Return to search

Narrating alternative histories : an exploration of Jamal Mahjoub's The carrier and Amitav Ghosh's In an antique land

Thesis (MA)-- Stellenbosch University, 2014. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die verhouding tussen die verlede en die hede soos uitgebeeld in
Jamal Mahjoub se The Carrier (1998) en Amitav Ghosh se In an Antique Land (1992).
Hierdie tekste herverbeel die geskiedenis met die doel om 'n ander toekoms te dink. Hulle
vertel alternatiewe geskiedenisse en lewer sodoende kritiek op die Westerse historiografie en
die uitbeelding van die Ooste en die Suide daarin. Hierdie tesis sal uit Edward Said se
Orientalism (1978) put as 'n manier om die dominante Westerse houdings teenoor die Ooste
sowel as die Suide, verteenwoordig deur Afrika, te konseptualiseer soos die liminale
karakters in Mahjoub en Ghosh se tekste oor die Indiese Oseaan- en Mediterreense wêrelde
beweeg. Beide Mahjoub en Ghosh versplinter hulle verhale in 'n historiese en 'n
kontemporêre draad, en verweef hierdie fragmente om sodoende kommentaar te lewer op die
dinamiese verhouding tussen die verlede en die hede. Hierdie verhouding sal
gekonseptualiseer word deur te put uit Walter Benjamin se konsep van 'n konstellasie
verbindingspunte in tyd. Die kartering van verbindings word moontlik gemaak deur die
skrywer se verkenning van 'n geskiedenis van verbindings tussen diverse mense in hierdie
gebiede. Die alternatiewe geskiedenisse wat hier voorgestel word, onthul pre-koloniale
Mediterreense en Indiese Oseaan-handelsnetwerke gebou op uitruiling, wat gelei het tot
kosmopolitiese samelewings waarin die klem op verbindings eerder as geopolitiese binêre
geval het. Gesprekke tussen verskillende kulture, gelowe en denkskole dryf hierdie
verbindings in die historiese verhaallyne. Deur hierdie vergange wêreld en 'n meer vyandige
twintigste-eeuse wêreld naas mekaar te stel, wil Mahjoub en Ghosh bevraagteken of die
herkonseptualisering van die verlede die herverbeelding van die hede en toekoms moontlik
maak, in terme van hoe mense in staat is om oor verskilgrense heen met mekaar te verbind. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis interrogates the relationship between the past and the present, as represented in
Jamal Mahjoub's The Carrier (1998) and Amitav Ghosh's In an Antique Land (1992). These
texts re-imagine history in order to think a different future. They narrate alternative histories
and in the process critique Western historiography and its representation of the East and
South. This thesis will draw on Edward Said’s Orientalism (1978) as a way of
conceptualising dominant Western attitudes towards the East, as well as the South,
represented by Africa, as the liminal characters in Mahjoub and Ghosh's texts move across
the Indian Ocean and Mediterranean worlds. Mahjoub and Ghosh both fracture their
narratives into a historical and a contemporary thread, interweaving these fragments in order
to comment on the dynamic relationship between the past and the present. This relationship
will be conceptualised drawing on Walter Benjamin's notion of a constellation connecting
points in time. The mapping of connection is enabled by the authors’ exploration of a history
of connection between diverse people in these regions. The alternative histories proposed
reveal precolonial Mediterranean and Indian Ocean trading networks built on exchange,
resulting in cosmopolitan societies emphasising connection rather than geopolitical binaries.
Conversations across differences — of culture, religion, and schools of thought — drive these
connections in the historical plotlines. By juxtaposing this past world with a more hostile
twentieth century world, Mahjoub and Ghosh seek to question whether reconceptualising the
past enables the re-imagining of the present and future, in terms of how people are able to
connect across boundaries of difference.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/86699
Date04 1900
CreatorsEberhard, Nicole Joanne
ContributorsSteiner, Tina, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of English.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format120 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0024 seconds