• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 52
  • 24
  • 3
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 84
  • 84
  • 82
  • 55
  • 23
  • 23
  • 22
  • 19
  • 16
  • 16
  • 16
  • 15
  • 14
  • 13
  • 11
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die toegangstruktuur in verklarende aanleerderwoordeboeke

Stark, Mariza 03 1900 (has links)
Thesis (MA)-- Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Dictionaries have to be compiled in accordance with specific target users and dictionary goals. User orientation is, however, not the only criterion for measuring the success of a dictionary. Present-day lexicography requires the evaluation of the accessibility of dictionaries. The ease with which macro- and microstructural information is located and retrieved determines the quality and accessibility of the presentation. User orientated and accessible learner's dictionaries can contribute substantially to the improvement of communication in a multilingual South Africa with different groups of language learners. In a learner's dictionary the information should be presented in such a way that it can be retrieved without problems. The metalexicography makes provision for guide structures that facilitate access to information in the dictionary. The external, internal and meta-access structures are functional structures that increase the retrievability of information and help the user to reach the information he/she is looking for, as swiftly as possible. During the planning of a dictionary, the lexicographer must draw up a dictionary plan with a detailed explanation of the external and internal access structure. Such a dictionary plan contributes to a consistent application of lexicographical decisions. Decisions regarding the access structures must also be explained and illustrated in the front text in order for learners to acquire dictionary skills and become effective dictionary users. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Woordeboeke moet saamgestel word met inagneming van 'n spesifieke teikengroep en woordeboekdoel. Gebruikersgerigtheid is egter nie die enigste kriteria waaraan die sukses van 'n woordeboek gemeet word nie. In die hedendaagse leksikografie word die toeganklikheid van 'n woordeboek ook gemeet en beoordeel. Die gemak waarmee makro- en mikrostrukturele inligting opgespoor en ontsluit word, bepaal dus die kwaliteit en die toeganklikheid van die aanbieding. Binne 'n multitalige Suid-Afrika, met verskillende groepe taalaanleerders, kan aanleerderwoordeboeke wat op spesifieke gebruikers gerig is en toeganklik is, 'n wesenlike bydrae lewer tot die bevordering van kommunikasie. In 'n aanleerderwoordeboek moet inligting op so 'n manier aangebied word dat dit probleemloos herwin kan word. Die metaleksikografie maak voorsiening vir gidsstrukture wat toegang tot inligting in die woordeboek vergemaklik. Die eksterne, interne en metatoegangstrukture is funksionele struktuurelemente wat die herwinbaarheid van inligting verhoog en die gebruiker help om so vinnig as moontlik by die verlangde inligting uit te kom Die leksikograaf moet tydens die beplanning van 'n aanleerderwoordeboek 'n woordeboekplan opstel waarin onder andere die eksterne en interne toegangstruktuur uiteengesit word. So 'n woordeboekplan dra by tot 'n konsekwente toepassing van stelselbesluite. Besluite oor die toegangstruktuur moet ook in die toeligting beskryf en gei1lustreer word, sodat aanleerders woordeboekontsluitingsvaardighede kan verwerf en effektiewe woordeboekgebruikers kan word.
2

Macrostructural and microstructural strategies to enhance reference quality of Thanodi ya Setswana

