Return to search

n Ondersoek na die belangrikheid van menslike kapitaal vir die sukses van Rex Mining en die mensebestuurspraktyke wat 'n invloed het op die skepping van 'n werkplek wat die ontwikkeling van menslike kapitaal bevorder

Study project (MBA)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The one factor in the current business environment that provides an organisation with
a competitive advantage, is human capital. It can make the difference between
success and failure. In an organisation like Rex Mining it is especially important for a
strong human capital base to meet the challenges that the marginal diamond mines
present. It is not a question of finance. Human capital development is determined by
the people management practices in an organisation, things they already do. The
difference between building and breaking down human capital is just a matter of
quality and appropriateness of these practices.
The measurement of the ability of an organisation to develop human capital was
always problematic because of the nature of it. Buckingham and Coffman developed
an easy and valid measuring instrument to help organisations measure this very
important factor. The questionnaire they developed now makes it possible for every
organisation to make a determination of where it stands in terms of its ability to
develop human capital.
An investment in human capital will always give a return on the investment. The size
of the return will be determined by the time and energy spend on the investment by
the organisation. This investment does not depreciate. An investment in human
capital will ensure optimal productivity, efficiency and effectiveness in the
organisation and that targets will be reached and exceeded.
Healthy people management practices are the basis upon which the development of
human capital rests. In a changing South Africa different demands are made upon
organisations in terms of their human capital. Each individual has his own goals and
career plans and if the organisation cannot satisfy those demands the employee will
offer his services to the employer that can satisfy his needs. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Menslike kapitaal is in die hedendaaqse sakewêreld die een faktor wat aan 'n
organisasie die kompeterende voordeel gee. Dit kan die verskil tussen sukses en
mislukking bepaal. In 'n organisasie soos Rex Mining is dit juis belangrik dat menslike
kapitaal sterk moet wees ten einde die geweldige uitdagings wat die marginale
diamantmyne stel, die hoof te kan bied. Dit is ook nie 'n kwessie van finansies nie.
Menslike kapitaalontwikkeling word bepaal deur die mensebestuurspraktyke in 'n
organisasie, dinge wat elke organisasie reeds doen. Dit is net die kwaliteit en
toepaslikheid van hierdie praktyke wat die verskil maak tussen die opbou en afbreek
van menslike kapitaal.
Die meting van die vermoë van 'n organisasie om menslike kapitaal te ontwikkel, was
altyd problematies vanweë die aard daarvan. Buckingham en Coffman het egter 'n
baie maklike en geldige meetinstrument daargestelom organisasies te help om
hierdie baie belangrike faktor te meet. Die vraelys wat hulle ontwikkel het, maak dit
nou moontlik vir elke organisasie om 'n bepaling te maak ten opsigte van die
organisasie se vermoë om sy menslike kapitaal te ontwikkel.
'n Belegging in menslike kapitaal sal altyd 'n opbrengs lewer. Die grootte van die
opbrengs sal afhang van die hoeveelheid tyd en energie wat die organisasie bestee
het aan die belegging. Hierdie belegging verloor ook nooit sy waarde nie. 'n
Belegging in die menslike kapitaal van 'n organisasie sal verseker dat produktiwiteit,
effektiwiteit en doeltreffendheid optimaal sal wees en dat die organisasie altyd
doelwitte sal behaal en oorskry.
Gesonde mensebestuurspraktyke is die basis waarop die hele ontwikkeling van
menslike kapitaal berus. In die veranderende Suid-Afrika word nuwe vereistes aan
organisasies gestel in terme van hulle menslike kapitaal. Elke individu het sy eie
doelwitte en loopbaanplanne en as die organisasie waar hy of sy werk, nie hieraan kan voldoen nie, sal die werknemer sy dienste aan 'n werkgewer bied wat wel sy
behoeftes kan bevredig.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/70259
Date03 1900
CreatorsKotze, Gideon Andries Petrus
ContributorsDenton, M., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format100 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0026 seconds