Return to search

Konflikresolusie in 'n transformasiekonteks : 'n vredebouontleding van die Post-Lancaster House tydvak in Zimbabwe : 4 Maart 1980-2002

Text in Afrikaans / This study aims to analyze the conflict resolution process in Zimbabwe after the Lancaster House Agreement and the subsequent elections from March 4, 1980 up until 2002. The objective is to determine what effect this process has had on all the people in Zimbabwe, both nationally and locally. It also endeavours to evaluate their attempts to transform from a violent culture of guerilla warfare, to an all-inclusive sustainable peaceful environment and culture.
The reason for this specific time period of the study lies in the fact that the peace building process of the Zimbabwean conflict resolution process was supposed to be introduced during this time. This is the era during which the root of historic conflict, according to the peace building theory, has had to be transformed. It also implies the start of the implementation of the radical land reform process.
From this perspective the following 5 key questions form the raison d‟être of the study and will be analyzed in the different chapters:
1. The requirements for sustainable peace, according to the conflict resolution and peace building theory, as developed by Galtung, Mitchell, Lederach, Burton and Anstey.
2. The characteristics of the historical conflict structure to be transformed during the post-1980 period.
3. An evaluation of the development of an all inclusive, multi-faceted and integrated program for the transformation of the historical conflict structure.
4. An evaluation of the international managers‟ contributions for laying the foundation for the integration of peace-making and the subsequent phases of

the peace building process. It also questions the degree of reconciliation and peace building.
5. The lessons learnt from the Zimbabwean experience and its implications for conflict resolutions and peace implementation processes in Southern African societies. Included in this question is to seek clarification and to develop proposals about the roles and contributions of internal and external role players on all levels of society in such processes.
Hence the conclusive finding that conflict resolution and peace building is an integrated multi-dimensional process. This conclusion is confirmed in the Zimbabwean situation. Conflict involves the entanglement of needs, unappeased perceptions and codes of conduct during the period of negotiations. In Zimbabwe the escalation and de-escalation of these influences are clearly observed.
The evaluation and manipulation of the history of Zimababwe, of which the manipulation is still continuing, is harming the process of reconciliation and peace building. The absence of an inclusive raison d‟être for all parties involved (regarding differences and diversities on ethnical, social, economical and other levels) implies a strong escalating and de-escalating factor in the irreconcilability in Zimbabwe.
The initiation of an integrated and multi-dimensional process, mechanism and framework of reconciliation and peace is strongly advised. This process, mechanism and framework has to have an integrated structure starting at international level (United Nations Peace Building Commission) decentralizing into regional, national, provincial and local government structures. The process and mechanism must be part of the establishment of conflict resolution and peace building as an generic management style and approach aimed at the political and governing processes of societies in transformation. This is especially important for the current Zimbabwean situation. / Die oogmerk van die studie is „n ontleding van die konflikresolusie-proses in Zimbabwe sedert die Lancaster House-ooreenkoms en die daaropvolgende verkiesings van 4 Maart 1980 tot en met die jaar 2002. Die doelstelling is om te bepaal in watter mate en op welke wyse, daar op alle vlakke van die gemeenskap nasionaal en op plaaslike vlak, gepoog is om die geweldskultuur, wat kenmerkend van die guerrilla-oorlog was, te transformeer tot „n volhoubare inklusiewe vredesomgewing en -kultuur.
„n Primêre motivering vir die keuse van die bepaalde navorsingstydperk is dat dit veronderstel is om die vredebou-periode van die Zimbabwiese konflikresolusie-proses in te lui. Dit is die era waartydens die bronne van die historiese konflik, ooreenkomstig die vredebou-teorie, getransformeer moes word. Dit sluit ook die era in waartydens die eerste stappe van die radikale grondhervormingsproses geïmplementeer is.
In die lig hiervan word die onderstaande 5 kernvraagstukke as raison d‟être van die studie op „n hoofstukbasis ondersoek:
1. Wat is die vereistes vir volhoubare vrede, ooreenkomstig die konflikresolusie- en vredebouteorie soos veral ontwikkel deur Galtung, Mitchell, Lederach, Burton en Anstey?
2. Wat was die kenmerke van die historiese konflikstruktuur wat in die post-1980- periode moes transformeer?
3. Het daar in die post-1980-periode „n inklusiewe, multi-vlakkige en geïntegreerde program vir die transformasie van die historiese konflikstruktuur, ontwikkel?
4. Het die internasionale bestuurders van die proses die grondslag gelê vir „n integrering van vredevestiging met die verdere fases van vredebou? In watter mate was versoening en vredebou enigsins „n prioriteit? Indien nie, waarom nie?
5. Watter lesse kan vanuit die Zimbabwiese ervaring geleer word wat kan bydra tot 'n beter begrip van praktiese konflikresolusie en vredebou-implementeringsprosesse in veral Suider-Afrikaanse gemeenskappe? Watter bydraes kan en moet interne en eksterne rolspelers speel? Voortspruitend hieruit word daar ook aanbevelings aan die hand gedoen oor die integrasie van internasionale en nasionale (eerste, tweede en derde vlakke) rolspelers in hierdie verband.
Teen hierdie agtergrond word samevattend bevind dat konflikresolusie en vredebou, „n geïntegreerde multi-dimensionele en multi-vlakkige proses is. Vanuit die Zimbabwe situasie word bevind en bevestig dat konflik uit „n geïntegreerde wisselwerking van behoefte- en doel-onversoenbaarheidspersepsies met voort-spruitende konflikterende gesindhede en gedragspatroon-verskynsels, bestaan. Daar word ook aangetoon dat daar duidelike eskalerende en de-eskalerende invloede teenwoordig is.
Daar is ook bevind dat die wyse hoe die geskiedenis van Zimbabwe evalueer en hanteer is en steeds word, die bou van versoening en langtermyn vrede benadeel. Die afwesigheid van „n inklusiewe raison d‟être wat alle rolspelers inbind tot een Zimbabwiese sentiment, ten spyte van diepliggende verskille en diversiteite op etniese, stam, sosiale, ekonomiese, klas en ander terreine, is „n sterk eskalerende faktor en gevolg in hierdie verband. Die loodsing van „n diepliggende en veelvlakkige versoeningsproses, sal die identifisering van sódanige sentiment – die aorta van Zimbabwe se konstruktiewe, volhoubare voortbestaan – as primêre samebindende prioriteit moet neem.
Teen hierdie agtergrond word „n geïntegreede versoenings- en vredebou meganisme en raamwerk ontwikkel en voorgestel. „n Meganisme en proses wat multi-vlakkige deelname vanaf „n internasionale (United Nations Peace Building Commission) tot en met „n streeks, nasionale, provinsiale en plaaslike fokusvlak, verseker. „n Proses en meganisme wat ook deel uitmaak van die meer prominente vestiging en institusionalisering van konflikresolusie en vredebou as „n generiese bestuurstyl en program in die politieke en regeerprosesse in oorgangsamelewings, maar veral ook in die Zimbabwe situasie. / Political Science / D. Litt. et Phil. (Afrika-Politiek)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/3536
Date11 1900
CreatorsGrundling, Okert Jakobus
ContributorsLabuschagne, P. (Pieter), Kotzé, Dirk, 1961-
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (315 leaves)

Page generated in 0.0139 seconds