Mokone, Nickey Seroke 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2000 / ENGLISH ABSTRACT: Ineffective treatment procedures of lexical items and inadequate information in the macrostructure and microstructure reduce the value of the reference quality of Thanodi of Setswana. This prompted an attempt at suggesting improvements with regard to the treatment and information retrieval of lexical items. This dictionary is not consistent in its use of structural marketslreference symbols to mark vital lexicographic information and reference addresses. Homonyms are not given the comprehensive lexicographic treatment, that would enable the user to access all relevant linguistic and semantic information, Another shortcoming is the lack of the use of labels on some headwords in this dictionary. The treatment procedure given to synonyms in this dictionary fails to provide the relevant information that the user needs. There is a lack of semantic linking among synonyms, because of the inadequate use of cross-reference symbols and reference markers. Loan-words are not marked to indicate their linguistic origin and to recognise them as being part of the Setswana lexicon and conveying lexicographic information. The unavailability of usage notes as part of the treatment of Thanodi ya Setswana, reduces the reference quality of the dictionary as a source of linguistic information. The use of this semantic information as part of the definiens is important to avoid unclear lemma definitions. The treatment procedure given to certain lemmas in this dictionary, suggests that the space saving principle is ignored. There are repeated definitions in the articles of synonymous lemmas and this creates redundancy. It is suggested that synonymous lemmas be treated by a crossreference depending on their usage frequency. The more frequently used lemmas should be given full lexicographic treatment and the less frequently used lemmas be given a partial treatment. The treatment of nouns in this dictionary also reduces its reference quality. Singular nouns are lemmatized but plural nouns are not lemmatized, The exclusion of these plural nouns in the macrostructure of this dictionary disadvantages an inexperienced user, especially in cases where these plural forms are more frequently used than the singular forms. A strategy to lemmatize both singular and plural nouns can maximise the usefulness of the dictionary. There are sublexical lexical items that are part of the Setswana lexicon but are not lemmatized in this dictionary. These sublexicallexical items should be lemmatized to recognise their status as lexical items. The treatment procedure given to inflectional and deficient verbs is a cause for concern in this dictionary. Instead of semantic information being provided, a derivation process is shown in the dictionary's article. This poor treatment given to these lexical items, leads to other senses of the lemma being left out and not being found by the dictionary user. The suggested strategies in the treatment of lexical items and the making available of lexicographic information, would make this dictionary more user-friendly. With such improvements, this dictionary would benefit the dictionary user. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die waarde en kwaliteit van Thanodi ya Setswana word verminder deur oneffektiewe prosedures in die behandeling van leksikale items en onvoldoende informasie in die makro- en mikrostruktuur van die woordeboek. Hierdie tesis kan beskou word as 'n poging om verbeteringe voor te stel vir die behandeling van leksikale items en die inwin van informasie daaromtrent. Die woordeboek IS me konsekwent III sy gebruik van struktuurmerkers en verwysingsimbole ten einde belangrike leksikografiese informasie en verwysingsadresse te merk nie. Homonieme kry nie die volledige leksikografiese behandeling wat dit vir die gebruiker moontlik sou maak om alle relevante taalkundige en semantiese inligting te bekom nie. 'n Ander tekortkoming is die gebrek aan etikette by sommige lemmas in hierdie woordeboek. Die wyse waarop sinonieme in die woordeboek behandel word, is ook gebrekkig: dit verskaf nie die relevante inligting wat die gebruiker benodig nie. Daar IS onvoldoende inligting betreffende die semantiese verband tussen lemmas wat as sinonieme beskou word, vanwee die onvoldoende gebruik van verwysingsimbole en - merkers. Leenwoorde word nie gemerk ten einde hulle linguistiese oorsprong aan te dui, en duidelik te maak dat hulle deel van die Setswana leks ikon is nie. Daar is 'n gebrek aan aantekeninge of voorbeelde betreffende die gebruik van woorde en dit verminder die nut van Thanodi ya Setswana as naslaanwerk en bron van taalkundige inligting. Sulke semantiese inligting as deel van die definiens is belangrik omdat dit onduidelike definisies help voorkom. Die manier waarop sekere lemmas behandel word, maak dit duidelik dat die beginsel van die ekonomiese gebruik van spasie hier geignoreer is. Definisies in die artikels van sinonieme word telkemale herhaal, en dit lei tot oortolligheid. Daar word voorgestel dat sinonieme liewer behandel moet word by wyse van kruisverwysings, afhangende van hul gebruiksfrekwensie: lemmas wat meer dikwels gebruik word, behoort 'n volle leksikografiese behandeling te kry: die wat minder dikwels gebruik word, kan dan 'n gedeeltelike behandeling kry. Die wyse waarop selfstandige naamwoorde behandel word, verminder ook die verwysingskwaliteit van die woordeboek. Die enkelvoudvorme van selfstandige naamwoorde word gelemmatiseer, maar nie die meervoudvorme nie. Die weglaat van die meervoudvorme van selfstandige naamwoorde in hierdie woordeboeke benadeel die onervare gebruiker, veral in die lig van die feit dat sommige meervoudvorme meer dikwels gebruik word as die enkelvoudvorme. Deur meervoudvorme sowel as enkelvoudvorme te lemmatiseer, sal die waarde en nuttigheid van die woordeboek verhoog word. Voorts is daar sekere subleksikale leksikale items wat deel is van die Setswana leksikon, maar wat nie in hierdie woordeboek gelemmatiseer word nie. Sulke subleksikale items behoort gelemmatiseer te word, ten einde erkenning te gee aan hulle status as leksikale items. Die behandeling van infleksie-werkwoorde en "negatiewe" werkwoorde ("deficient verbs") in hierdie woordeboek is gebrekkig. Instede van semantiese informasie te verskaf, word slegs die afleidingsproses aangetoon. Die gebrekkige behandeling van hierdie leksikale items veroorsaak dat sekere betekenisse van die lemmas weggelaat word - betekenisse wat vir die gebruiker van die woordeboek relevant mag wees. Indien die voorgestelde strategiee in die behandeling van die leksikale items toegepas word, en meer leksikografiese inligting verskaf word, sal die woordeboek meer gebruikersvriendelik word. Dit sal ook van groter nut en waarde vir die gebruiker wees.
3

