Return to search

Profiling bilingualism in an historically Afrikaans community on the Beaufort West Hooyvlakte

Thesis (MA (General Linguistics))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH SUMMARY: This sociolinguistic study examines selected aspects of the linguistic behavior of a rural
language community in South Africa. The general aims are to establish first, whether this
"coloured" community in the historically Afrikaans town of Beaufort West is still
predominantly Afrikaans, second, whether there is evidence of language shift in the
community, specifically following more use of English in other formerly Afrikaans
communities after the change of government in 1994, and third, what the nature of such
language shift may be.
An overview of pertinent aspects of the social and political history of South Africa generally
and of Beaufort West specifically, is presented in order to contextualise the language
dispensation – past and present – addressed in this study. History reveals that the town in
question was first named Hooyvlakte and only later acquired the name of Beaufort West.
Hooyvlakte is currently the name of one of the suburbs in which a section of Beaufort West's
"coloured" community resides. For the purpose of this study the larger Beaufort West
community which is in focus here, is also referred to as the Hooyvlakte community
The study is mainly of a qualitative nature. The respondents were 184 members of the
Hooyvlakte community, they included individuals of both genders and were aged between 16
and 87 years. The only requirement for participation in this study was that the respondent
should have been a Beaufort West resident for at least 15 years. Each respondent completed a
questionnaire from which his/her language proficiency, language use and language preference
could be assessed. The questionnaire also allowed respondents an opportunity to express their
opinion on the value and practice of multilingualism in their community.
The results of this study indicate that the Hooyvlakte community remains predominantly
Afrikaans. There is, however, an increase in the knowledge and use of English, and despite
possible limits in actual English proficiency, the residents in the Hooyvlakte mostly view
themselves as balanced Afrikaans-English bilinguals. This view is related to the gradual
change in linguistic identity, from an almost exclusively (often stigmatized) Afrikaans
identity to a (mostly proud) Afrikaans-English bilingual one. The stigmatized "coloured" and
Afrikaans identities appear to be products of South Africa's sociopolitical history of ethnic
and cultural categorisation and segregation. Stigma, on the one hand, and exclusion, on the
other, have led to a desire in the Hooyvlakte community to associate with a language other
than Afrikaans as well. This shift to an Afrikaans-English bilingual identity contrasts with the
shift from predominantly Afrikaans monolingualism to virtual monolingualism in English
found in other Coloured communities studied in the Western Cape's and Eastern Cape's
metropoles (see Anthonissen and George 2003; Farmer 2009; Fortuin 2009). / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie sosiolinguistiese studie ondersoek geselekteerde aspekte van die talige gedrag van 'n
landelike taalgemeenskap in Suid Afrika. Die algemene doelstellings van die studie is
eerstens, om vas te stel of die "bruin" gemeenskap in die histories Afrikaanse dorp Beaufort-
Wes steeds hoofsaaklik Afrikaans is, tweedens, of daar aanduidings is van taalverskuiwing,
spesifiek een wat neig na 'n toenemende gebruik van Engels, soos gevind is in ander histories
Afrikaanse gemeenskappe na die regeringsverandering in1994, en derdens, wat die aard van
so 'n taalverskuiwing sou wees.
'n Oorsig word gegee oor beduidende aspekte van die sosiale en politieke geskiedenis van
Suid-Afrika in die algemeen, en meer spesifiek van Beaufort-Wes, om die huidige en
voormalige taalsituasie soos dit in hierdie studie aan die orde kom, te kontekstualiseer.
Geskiedkundige verslae wys daarop dat die dorp eers die naam Hooyvlakte gehad het voor dit
verander is na Beaufort-Wes. Hooyvlakte is tans die naam van een van die dorp se
woonbuurte waar 'n gedeelte van Beaufort-Wes se "bruin" gemeenskap woonagtig is. In
hierdie studie benoem "Hooyvlakte" die "bruin" gemeenskap van die hele dorp. Dit is in húlle
wat hierdie tesis geïnteresseerd is.
Die studie is hoofsaaklik kwalitatief van aard. Die respondente was 184 lede van die
Hooyvlakte gemeenskap, en deelnemers het individue van beide geslagte tussen die
ouderdomme van 16 en 87 jaar ingesluit. Die enigste vereiste vir deelname aan die studie was
dat informante reeds 15 jaar in Beaufort-Wes woonagtig moes wees. Elke informant het 'n
vraelys voltooi op grond waarvan sy/haar taalvaardigheid, taalgebruik en taalvoorkeur
vasgestel kon word. Die vraelys het ook die informante geleentheid gegee om hul mening te
lug oor die waarde en gebruik van veeltaligheid in hul gemeenskap.
Die bevindinge van die studie toon aan dat die Hooyvlakte gemeenskap steeds hoofsaaklik
Afrikaans is. Daar is egter 'n toename in hul kennis en gebruik van Engels, en ten spyte van
moontlike beperkinge in hul Engelse taalvaardigheid wat formele toetse sou kon uitwys,
beskou deelnemers hulself steeds as gebalanseerde tweetalige sprekers van Afrikaans en
Engels. Hierdie siening hou verband met 'n verskuiwing in talige identiteit, van 'n oorwegend
eksklusiewe (meestal gestigmatiseerde) Afrikaanse identiteit na 'n (grootliks trotse) Afrikaans
en Engels tweetalige identiteit. Die gestigmatiseerde Bruin en Afrikaanse identiteite blyk
neweprodukte te wees van die (etniese en kulturele) klassifiseringsgebruike uit die vorige
Suid-Afrikaanse sosio-politiese bestel. Stigma, enersyds, en uitsluiting, andersyds, het 'n
begeerte in die Hooyvlakte gemeenskap laat ontstaan, om te assosieer met 'n ander taal
benewens Afrikaans. Hierdie verskuiwing na 'n tweetalige Afrikaans-Engelse identiteit
kontrasteer met die verskuiwing van hoofsaaklik Afrikaanse taalidentiteit na feitlik uitsluitlik
eentalig Engelse identiteit, wat onlangs in "bruin" gemeenskappe elders waargeneem en
opgeteken is (vgl. Anthonissen en George 2003; Farmer 2009; Fortuin 2009).

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/2678
Date12 1900
CreatorsAnthonie, Alexa N.
ContributorsAnthonissen, C., Southwood, F., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of General Linguistics.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.003 seconds