Return to search

Globalisation, global governance and the reform of the global economy

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002 / ENGLISH ABSTRACT: After the end of the Cold War hopes were high for a freer, fairer new world order.
This did not happen. What the world got instead was globalisation - a complex
phenomenon born from the interaction of political and economic liberalisation and
technological change. Much of the impetus behind globalisation was derived
from the prescriptions of the so-called Washington Consensus, which given its
powerful influence in developing countries forced them to integrate into the global
economy - to the point that integration became a virtual substitute for
development policy.
The benefits of globalisation were unevenly spread around the world and those
who had most, stood to gain most from it. While Multinational Corporations and
inhabitants of the developed world were definite winners the losers included
workers, the environment and financial market stability. As the full impact of
globalisation was beginning to be felt criticism of the process emerged
particularly, but not exclusively, from the NGO community and left-leaning
commentators. These critics are diverse and do not have much in common, but
have at times created alliances of convenience. Most critics however agree that
international organisations play an important part in globalisation and that in
order to impact on globalisation they would have to impact on these
organisations.
A particularly abundant area of criticism relates to the threats posed to the global
commons. There is very little agreement though on how to deal with the threats.
Suggestions range from a return to subsistence production and disengagement
from the international trade system to using market forces and new technologies
to benefit the global environment.
Among the organisations with most critics are the International Monetary Fund
and World Bank. A variety of factors contribute to the need for international
financial institutions reform. These include: the blurring of their missions; the
ineffectiveness of their assistance; and lack of transparency and accountability.
The international financial institutions have however been remarkably effective at
shielding themselves from calls for reform. The reasons for this are not only
political (lack of agreement on required reforms) but also institutional
(management siding with powerful stakeholders or pursuing their own agenda).
The World Trade Organisation is another target of criticism. As with the
international financial institutions the exact nature of future reforms is impossible
to surmise, nevertheless environmental and development issues are certainly on
the agenda. Decision-making is also likely to be revisited, with the focus being
on reconciling effectiveness with representativeness. What is least likely to
happen though is what is most needed - a thorough assessment of the World
Trade ..Organisation's role in global governance and its relations with other institutions. This will not be possible without a rebalancing of power between the
World Trade Organisation and international financial institutions on one side, and
the UN family of institutions on the other.
Reforming current systems of global governance may also involve creating new
organisations. While there are a host of institutions active in global governance
there is no formal mechanism to coordinate their efforts. This is where a UN
Economic Security Council can playa major role, not least because such a body
would give the international system a degree of legitimacy that it has so far
lacked. A World Central Bank is however not an institution likely to be seen in
the foreseeable future - it is too complex and many states will not give up
monetary sovereignty as it impacts on too many other policy areas.
It is widely acknowledged that a Currency Transaction Tax will go a considerable
way in stabilising the international monetary system, while at the same time
raising funds to finance global development. It is an elegant solution that is
gaining political support worldwide. The institutional arrangements for its
implementation and collection are however still subject to much debate.
These are only a few possible ways in which the global economy may be
reformed in the short to medium term. In the long term the most likely outcome is
a loosely structured web of institutions that together form something akin to
global federalism / AFRIKAANSE OPSOMMING: Na die einde van die Koue Oorlog is groot hoop gekoester vir 'n vryer,
regverdiger nuwe wêreld orde. Dit het nooit gebeur nie. Instede daarvan het die
wêreld globalisering gekry - 'n komplekse verskynsel gebore uit die interaksie
van politieke en ekonomiese liberalisering en tegnologiese verandering. 'n Groot
deel van die impetus agter globalisering het sy ontstaan in die voorskrifte van die
sogenaamde Washington Konsensus, wat gegewe sy invloed in die
ontwikkelende wêreld baie state gedwing het om in die wêreldekonomie te
integreer - tot die punt dat integrasie byna 'n alternatief vir ontwikkelingsbeleid
geword het.
Die voordele van globalisering was ongelyk versprei, en die wat meeste gehad
het, het gestaan om meeste voordeel daaruit te trek. Terwyl multinasionale
maatskappye en inwoners van die ontwikkelde wêreld ongetwyfelde wenners
was, was werkers, die omgewing en finansiële mark stabiliteit onder die
verloorders. Soos wat die impak van globalisering meer en meer gevoel is het
dit ook kritiek ontlok, veral - maar nie alleenlik - uit nie-regeringsorganisasie
kringe en van linksgesinde kommentators. Alhoewel hierdie kritici nie veel in
gemeen het nie, het hulle by tye gemaksalliansies gevorm. Die meeste kritici
stem egter saam dat internasionale organisasies 'n belangrike rol speel in
globalisering en dat om 'n impak op globalisering te maak dit nodig is om 'n
impak op hierdie organisasies te maak.
'n Besonder vrugbare area van kritiek hou verband met bedreigings tot die
sogenaamde "globale meent". Daar is egter baie min instemming oor hoe om die
bedreigings te hanteer. Voorstelle wissel van 'n terugkeer na bestaansproduksie
en terugtrede van die internasionale handelstelsel tot die gebruik van mark
kragte en nuwe tegnologie tot voordeel van die wêreld omgewing.
Onder die organisasies met van die meeste kritici is die Internasionale Monetêre
Fonds en die Wêreld Bank. 'n Verskeidenheid faktore dra by tot die behoefte
aan hervorming van die internasionale finansiële instellings. Hierdie sluit in: die
verwarring van hulle onderskeie missies, die oneffektiwiteit van hulle bystand, en
'n gebrek aan deursigtigheid en verantwoording. Die internasionale finansiële
instellings is egter besonder effektief daarin om hulself van oproepe om
hervorming te isoleer. Die redes hiervoor is nie net polities nie (gebrek aan
ooreenstemming oor vereiste hervormings) maar ook institusioneel (bestuur kies
kant met invloedryke rolspelers of streef hul eie agenda na).
Die Wêreld Handelsorganisasie is nog 'n teiken van kritiek. Soos met die
internasionale finansiële instellings is dit nie moontlik om die presiese aard van
moontlike hervormings te raai nie, desnieteenstaande is omgewings- en
ontwikkellingskwessies definitief op die agenda. So ook is besluitneming, met
die doel om effektiwiteit en verteenwoordigendheid te versoen. Wat egter mees nodig is, is mins waarskynlik om te gebeur - 'n deurtastende ondersoek na die
rol van die Wêreld Handelsorganisasie in wêreld besluitneming en sy
verhoudings met ander internasionale instellings. Verandering in hierdie opsig is
egter nie moontlik sonder 'n herbalansering van tussen die Wêreld
Handelsorganisasie en die internasionale finansiële instellings aan die een kant
en die VN familie van instellings aan die ander nie.
Hervorming van huidige stelsels van wêreld besluitneming mag ook die skepping
van nuwe organisasies behels. Terwyl daar etlike aktiewe organisasies in wêreld
besluitneming is, is daar geen formele meganisme om hul aktiwiteite te koordineer
nie. In hierdie opsig kan 'n VN Ekonomiese Veiligheidsraad 'n
belangrike rol speel, veral omdat so 'n instelling 'n mate van legitimiteit aan die
internasionale stelsel kan gee wat dit tot dusver nie gehad het nie. 'n Wêreld
Sentrale Bank is egter 'n instelling wat nie in die voorsienbare toekoms die lig sal
sien nie - dis te kompleks en baie state sal nie monetêre soewereiniteit wil
prysgee nie omrede dit op te veel ander beleidsareas impakteer.
Dit word wyd erken dat 'n buitelandse valuta transaksie belasting 'n beduidende
stabiliserende invloed op die internasionale monetêre stelsel kan hê, terwyl dit
terselfdertyd fondse sal in vir wêreld ontwikkeling. Dis 'n elegante oplossing
waarvoor politieke steun wêreldwyd opbou. Die institusionele vergestalting wat
benodig word om so 'n belasting te implementeer en administreer is egter nog
die onderwerp van vurige debatte.
Hierdie is slegs 'n paar van die moontlike maniere waarop die wêreldekonomie
oor die kort- tot mediumtermyn hervorm kan word. Oor die langtermyn is die
mees waarskynlike uitkoms iets soortgelyk aan 'n losweg gestruktureerde web
van instellings wat soortgelyk aan 'n vorm van globale federalisme is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52866
Date12 1900
CreatorsSchafer, Siegfried Rolf
ContributorsRoux, A., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format156 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds