Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This study examines the relationship between history and literature, with specific reference
to the Afrikaans novels Verliesfontein (1998) by Karel Schoeman and Op soek na generaal
Mannetjies Mentz (1998) by Christoffel Coetzee. Both novels are framed against the
background of the Anglo Boer War and both take a postmodern approach to that history,
amongst other things.
First, Chapter 2 reviews the historical background to the relationship between history and
literature through the ages (the classical era, and the eighteenth, nineteenth and twentieth
centuries), with a view to indicating how this tradition adheres to the postmodern spirit of
contemporary times. Thereafter, Chapter 3 presents a theoretical investigation into the
postmodern view of historiography and historical fiction. Special reference is made to
Hutcheon's theory of historiographic metafiction as an important theoretical point of
departure in the discussion of historical fiction. Political and ideological meaning implicit in
historiography is discussed. Chapter 4 explores the current trend in South Africa of
rereading and reappraising the past, of questioning traditional historiography in a postapartheid
South African context (both in Afrikaans fiction and in historical writing). The
revisiting of the Anglo Boer War in contemporary South Africa and in Afrikaans fiction is
investigated, and an attempt is made to establish the significance of its reappraisal.
Against this background the two texts, Verliesfontein and Op soek na generaal Manntjies
Mentz, are discussed in Chapter 5. The two novels amply illustrate the possibility for
interaction between history and literature, fact and fiction. How may these texts be read in
view of postmodern theory? What lessons for present-day South Africans did Schoeman and
Coetzee have in mind with their postmodern questioning of traditional historiography and
their unconventional reconstruction of the past? Reappraising conventional accounts of
history and exploring personal histories as these texts do, Verliesfontein and Op soek na
generaal Mannetjies Mentz are part of the dominant discourse that is taking form in the
multicultural society of a postapartheid South Africa today. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie is 'n ondersoek onderneem na die verhouding tussen geskiedenis en
literatuur, met spesifieke verwysing na Karel Schoeman se roman Verliesfontein (1998) en
Christoffel Coetzee se roman Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998). In hierdie twee
tekste, wat die Anglo-Boereoorlog as hul raamwerk het, is onder andere 'n
postmodernistiese benadering tot die geskiedenis benut.
Eerstens word in hoofstuk 2 oorsigtelik gekyk na die historiese agtergrond van die
verhouding tussen geskiedenis en literatuur met verloop van die tyd (die klassieke tyd,
agtiende eeu, negentiende eeu en twintigste eeu), om aan te dui hoe dié tradisie by die
heersende tydsgees van die postmodernisme aansluit. Hierna verskaf hoofstuk 3 'n
teoretiese ondersoek na die postmodernistiese manier waarop geskiedskrywing en
historiese fiksie gesien word. Die teorie van Hutcheon se historiografiese metafiksie word
veral in die bespreking van historiese fiksie betrek as 'n belangrike teoretiese uitgangspunt.
Vervolgens kom politieke en ideologiese implikasies in geskiedskrywing onder bespreking.
Daarna (hoofstuk 4) word die Suid-Afrikaanse kontemporêre tendens om die verlede te
herlees en te herwaardeer uiteengesit, en die ondermyning van die tradisionele
geskiedskrywing in die post-apartheid Suid-Afrikaanse konteks (sowel in Afrikaanse fiksie as
in geskiedskrywing) word ondersoek. Daar word gefokus op die her-bedenking van die
Anglo-Boereoorlog in die hedendaagse Suid-Afrika en in Afrikaanse fiksie, en daar word ook
probeer om die betekenis van dié herwaardering te soek.
Teen bostaande agtergrond kom die twee tekste, Verliesfontein en Op soek na generaal
Manntjies Mentz onder bespreking (hoofstuk 5). Die romans is goeie voorbeelde van die
interaksie-moontlikhede tussen geskiedenis en literatuur, feit en fiksie, en daar word
ondersoek hoe hierdie twee tekste aan die hand van postmodernistiese teorieë gelees kan
word. Uiteindelik word daar besin oor watter lesse Schoeman en Coetzee met die
postmodernistiese problematisering van geskiedskrywing en die onkonvensionele
rekonstruksie van die verlede aan kontemporêre Suid-Afrikaners wou oordra. Met die herbesinning
van die konvensionele weergawe van die geskiedenis en veral deur die
verkenning van persoonlike geskiedenisse, vorm Verliesfontein en Op soek na generaal
Mannetjies Mentz deel van die heersende diskoers wat vandag in 'n multikulturele
samelewing van die post-apartheid Suid-Afrika aan die ontwikkel is.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53390 |
Date | 04 1900 |
Creators | Moon, Jihie |
Contributors | Viljoen, L., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 177 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0019 seconds