Return to search

Die representasie van Kwasi/Aquasi : 'n ondersoek na die voortsetting al dan nie van die koloniale diskoers in De zwarte met het witte hart deur Arthur Japin

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The term 'representation' is often used to refer to the possibility of a link between
literature and reality. The word also suggests the reiteration of an event and is used in
literary studies to indicate that a representation should be read as the author's
interpretation of events and thus as a mediated rendition thereof.
This study focuses on the representation of a black character who lived in the 19th
Century by a white author from the zo" Century, Arthur Japin, in his novel, De
zwarte met het witte hart (1997). This novel, based on historical events, is a rendering
of the lives of two Ashanti princes who were taken to the Netherlands in 1837 as
guarantee to an agreement between the king of the Ashanti and the Netherlands. This
study therefore looks at the way in which Japin interpreted and represented the
available information in his novel.
This study furthermore focuses on ways in which this novel, written in what may be
termed a postcolonial era could be read as a continuation of the colonial discourse in
the 21st Century. This is demonstrated by identifying and examining the
characteristics of colonial discourse, postcolonial discourse, the historic novel and the
didactic novel, as well as ways in which these genres deal with representation. The
study refers to the work of literary and social theoreticians such as Edward Said,
Frantz Fanon, Homi Bhabha, Gayatri Spivak, Linda Hutcheon and Maaike Meijer.
The study indicates that this novel can partially be read as a continuation of the
colonial discourse. The results of this study also indicates that an uncritical reading of
the novel De zwarte met het witte hart could lead to a continuation of the colonial
discourse in the 21st Century. The role and responsibility of the reader in the
interpretation and the subversion of the colonial discourse could therefore be further
investigated. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die term 'representasie' word dikwels gebruik om die moontlikheid van 'n verband
tussen die letterkunde en die werklikheid aan te dui. Die woord suggereer die
herhaling van 'n gegewe en word in die letterkunde gebruik om aan te dui dat die
representasie wat gelees word, die outeur se interpretasie en dus bemiddelde
weergawe van gebeure is.
Hierdie ondersoek fokus op die representasie van 'n swart hoofkarakter uit die 19de
eeu deur 'n blanke outeur in die 20ste eeu soos dit in die roman, De zwarte met het
witte hart (1997) deur Arthur Japin, weergegee word. Hierdie roman, gebaseer op
historiese gegewens, handeloor die lewens van twee Ashanti prinse wat in 1837 as
onderpand vir 'n ooreenkoms tussen Nederland en die Ashantynse koning na
Nederland geneem is en die gevolge wat dit vir hulle ingehou het. Daar word dus in
dié ondersoek gekyk na die manier waarop Japin die gegewens tot sy beskikking
geïnterpreteer en in die roman weergegee het.
Verder fokus die ondersoek op die manier waarop hierdie roman, geskryf in wat as 'n
postkoloniale era gesien kan word, moontlik as 'n voortsetting van die koloniale
diskoers in die 21ste eeu gelees kan word. Dit word gedoen deur kenmerke van die
koloniale diskoers, die postkoloniale diskoers, die historiese roman en die
tendensroman te identifiseer en ondersoek, saam met die wyses waarop hierdie genres
met representasie omgaan. Daar word verwys na die werk van letterkundige en sosiale
teoretici soos Edward Said, Frantz Fanon, Homi Bhabha, Gayatri Spivak, Linda
Hutcheon en Maaike Meijer.
Uit die ondersoek blyk dat hierdie roman gedeeltelik as 'n voortsetting van die
koloniale diskoers gelees kan word. Die resultate van hierdie ondersoek dui ook aan
dat 'n onkritiese lees van die roman De zwarte met het witte hart kan lei tot die
voortsetting van die koloniale diskoers in die 21ste eeu. Die rol en die
verantwoordelikheid van die leser in die interpretasie en ondermyning van die
koloniale diskoers kan dus verder ondersoek word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53385
Date03 1900
CreatorsFaasen, Petro
ContributorsViljoen, L., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Afrikaans & Dutch .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format120 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds