Return to search

Sielkundige en voorligtingsdiens in 'n nuwe Suid-Afrikaanse bedeling : 'n verkennende studie

Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / Die effek van die nuwe Suid-Afrikaanse bedeling kring uit na alle samelewingsterreine en
die onderwys is nie hiervan uitgesluit nie. Hierdie navorsing is daarop toegespits om
ondersoek in te stel na die funksionering en strukturering van, en nuwe moontlik:hede vir
sielkundige en voorligtingsdienste.
Met die skrapping van die apartheidsbeleid is sielkundige en voorligtingsdienste voor die
werklik:heid gestel om in 'n multikulturele sarnelewing te funksioneer. In Suid-Afrika is
multikulturele berading, hulpverlening en toetsing 'n haas onbekende terrein en die
probleme word in hierdie navorsing aangespreek.
In onderhawige studie is daar gekyk na die veranderende funksies van die opvoedkundige
sielkundige en ander professionele persone verbonde aan skoolklinieke. Die besondere rol
van die skoolvoorligter en die klasonderwyser is uitgelig.
, Die nuwe politieke bedeling verg die herstrukturering van sielkundige en
voorligtingsdienste. Die verskillende tersaaklike aspekte is bespreek en voorstelle is aan
die hand gedoen. Oorkoepelende beplanning behoort op nasionale vlak te geskied, terwyl
provinsiale strukture binne die raarnwerk van eiesoortige omstandighede en unieke
behoeftes tot stand moet kom.
Die onontbeerlike rol en funksie van hierdie diens en sy essensiele bydrae in die
totstandkoming van 'n nuwe Suid-Afrikaanse onderwysbedeling is uitgewys. / The effect of the new South-African dispensation extends to all areas of society and
education is not excluded. This research is aimed at investigating the functioning and
structuring of psychological and counselling services as well as exploring the new
possibilities of these services.
With the scrapping of apartheid policies the psychological and counselling services are
faced with the reality of functioning in a multicultural society. In South-Africa
multicultural counselling, assistance and testing is a virtually unknown area and problems
pertaining to these are addressed in this research.
In the present study the changing functions of the educational psychologist and other
professionals adherent to the school clinics are considered. The particular roles of the
school counsellor and class teacher are highlighted.
The new political dispensation requires the re-structuring of psychological and counselling
services. The different relevant aspects are discussed and suggestions are put forward.
Umbrella planning needs to be done on national level, while provincial structures must be
brought about within the framework of distinctive circumstances and unique needs.
The indispensable role and function of this service and its essential contribution to the
bringing about of a new South-African education dispensation are pointed out. / Educational Studies / D. Ed.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15807
Date11 1900
CreatorsPotgieter, Salomon Theodorus
ContributorsDekker, E. I. (Elise I.)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xvi, 308 leaves)

Page generated in 0.0026 seconds