Dissertation (MScSportSc)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Over the years the Maties have made an invaluable contribution to both Western
Province and Boland cricket. The purpose of this study is to document the origin,
formation and experiences of the Matie Cricket Club.
The nucleus of this study therefore documents the development of the Matie
Cricket Club. The history of the club dates back to 1865, perhaps the end of
1864, and an attempt has been made to reconstruct all gathered information as
accurately and thoroughly as possible.
Although there is much popular writing on sport in South Africa, very little
scientific documented information is available. Studies such as these are thus
hampered by the unavailability of primary information. Since this study is sporthistorically
orientated, the historic-scientific method has been implemented.
Preference has been given to primary sources of information. These sources
include minutes of the Matie Cricket Club, Stellenbosch Municipality, University
Council, Sports Committee, Colours Committee and the Stellenbosch College
Athletic Club, as well as University of Stellenbosch publications, such as the
Stellenbosch College Ramkie, Stellenbosch College Times, Stellenbosch
Students' Annual, Stellenbosch Students' Quarterly, Stellebosse Oud-Student,
Stellenbosse Student and the Stellenbosse Universiteitsblad, interviews with
those involved in the club and photos. Secondary sources of information include
books and newspapers.
The introductory section gives a broad outline of the history of Western Province
cricket from as early as 1808. The first chapter has been devoted to the aim and
statement of the problem, scope of the study, method of research and the
evaluation of the resources. The growth of the club is discussed in detail under the following headings: Cricket
during the 1800s, cricket before the First World War (1900-1913), cricket
between and during the World wars (1914-1945), and cricket after the Second
World War (1945-200). The progress and achievements of the club over 135
years are outlined. The club played in the Western Province since its formation
in 1865, whereafter they moved to the Boland in 1901 and competed there for the
following 60 years. However, there were, a couple of years in between when the
first side competed in the Western Province, but only on a friendly basis and
against sides in lower leagues, while the junior sides still competed in the Boland
leagues. During the 1960/61 season, the first side was allowed to compete on a
friendly basis against sides in the first league of the Western Province; at the end
of 1963 the club moved all four of its teams to compete in the Western Province
league.
The sports fields of the University and especially the various venues of the cricket
club are dealt with. At first games were played at the "Braak", from where they
moved to the "Vlakteveld", Pavillion field and the famous Coetzenburg fields.
The Matie Cricket Club also contributed to the success of the South African
Universities' tournament. A brief history of the Matie Cricket Club since 1947
when the tournament was first played and their success in the national club
championships are outlined.
The role of the Stellenbosch College Athletic Club during the early history of the
cricket club is also briefly discussed. Since the formation of the Victoria-College
Cricket Club in 1912, only students were allowed to play in the matches against
the South African College and the last of these matches were played in 1917.
After the formation of the University of Stellenbosch in 1918, these matches were
played between Stellenbosch and the University of Cape Town. These
Intervarsity matches are discussed until the late 1960s whereafter it came to an
end. Due to the fact that the University goes to the South African Universities
tournament in December they do not undertake a lot of tours. Some tours
preceded the tournaments and they are only briefly discussed.
Coaching deserves its own section to show the progress made in this field. The
efforts of various coaches contributed to the success of the club and the fact that
so many players were included in representative sides. This section is followed
by those people who made a major contribution to the club over the years.
The Matie Cricket Club has 12 Springboks in its history, namely Nico
Theunissen, Izak Buys, Eddie Barlow, Mike Procter, Michael Melle, Peter Kirsten,
Garth Ie Roux, Denys Hobson, Adrian Kuiper, Darryl Cullinan, Kepler Wessels
and Dave Rundle. A player profile of each is given as well as a list of Matie
players in the various representative sides, as well as the players who regularly
played in the first side of the Maties. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Oor die jare het die Maties 'n groot bydrae tot die Westelike Provinsie en Bolandkrieket
gelewer. Die doel van hierdie studie was om die oorsprong, stigting en
gebeure van die Matie-krieketklub na te vors en te dokumenteer.
Die kern van hierdie studie gaan oor die ontwikkeling van die Matie-krieketklub.
Die klub se geskiedenis strek vanaf 1865, moontlik einde 1864, tot op hede en
alle inligting wat bekom is, is so deeglik en akkuraat moontlik weergegee. Die
doel was dus om die oorspronklike gebeure te rekonstrueer.
