komponent wat daarby pas. Die resultaat is verkry deur 'n vergelykende studie van gemeenskaplike wesenstrekke wat voorkom by erkende kunsvorme in die moderne kunsteorie; die verhalende kunsvorm in die moderne literere teorie met spesifieke verwysing na die
Afrikaanse roman asook die verhalende preekvorm in die moderne homiletiese teorie.
Deur hierdie vorm van prediking in die moderne preekteorie op te neem, kan 'n sinvolle bydrae gemaak word om die Christelike boodskap deur oortuiging sander enige vorm van dwang te kommunikeer. / In a sermon form and content are one. Both aspects form part of the theological theory of preaching.
This theoretical survey investigates one of the various literary forms through which the biblical writers attempted to communicate the intention of the biblical text in the most effective way. Each of these forms possesses a distinctive communicative character. The development of modern literary theory since the eighties of the twentieth century was a propulsive force leading to the conviction
that the Bible was also a collection of religious literature. This conviction implied that the intention of the biblical text could be more clearly understood in a theological justified manner within the historical context by using insights gained from other literature. Acknowledged literary art forms adhering to the emotive
as well as the logic-analytical are embraced as such.
In this study the sermon as an art form is limited to narrative preaching, developed as a concept; theoretically described and placed within the modern homiletical theory as a suitable component. Results are obtained by means of a comparative study of mutual features that are distinctive to acknowledged art forms in the modern theory of art; narrative art forms in modern literature theory specifically in the modern Afrikaans novel, as well as the narrative form of preaching in the modern homiletical theory. The modern homiletical theory is orientated within the communicative acts theory as meta-theory focusing on dialogical communication which promotes meaning through the involvement of the observer.
The conclusions reached indicate that the sermon as an art form can be evaluated and justified within the modem homiletical theory. Taken up in this theory, it can prove significant in communicating the Christian message to the listeners in a convincing rather than compulsive manner. / Practical Theology / D.Th. (Practical theology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15811
Date06 1900
CreatorsPreller, Willem Petrus Lubbe
ContributorsPieterse, H. J. C.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xiii, 372 leaves)

Page generated in 0.0024 seconds