The linguistic identities of multilingual adolescents involved in educational enrichment programmes in Johannesburg

Bristowe, Anthea J. 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis focuses on a community of multilingual adolescents who are high performers in mathematics and science, and whose primary language of teaching and learning is English. The participants who form part of the study all attend selected educational enrichment programmes in the greater Johannesburg area. The thesis is particularly interested in how students' language repertoires feature in their learning and in how their language repertoires contribute to their identity construction. This research is informed by literature which views identity not only as complex, contradictory, multivoiced and multifaceted, but also as dynamic and subject to constant renegotiation across space and time. In seeking answers to specific questions about the linguistic identities of the teenage participants in this study, this study will establish what the full linguistic repertoire of each participant is, and whether or not participants identify themselves by means of language. While there have been a number of very authoritative studies of language repertoires, many of these have focused on indigenous minorities, migrants or refugees who need to improve their life chances in a context where their L1 is not dominant. Although this study does include a number of participants originally from outside of South Africa, the majority of the participants are South Africans whose first languages are official languages. This study uses a multimodal approach in data collection and analysis in an attempt to investigate the multi-semiotic nature of the linguistic identities of the participants. Following the work of Busch (2010), I argue, that multilingualism can no longer be seen as an abstract competency, and that "language crossing", the appropriation of elements across boundaries, becomes a competency in its own right. These competencies can thus be used as a way of constructing a speaker's linguistic identity. Finally, the thesis makes a recommendation that more multimodal studies should be conducted in order to investigate the 'performativity' of 'identity construction'. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis fokus op ʼn gemeenskap van veeltalige adolessente wie toppresteerders is in wiskunde en wetenskap en vir wie Engels die primêre taal van leer en onderrig is. Die deelnemers aan die studie woon almal geselekteerde opvoedkundige verrykingsprogramme by in die groter Johannesburg area. Die tesis is spesifiek geïnteresseerd in hoe studente hul 'taal repertoires' gebruik wanneer hulle leer en hoe dit moontlik bydra tot die konstruering van hul identiteite. Die studie gebruik as uitgangspunt literatuur wat 'identiteit' as kompleks, teenstellend, veelstemmig en dinamies beskou. Verder word 'identiteit' ook beskou as onderworpe aan konstante heronderhandeling in elke spesifieke situasie en konteks. Die studie probeer vasstel wat die volle 'taalrepertoire' van elke deelnemer is en of die deelnemers hulself d.m.v. taal identifiseer. Hoewel daar verskeie belangrike studies oor taal repertoires bestaan fokus baie van hierdie studies op inheemse minderhede, migrante of vlugtelinge wie hul lewenskanse moet verbeter in ʼn konteks waarin hulle eerstetaal (T1) nie dominant is nie. Alhoewel hierdie studie ʼn aantal deelnemers insluit wat oorspronklik van buite Suid-Afrika afkomstig is, is die meerderheid van die deelnemers aan die studie Suid-Afrikaners wie se eerstetale, amptelike tale is. Die studie gebruik ʼn multimodale manier van data insameling en analise in ʼn poging om die multisemiotiese aspekte van die 'taalidentiteite' van die deelnemers te ondersoek. In ooreenstemming met Busch (2010) stel ek voor dat veeltaligheid nie langer gesien kan word as ʼn abstrakte vermoë nie maar dat ander praktyke soos 'taal oorkruissing', die gebruik van elemente oor taalgrense, ʼn vaardigheid in eie reg is. Hierdie soorte vaardighede kan dus ook gebruik word om die 'taalidentiteit' van ʼn spreker te konstrueer. Laastens word die aanbeveling gemaak dat meer multimodale studies gebruik moet word om die 'performatiwiteit' (performativity) van identiteitskonstruksie te ondersoek.
4

Constructing victims and perpetrators of sexual violence in Drum magazine between 1984 and 2004 : a discourse analytical study

Krige, Jana 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis reports on the ways in which rape perpetrated by males on females is constructed in news stories and the advice column, Dear Dolly, published in the South African publication, Drum magazine. The data collected for the study spans from 1984 to 2004, encompassing both 10 years before and 10 years after a democracy. The paper uses critical discourse analysis (Fairclough 2003) as main analytical tool and but also draws on critical feminist theory (Bourke 2007) and other strands of discourse analysis such as Van Dijk‟s (1998) socio-cognitive approach. The findings suggest that there is on the one hand a decrease in explicit victim blaming after 1994, but that subtle and opaque victim blaming is still evident in the news stories, letters to the advice column, and the responses from the columnist. These rape discourses presented in Drum magazine after 1994 are as Bakhtin (1981) suggests made up of multiple voices articulating different gendered discourses. Discourses that make women responsible for their safety and protection against rape are prevalent while at the same time rape is constructed as a “horror story” and the perpetrator as the “monster”. In this thesis, I argue that even though the use of less explicit victim blaming might seem like a positive move in the representation of rape and gender, this is not always the case. The more subtle forms of victim blaming avoid contestation and consequently often go unchecked (Fairclough 2003: 58). This makes the manufacturing of consent easier and makes it more difficult to counteract dominant discourses. I subsequently call for more studies on this underrepresented topic in discourse analysis in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis doen verslag oor die maniere waarop verkragting met mans as oortreders en vroue as slagoffer gekonstrueer word in nuus stories en in die advies kolom Dear Dolly in die Suid-Afrikaanse publikasie, Drum magazine. Die data verteenwoordig die tydperk vanaf 1984 tot 2004 (insluitend tien jaar voor en 10 jaar na demokrasie). Die tesis gebruik kritiese diskoers analise (Fairclough 2003) as hoof analitiese instrument maar leen ook van kritiese feministiese teorie (Bourke 2007) en ander tipes diskoersanalise soos Van Dijk (1998) se sosiokognitiewe benadering. Die bevindinge van die tesis stel voor dat daar aan die een kant ‟n afname in is in die eksplisiete blamering van slagoffers na 1994, maar dat subtiele en ondeursigtige blamering van slagoffers nog steeds voorkom in die nuusstories, briewe na die advies kolom en in die antwoorde van die kolomskrywer. Die diskoerse wat in Drum magazine na 1994 gevind word bestaan soos Bakhtin (1981) voorstel uit vele verskillende stemme wat verskillende diskoerse oor geslagsverhoudinge verteenwoordig. Diskoerse wat vroue verantwoordelik hou vir hul eie veiligheid en beskerming kom wyd voor, terwyl verkragting ook gekonstrueer word as ‟n “erotiese riller” en die oortreders gekonstrueer word as monsters. In hierdie tesis stel ek voor dat hoewel die gebruik van minder eksplisiete slagoffer blamering lyk soos ʼn positiewe beweging in die representasie van verkragting en geslagsgelykheid, is dit nie noodwendig die geval nie. Subtiele vorme van slagoffer blamering is moeiliker om te bevraagteken en word dikwels nie krities beskou nie (Fairclough 2003: 58). Dit maak die produksie van konsent makliker en maak dit moeiliker om dominante diskoerse teë te gaan. Gevolglik stel ek voor dat baie meer studies oor hierdie onderverteenwoordige onderwerp in diskoersanalise in Suid-Afrika gedoen moet word.
5

Dimensions of space in sociolinguistics

Berghoff, Robyn 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Within the social sciences and humanities, adequate definitions and understandings of the concept ‘space’ have been debated for some time. However, until recently, this debate been neglected within linguistics, although it is generally acknowledged that understandings of space within sociolinguistic research specifically have not remained uniform over time. The research presented in this study focuses on the varying conceptions of ‘space’ in the development of variationist sociolinguistics. It specifically seeks to address the lack of a coherent account of the influence that the various dominant conceptualizations of ‘space’ have had on research design throughout the history of the field. Previous work on this topic, which until recently has been relatively scarce, has pointed out some fluctuations in the understanding of space that has been employed within sociolinguistics. Still, these changes over time have not yet been investigated in a systematic and chronological manner. Additionally, previous investigations of the concept ‘space’ in sociolinguistics did not situate themselves within the broader spatial rethinking that has occurred in the social sciences, and thus tend to employ the relevant spatial terminology in isolated and unstandardized ways. The present study examines the conceptualization of ‘space’ in variationist sociolinguistics in a systematic and chronological manner, and situates changes in the understanding of this concept within the so-called “spatial turn” that occurred in the social sciences in the late 1970s/early 1980s. By examining the influential literature within four different variationist sociolinguistic paradigms and identifying the changes in dominant spatial understandings that have occurred over time, the impact of each dominant spatial conception on research design in variationist sociolinguistics is explicated. Ultimately, the study aims to clarify a topic that has previously been treated in largely incomplete and unsystematic ways. By presenting a partial chronicle of the history of ‘space’ in variationist sociolinguistics, the study will moreover serve as a basis for those working in the field to reflect on the directions this relatively young discipline has taken. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Binne die sosiale en geesteswetenskappe is toereikende definisies en begrip van die konsep ‘ruimte’ al vir ’n geruime tyd gedebatteer. Hierdie debat is tot onlangs binne die taalwetenskap afgeskeep, alhoewel dit algemeen erken word dat die begrip van ruimte binne spesifiek sosiolinguistiese navorsing met verloop van tyd verander het. Die navorsing wat in hierdie studie aangebied word, fokus op veranderinge in die konseptualisering van ruimte in die ontwikkeling van variasionistiese sosiolinguistiek. Daar word spesifiek aandag gegee aan die gebrek aan ʼn samehangende beskrywing van die invloed wat verskillende dominante begrippe van ‘ruimte’ gehad het op navorsingsontwerp in die veld se geskiedenis. Vorige werk wat oor dié onderwerp handel, en wat tot onlangs relatief skaars was, het daarop gewys dat daar wel veranderinge was in die manier waarop die begrip ‘ruimte’ binne die sosiolinguistiek gebruik is, maar hierdie veranderinge is nog nie op ʼn sistematiese en chronologiese manier ondersoek nie. Vorige studies van dié onderwerp is ook nie binne die breër ruimte-debat in die sosiale wetenskappe aangebied nie. Daar is dus die geneigheid om die relevante ruimte-terminologie op geïsoleerde en nie-gestandaardiseerde maniere te gebruik. Die huidige studie ondersoek die konsep ‘ruimte’ binne variasionistiese sosiolinguistiek op ʼn sistematiese en chronologiese manier, en plaas veranderinge in die begrip van ruimte in die sosiolinguistiek binne die konteks van die sogenaamde “spatial turn” wat in die laat-1970’s/vroeë-1980’s binne die sosiale wetenskappe plaasgevind het. Deur ʼn ondersoek van invloedryke literatuur binne vier verskillende variasionisties-sosiolinguistiese raamwerke, en die identifisering van die veranderinge in die konseptualisering van dominante ruimte-begrippe wat met verloop van tyd plaasgevind het, word die impak van elke dominante ruimte-begrip op navorsingsontwerp in variasionistiese sosiolinguistiek duidelik gemaak. Die uiteindelike oogmerk van die studie is om duidelikheid te verskaf oor ʼn onderwerp wat voorheen grootliks onvolledig en onsistematies aangespreek is. Deur ’n gedeeltelike kroniek van die geskiedenis van ‘ruimte’ in variationistiese sosiolinguistiek te bied, dien die studie voorts as ’n basis vanwaar taalwetenskaplikes kan besin oor die rigtings waarin hierdie relatief jong dissipline ontwikkel het.
6

The comprehension of figurative language by Afrikaans-speaking children with and without specific language impairment and by child second language speakers of Afrikaans