Hoewel daar baie oor sport geskryf is, is die meeste inligting nie wetenskaplik
bewaar of gedokumenteer nie. Aangesien hierdie studie sport-histories van aard
is, is die histories-wetenskaplike metode van navorsing soos toegepas in
Menslike Bewegingskunde gevolg. Dit behels die versameling van inligting uit
veral primêre bronne. Onder hierdie bronne tel die notules van die Matiekrieketklub,
voorsitters- en bestuursverslae, jaarverslae, Universiteitspublikasies,
onderhoude met ooggetuies en foto's. Sekondêre inligting is uit boeke en
koerante verkry.
Die studie word ingelei deur 'n algemene oorsig oor die ontwikkeling en
geskiedenis van krieket in die Westelike Provinsie (WP) wat reeds so vroeg as
1808 gespeel is. Die eerste deel word aan die metodologie gewy. Daar word
onder andere na die doel en probleemstelling, afbakening van die studieterrein,
metode van ondersoek en die evaluering van bronne gekyk.
Daarna word die ontwikkeling van die Matie-krieketklub uiteengesit. Daar word
na krieket in die 1800's, krieket voor die Eerste Wêreldoorlog (1900-1913),
tussen en tydens die Wêreldoorloë (1914-1945), en krieket ná die Tweede
Wêreldoorlog (1945-2000) gekyk. Aandag word aan die groei van Matie-krieket
tot 'n volwaardige sport bestee. Daar word na die prestasies van die klub oor ongeveer 135 jaar gekyk. Die klub het vanaf sy stigting tot 1901 in die WP
gekompeteer, waarna hulle vir die daaropvolgende 60 jaar in die Boland
deelgeneem het. Daar was jare tussenin wat die eerstespan in die WP gespeel
het, maar al die wedstryde was op In vriendskaplike basis beslis en meestal teen
spanne in die laer ligas. Die junior spanne het egter steeds in die Boland
gekompeteer. Gedurende die 1961/62-seisoen is die eerstespan vir In
proeftydperk in die WP se eersteliga opgeneem en het die klub met vier spanne
sedert die einde van 1963 op In permanente basis in die WP gespeel.
Hierna word die verskillende terreine waar krieket gespeel is, behandel, by name
die Braak, Vlakteveld, Pawiljoenveld en Coetzenburg. In hierdie hoofstuk word
die geskiedenis en die gebruik van die velde uiteengesit. Matie-krieket het ook In
bydrae gelewer tot die sukses van die Suid-Afrikaanse universiteite-toernooi en
In kort geskiedenis hiervan word uiteengesit. Die sukses wat Maties in hierdie
toernooi behaal het, word vanaf 1947 bespreek. Daar word ook na die klub se
deelname aan die nasionale klubkampioenskappe verwys.
Die rol wat die Stellenbosch College Athletic Club in die vroeë geskiedenis van
Matie-krieket gespeel het, word ook bespreek. Sedert 1912 toe die Victoriakollege
krieketklub gestig is, was die inter-kollege wedstryde tussen Victoriakollege
en die South African College In suiwer kollege aangeleentheid en die
laaste wedstryd tussen dié twee instansies is in 1917 gespeel. Met die stigting
van die Universiteit van Stellenbosch in 1918 is dié wedstryde teen die
Universiteit van Kaapstad gespeel. Hierdie Intervarsity-wedstryde word tot en
met die laat 1960's bespreek toe die wedstryde doodgeloop het.
Omdat die klub jaarliks in Desember na die Suid-Afrikaanse universiteite-toernooi
gegaan het, is daar nie baie toere onderneem nie. Daar word net kortliks na dié
toere verwys wat wel deur die klub op pad na die toernooie ingepas is. Afrigting wat 'n baie groot rol in enige klub se sukses speel, geniet ook aandag.
Die harde werk van verskeie afrigters het onder andere daartoe bygedra dat
Matie-krieket 'n aantal nasionale en provinsiale spelers opgelewer het. Dié
afdeling word opgevolg deur ander persone wat ook 'n groot rol in die sukses van
die klub gehad het.
Die Matie-krieketklub het tot op hede 12 Springbokke, naamlik Nico Theunissen,
Izak Buys, Eddie Barlow, Mike Procter, Michael Melle, Peter Kirsten, Garth Ie
Roux, Denys Hobson, Adrian Kuiper, Darryl Cullinan, Kepler Wessels en Dave
Rundle opgelewer. 'n Sportprofiel word van elkeen gegee. 'n Lys van die Maties
in verteenwoordigende spanne, asook Maties wat vir die eerstespan op 'n
gereelde basis gespeel het, is saamgestel.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51702 |
Date | 12 1900 |
Creators | Stander, G. B. (Gavin Barry) |
Contributors | Van Der Merwe, F. J. G., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Sport Science. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 176 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0032 seconds