Return to search

Emotional intelligence in the effective management of a school.

M.Ed. / Skoolhoofde se taak word toenemend meer kompleks omdat hulle met vele uitdagings gekonfronteer word (Loock, 2003:49). Die doel met hierdie navorsing was om die waarde van emosionele intelligensie as 'n strategie vir effektiewe skoolbestuur na te vors. Goleman beweer dat emosionele intelligensie op ons vermoë dui om ons eie en ander mense se gevoelens te herken. Dié intelligensie bepaal ook hoe ons hierdie gevoel aanwend vir selfmotivering en hoe ons ons eie emosies bestuur en handhaaf in ons verhouding met ander mense. Emosionele intelligensie sluit vier komponente in, naamlik seflbewustheid, selfbestuur, sosiale bewustheid en verhoudingsbestuur. Vir hierdie navorsing het die navorser gebruik gemaak van ‘n gestruktureerde vraelys om ‘n meningsopname onder hoofstroomopvoeders, asook opvoeders in spesiale skole te maak. Die vraelys is aan geselekteerde skole in die Wes-Kaap gestuur. Uit die data hierdeur verkry, blyk dit dat die skoolhoofde nie oor voldoende emosionele intelligensie beskik om hulle skole effektief te kan bestuur nie. Die ondersoek bevestig die uitgangspunt dat wanneer skoolhoofde bewus word van die vermelde komponente van emosionele intelligensie, en dit toepas binne die konteks van onderwysbestuur, hulle bestuursvermoë verbeter. Die veronderstelling is dus dat skoolhoofde wat hulle emosionele intelligensie ontwikkel, meer effektiewe skoolbestuurders kan wees. / Mrs. I. Hariparsad

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:11743
Date14 October 2008
CreatorsMalgas, Rosemary Winifred
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0016 seconds