Van der Merwe, Kristin Catherine 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: Children experiencing language disorders have often been noted to have difficulty in comprehending figurative language, to a greater or lesser degree. The present study examined and compared the comprehension of figurative language, namely idioms and similes, in three groups of boys between the ages of 8 and 10. These three groups included (i) typically developing Afrikaans first language speakers, (ii) typically developing Afrikaans second language speakers (L2) and (iii) Afrikaans first language speakers with specific language impairment (SLI). A total of 18 participants were studied. The participants were interviewed individually and tests were conducted verbally. 25 idioms and 25 similes obtained from Die Afrikaanse Semantiese Taalevaluering (AST) were used. No contexts were provided for the idioms initially, but if the participant produced an incorrect or literal answer for the idiom, the idiom was placed in context. The use of context proved to be beneficial to all groups. Similes were read to the participant, who had to provide the final word as a response. The similes proved easier for all groups to comprehend, possibly due to their greater explicitness. The data were analysed statistically, but due to the small sample size, the participants were also examined individually as case studies, which provided further insight into the results obtained and revealed the non-homogeneity within the SLI group. The performance of the SLI group proved to be slightly inferior to that of the other two groups, but no statistically significant differences were found among the three groups. The L2 participants were asked to translate the idioms and similes into English. It was found that the Afrikaans idioms and similes were seldom likened to their English equivalents. Idioms which were semantically and syntactically similar or identical to the Afrikaans sentences often incited literal interpretations. Incorrect phonological transfers also appeared to create confusion and to obscure meaning. The L2 speakers’ difficulties possibly arose from (i) a lack of familiarity with figurative language, (ii) an inability to grasp figurative language, and/or (iii) a lack of proficiency in Afrikaans. Pedagogical implications and recommendations are discussed, and comments are made regarding future research on this topic. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kinders met taalversteurings blyk dikwels ook tot 'n minder of meerdere mate probleme te hê met die begrip van figuurlike taal. Hierdie studie ondersoek en vergelyk die begrip van figuurlike taal, naamlik idiome en vergelykings, in drie groepe seuns tussen die ouderdomme van 8 en 10 jaar. Hierdie drie groepe sluit in (i) tipies-ontwikkelende Afrikaans eerstetaalsprekers, (ii) tipies ontwikkelende Afrikaans tweedetaalsprekers, en (iii) Afrikaans eertetaalsprekers met spesifieke taalgestremdheid (STG). 'n Totaal van 18 deelnemers is bestudeer. Onderhoude is individueel met elke deelnemer gevoer en toetse is verbaal uitgevoer. 25 idiome van Die Afrikaanse Semantiese Taalevaluering (AST) is gebruik. Aanvanklik is geen konteks gegee nie, maar indien die deelnemer 'n verkeerde of letterlike antwoord vir 'n idioom gegee het, is die idioom in konteks geplaas. Die gebruik van konteks het in alle groepe 'n positiewe effek gehad. Vergelykings is aan deelnemers gelees, waar hulle as respons die laaste woord moes verskaf. Die vergelykings was vir alle groepe makliker vir begrip, moontlik weens hulle hoër vlak van eksplisiteit. Die data is statisties geanaliseer, maar weens die klein aantal deelnemers is elkeen ook individiueel as 'n gevallestudie ondersoek, wat verdere insigte in die resultate gelewer het, en die nie-homogeniteit van die STG groep aangedui het. Die prestasie van die deelnemers met STG was effens onder dié van die ander twee groepe, maar geen statisties-beduidende verskille is onder die drie groepe gevind nie. Die tweedetaal-deelnemers is gevra om die idiome en vergelykings in Engels te vertaal. Daar is gevind dat die Afrikaanse idiome en vergelykings selde aan hulle Engelse ekwivalente gekoppel is. Letterlike interpretasies is dikwels gegee vir idiome wat sintakties en semanties eenders is as die Afrikaanse sin. Verkeerde fonologiese oordragte het ook verwarring veroorsaak en betekenis verduister. Die probleme van die tweedetaal-deelnemers is moontlik as gevolg van (i) onvoldoende vertroudheid met figuurlike taal, (ii) onvermoë om figuurlike taal te interpreteer, en/of (iii) onvoldoende vaardigheid in Afrikaans. Pedagogiese implikasies en aanbevelings word bespreek, en kommentaar word gelewer oor verdere ondersoek op hierdie gebied.
7

The classificatory system of human features in Sesotho

Mokhokhoba, Mamotheba Mataelo. 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The classificatory system for features of humans in Sesotho has been investigated to show the unique nature of such human features. There are various models to handle the lexicon of a language and one of these models has been applied to Sesotho, i.e. the theory of the Generative lexicon. In chapter one attention has been given to the purpose of the study as well as various problems within lexical semantics such as lexical ambiguity. Chapter two is concerned with the theory of lexical semantics in which attention has been given to the various levels of representation of a noun in the lexicon. A representation has been given of the semantic entry of a noun in the Sesotho lexicon. Chapter three has the core of the study which investigates the semantic features of human nouns in Sesotho. Various semantic categories have been found within which such human nouns may be classified. The major categories contain nouns of humans with various physical and psychological features as well as nouns with features of various types of behaviour and features of wealth vs. poverty. Chapter four contains the conclusions of the study. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die klassifikasie sisteem vir kenmerke van mense in Sesotho is ondersoek met die oog op die unieke aard van sulke menslike kenmerke. Daar is verskillende modelle om die leksikon van 'n taal te hanteer en een van hierdie modelle is toegepas op Sesotho, d.i. die teorie van die Generatiewe leksikon. In hoofstuk een is aandag gegee aan die doel van die studie asook verskeie probleme binne die leksikale semantiek waaronder leksikale dubbelsinnigheid. Hoofstuk twee handeloor die teorie van leksikale semantiek waarin aandag gegee is aan die verskillende vlakke van representasie van 'n naamwoord in die leksikon. 'n Voorstelling is gegee van die semantiese representasie van 'n naamwoord in die Sesotho leksikon. Hoofstuk drie bevat die kern van die studie wat handeloor semantiese kenmerke VIr naamwoorde wat mense aandui. Verskeie kategorieë is gevind waarin sulke naamwoorde tereg kom. Die belangrikste kategorieë bevat naamwoorde van mense met verskillende fisiese en psigologiese kenmerke asook naamwoorde wat dui op gedragspatrone en rykdom teenoor armoede. Hoofstuk 4 bevat die konklusies van die studie.
8

