Return to search

Bybelse intertekste in resente Afrikaanse gedigte en lirieke, met spesifieke verwysing na identiteitsformasies in die (post)-postmoderniteit

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The 11 September 2001 terror attacks on America are regarded by many as the end of the postmodern era and as a landmark event that irrevocably changed the world. Similarly, the 1994 South African political revolution and transition to democracy was a milestone that had far-reaching effects on all population groups in the country. This study examines evolving identity formation among Afrikaans-speaking South Africans in a new political dispensation and (post-) postmodern era – and specifically the ways in which religion still finds expression in Afrikaans-speakers‟ identity. With theoretical grounding from, among others, Stuart Hall and Zygmunt Bauman, a variety of recent poems and lyrics – representative of various generations and backgrounds – are studied. The conclusion drawn is that religion still forms part of Afrikaans-speakers‟ identity in various ways, but this does not necessarily equate to affiliation with any church. In some instances church and religion are seen as part of the rejected apartheid establishment, but in many cases Afrikaans-speakers‟ religious affiliations are in line with Jacques Derrida‟s “religion without Religion” school of thought, and panentheism is increasingly gaining ground. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die terreuraanval op Amerika op 11 September 2001 word uit verskeie oorde bestempel as die einde van die postmodernisme en as ‟n mylpaalgebeurtenis wat die wêreld onherroeplik verander het. In Suid-Afrika was die politieke om-wenteling met die oorgang na ‟n demokrasie in 1994 eweneens ‟n mylpaal wat alle bevolkingsgroepe in die land ingrypend geraak het. In hierdie studie word ondersoek ingestel na Afrikaanssprekendes se identiteitsformasies in ‟n nuwe politieke bestel en in die (post)-postmoderniteit, en spesifiek na die wyse waarop die religie steeds beslag kry in die Afrikaanssprekende se identi-teit. Met bydraes deur onder andere Stuart Hall en Zygmunt Bauman as teo-retiese begronding, word ‟n verskeidenheid resente gedigte en lirieke van 1994-2012, wat verteenwoordigend is van verskeie generasies en agter-gronde, ondersoek. Die gevolgtrekking is dat religie steeds op verskillende wyses deel van Afrikaanssprekendes se identiteitsformasies is, maar dat dit nie noodwendig met kerkverbondenheid gepaard gaan nie. In sommige gevalle word die kerk en die religie beskou as deel van die establishment wat ná apartheid verwerp word, maar in baie gevalle hou Afrikaanssprekendes se religieuse betrokkenheid nou verband met Jacques Derrida se sogenaamde religie sonder Religie, en wen die panenteïsme toenemend veld.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/71667
Date12 1900
CreatorsEngelbrecht, Gertruida Cornelia
ContributorsFoster, P. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format425 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds