Return to search

An investigation into the trading in emissions credits as a free market mechanism to curb global warming

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: One of the most topical and widely discussed factors which could lead to the
ultimate end of life on earth is global warming and its devastating effects.
Several current trends clearly demonstrate that global warming is directly
impacting on rising sea levels, the melting of icecaps and other significant
worldwide climatic changes. These climatic changes will have a profound
effect on the economy of the world as well as having health and social
consequences for humans on earth. It has also become evident that mankind
has played a significant role in causing global warming through its excessive
burning of fossil fuels and its deforestation activities.
Mainstream economists have increasingly realised that the prime cause of
environmental problems is the absence of markets and more specifically, the
absence of private ownership, which provide the foundation for markets. This
occurrence has also been described in the literature as the tragedy of the
commons.
Mankind has come to a point in its history whereby it is in great danger of
causing its own annihilation through the destruction of its natural environment.
As a result of this, world leaders and many industrialists have realised that it is
essential that the world must do something to preserve the natural
environment. This was the rationale behind the Kyoto Protocol. In Kyoto 38
industrial states undertook to reduce their total emissions of six important
greenhouse gases by at least 5 percent by the period 2012 at the latest.
It was agreed in Kyoto that the system to be used to curb global warming
should be based on free market principles that would focus on limiting the
tragedy of the commons. On this basis it was agreed that the international
trade in greenhouse gas emission allowances might fulfil an important role in
providing countries and companies with the capabilities to achieve part of their
reduction obligations. The Kyoto mechanism was therefore designed on the basis of emissions trading, but also had an equity objective with respect to
developing countries.
Supporters of the trading scheme are of the opinion that this market will
guarantee that certain emission targets are met. In principle, the international
trade in emission credits offers several advantages in terms of a flexible and
cost-efficient realisation of the reduction obligations undertaken at Kyoto.
Supporters of emissions trading are also of the opinion that trading in these
gases also has economic and technological benefits. The answer to global
warming might be as simple as buy low, sell high conventions. Now
greenhouse-gas emissions are becoming a commodity that can be bought
and sold on a worldwide scale, just like gold or soybeans. It is expected that
the trading in greenhouse-gas emission rights will ultimately constitute the
largest commodities market in the world.
An international market for greenhouse gas emission allowances is already
developing. However, rules governing such transactions are not fully worked
out yet. The 178-nation Kyoto Protocol on global warming may provide a start,
despite the US's refusal to support the treaty.
It will be the aim of this thesis to provide understanding in terms of the
functioning of emissions trading schemes and therefore the Kyoto mechanism
as a solution to this problem of global warming. It will also be an important
objective of this thesis to provide insight into the issues applicable to climatic
change and the Kyoto mechanism. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Atmosfeerverwarming is wêreldwyd een van die mees bespreekte kwessies.
Die nadelige effek van atmosfeerverwarming as gevolg van die toenemende
kweekhuiseffek, het die potensiaal om tot die uiteindelike uitwissing van lewe
op aarde te lei. Verskeie tendense dui daarop dat atmosfeerverwarming 'n
direkte impak op stygende seevlakke, die ontvriesing van die pakys by die
pole en ander noemenswaardige klimaatsversteuringe het. Indien iets drasties
nie gedoen word om atmosfeer verhitting te keer nie, sal klimaatsversteuringe
'n geweldig nadelige effek op die wêreld ekonomie te weeg bring, asook 'n
nadelige effek op gesondheids- en sosiale toestande tot gevolg hê.
Dit het duidelik geword dat die aktiwiteite van die mensdom, hoofsaaklik
verbranding van fossielbrandstowwe en ontbossing, te blameer is vir
atmosfeerverwarming. Ekonome wêreldwyd het toenemend besef dat die
hoofrede vir omgewingsprobleme, soos atmosfeerverwarming, toegeskryf kan
word aan die afwesigheid van markte en meer spesifiek die afwesigheid van
privaatbesit, wat in effek die basis van die vrye mark vorm. Hierdie
gebeurtenis word in die ekonomiese literatuur beskryf as die "tragedie van die
gemene goedere" .
Wêreldpolitici en industriële leiers het besef dat die mens by 'n punt in sy
geskiedenis gekom het waar hy moontlik sy eie uitwissing kan bewerkstellig
en dat iets drasties gedoen moet word om die natuurlike omgewing te
beskerm om sodoende volhoubare ekonomiese groei te verseker. Hierdie
besef het gelei tot die totstandkoming van die Kyoto Protokol waar 38
nywerheidslande ooreengekom het om voor die jaar 2012 hul totale nasionale
emissies van die ses belangrikste kweekhuisgasse met ten minste 5 persent
tot onder hul 1990 emissievlakke te verminder.
Daar was in Kyoto ooreengekom dat die stelsel wat gebruik moet word om die
Kyoto doelwitte te bereik sterk vryemark eienskappe moet besit asook meganismes om regverdigheid en gelykheid tussen lande in terme van
kweekhuisgasbeperkings te verseker.
Die Kyoto meganismes is ontwerp met sterk vryemark eienskappe, wat basies
'n stelsel is waarvolgens lugbesoedelingsregte verhandel kan word. Hierdie
verhandeling van besoedelingsregte kan toegepas word om kweekhuis gasse
te verminder. Die Kyoto meganismes en dus lugbesoedelingsverhandeling
verskaf buigbaarheid aan besighede en lande om hul onderskeie
besoedelingsbeperkingsdoelwitte op die mees koste effektiewe manier te
bereik.
Die antwoord op atmosfeer verwarming kan dalk so eenvoudig wees soos
koop laag en verkoop hoog. Kweekhuisgasse is besig om net soos graan of
goud 'n kommoditeit te raak. Daar word verwag dat die verhandeling in
kweekhuis gas besoedelingsregte uiteindelik sal groei tot die grootste
kommoditeitsmark ter wêreld.
Ondersteuners van die Kyoto meganismes is van mening dat kweekhuisgas
verhandeling ook ekonomiese en tegnologiese voordele inhou. Dit is 'n
oogmerk van die Kyoto meganismes om die verskuiwing van tegnologie
tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande asook volhoubare groei te
verseker.
'n Grysmark vir kweekhuisgas regte is reeds internasionaal, voor die
beplande instelling van die Kyoto meganismes, aan die ontwikkel. Die reëls
en regulasies vir die Kyoto meganismes is nog nie gefinaliseer nie. Dit en die
onwilligheid van die VSA om die Protokol te onderteken, belemmer die
vroegtydige implementering van die Kyoto meganismes en die effektiwiteit
van die stelsel.
Dit is die doelwit van die werkstuk om die leser bekend te maak met die
funksionering van emissieverhandeling as 'n vryemark stelsel om
omgewingsprobleme soos atmosfeerverwarming te verminder. Die werkstuk
beoog ook om die kwessies betrokke by klimaatsverandering en die Kyoto
meganismes aan die leser te verduidelik.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/49717
Date12 1900
CreatorsDe Klerk, W. A. (Willem Abraham)
ContributorsRoux, A., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences . Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format151 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0029 seconds