Uhlalutyo lwee-akhawunti zopolitiko emzantsi Afrika

Dantile, Julius Jabavu Thami 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This study examines the effectiveness and inducement of political rhetoric in South African context. Political discourse has become more significant in South Africa since the sanction of a democratic political dispensation. This study is motivated by the events occurred as from 1998, which demand accounts from those implicated. Comments and reactions pertaining to events such as the Pan Africanist Congress (PAC)- led land grabbing in BredeII, near Kempton Park, Gauteng; the Youth Day incident -16 June 2001; the ongoing tug-of-war between the ANC and its ally, Congress of South African Trade Unions (Cosatu) over strategic government policies; and Tony Yengeni's advertised refutation of getting kickbacks from the 'Arms Deal', have been the main focus of this study. These accounts have made it possible to apply Benoit's (1995) integrated image restoration strategies theory, which he developed from a variety of theories developed to understanding why certain utterances are made in certain contexts. The fundamental approach to developing Benoit's integrated theory originates from a constant interest by linguists and communication theorists in particular, and social psychologists in general, to understanding the dynamics of politeness in social context. Chapter 2 of this study presents a theoretical background to the development of politeness theory. Chapter 3 summarises the development of integrated image restoration strategies theory in public and social contexts. Chapter 4 deals with the application of Benoit's integrated image restoration strategies theory through the critical analysis of the abovementioned accounts from a weekly Internet publication, ANC Today, vol 1, no: 1, 2001, which serve as a platform for the ANC to counteract the pervasiveness of political scandal in South African politics. Tony Yengeni's newspaper advertisement was of great interest as it was the first independent and personally paid public statement by a South African politician since the new democratic dispensation. Through the critical analysis of these accounts, it has been found that South African politicians do make public statements implementing defensive and persuasive strategies in order to protect or restore their images. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die doeltreffendheid van die uitoefening van politieke retoriek in die Suid-Afrikaanse konteks. Politieke diskoers het toenemend meer betekenisvol geword sedert die invoer van 'n demokratiese bestel. Hierdie studie is gemotiveer deur die politieke diskoers oor gebeure wat sedert 1998 plaasgevind het, waarvoor die geïmpliseerde persone verduidelikings moes aanbied. Kommentaar en response rakende gebeurtenisse soos die Pan-Afrika Kongres grondbesettings in BredeII, naby Kempton Park, Gauteng; die Jeugdag insident op 16 Junie 2001, die voortgaande dispuut tussen die ANC en sy vennoot, Kongres van Suid- Afrikaanse Werkers Unie (COSATU) oor strategiese regeringsbeleid; en Tony Yengeni se ge-adverteerde weerspreking van bevoordeling uit die Wapenkontrakte, vorm die hooffokus van hierdie studie. Hierdie verduidelikings is ondersoek deur die toepassing van Benoit (1995) se geïntegreerde beeld-herstel strategieë teorie, wat ontwikkel het vanuit 'n verskeidenheid teorieë ontwikkel om te verstaan waarom bepaalde uitinge in bepaalde kontekste gemaak word. Die grondliggende benadering in die ontwikkeling van Benoit se teorie het as oorsprong die belangstelling van taalkundiges en kommunikasie-teoretisie in die besonder, en sosiaal-sielkundiges in die algemeen, om die dinamika te verstaan van beleefdheid in sosiale konteks. Hoofstuk 2 van hierdie studie bied die teoretiese agtergrond van die ontwikkeling van beleefdheidsteorie. Hoofstuk 3 gee 'n opsomming van die ontwikkeling van geïntegreerde beeld-herstel teorie in openbare en sosiale kontekste. Hoofstuk 4 doen 'n toepassing van Benoit se beeld-herstel strategieë teorie deur die kritiese analise van die bogenoemde verduidelikings vanaf die Weeklikse Internet bulletin, 'ANC Today' vol. 1 no. 1, 2001, wat as 'n mondstuk dien vir die ANC om 'n teenstand te bied teen die algemeenheid van politieke skandaal in Suid-Afrikaanse politiek. Tony Yengeni se koerantadvertensie het groot belangstelling uitgelok omdat dit die eerste onafhanklike en persoonlik-betaalde openbare verklaring was wat deur 'n Suid-Afrikaanse politikus gemaak was sedert die instellingvan die demokratiese bestel. Deur die kritiese analise van hierdie verduidelikings is bevind dat Suid-Afrikaanse politici openbare verklarings maak waarin hulle verdedigende en oorredende strategieë implementeer ten einde hul beeld te beskerm en te herstel. / USHWANKATHELO : Olu phando luphonononga ukusebenziseka nokukhuthazeka kokusetyenziswa kobuciko bezopolitiko kwimeko yaseMzantsi Afrika. Idiskhosi yezopolitiko ithande ukubaluleka eMzantsi Afrika ukusukela ngokumiselwa kwenkqubo yolawulo ngedemokrasi. Olu phando lukhuthazwe ziziganeko ezenzeke ukusukela ngo-1998 nezinyanzelise ukunikwa kweeakhawunti ngabo bachaphazelekayo. lintetho neempendulo ezayamene neziganeko ezinjengokurhwaphilizwa komhlaba ngabantu abakhokelwe ngamalungu aphambili e-Pan Africanist Congress (PAC) eBredell ngaseKempton Park, eRhawuntini; isiganeko soSuku loLutsha - 16 Juni 2001; ukuxambulisana phakathi kwe-African National Congress (ANC) kunye nehlakani layo i- Congress of South African Trade Union (Cosatu) ngezicwangciso-nkqubo; kunye nentengiso kaTony Yengeni yokuphika ukufumana izinyobo kuThengo Iwezixhobo, zibe ngumxholo ophambili wolu phando. Ezi akhawunti zenze kukwazeke ukusebenzisa ithiyori ehlangeneyo yobugcisa bokubuyekeza umfanekiso kaBenoit (1995) nayiphuhlise kwiithiyori ezahlukeneyo ezaphuhliselwa ukuqonda kuba kutheni kusenziwa iintetho ezithile ngokweemeko ezithile. Esona siseko singumvulandlela ekuphuhlisweni kwale thiyori kaBenoit sivela kumdla osoloko ukho kwiingcali zolwimi nezonxibelelwano, kunye neesayikholojisti zasekuhlaleni wokufuna ukuqonda ubuchukubhede ngentlonelo kwimeko yasekuhlaleni. Isahluko 2 solu phando sinika imvelaphi yethiyori yokuphuhliswa kwethiyori yentlonelo. Isahluko 3 sishwankathela ukuphuhliswa kwethiyori yobuyekezo lomfanekiso kwimeko yasesidlangalaleni neyasekuhlaleni. Isahluko 4 sijongene nokusetyenziswa kwethiyori yobuyekezo lomfanekiso kaBenoit ngohlalutyo Iwee-akhawunti ezixelwe apha ngentla, nezivela kupapasho Iweveki olukwi-Internet, ANC Today, vol 1, no: 1, 2001 nesebenza njengeqonga le-ANC lokunika izimvo ngeziganeko namanyundululu ezopolitiko eMzantsi Afrika. Intengiso kaTony Yengeni kumaphephandaba yatsala amehlo nanjengoko ibe kokuqala ukwenziwa kwengxelo eloluhlobo ngumpolitiki kweloMzantsi Afrika kweli lixa ledemokrasi. Ngohlalutyo Iwezi akhawunti, kufumaniseke ukuba abapolitiki boMzantsi Afrika bayazenza iingxelo neentetho ezisebenzisa ubugcisa bokuzikhusela nobolukuhlo ngeenjongo zokuzikhusela okanye ukubuyekeza umfanekiso wabo.
9

A theoretical model for a Yipunu-English-French explanatory dictionary of medical terms

Mihindou, Guy-Roger 04 1900 (has links)
Thesis (DLitt)--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: The dissertation proposes a theoretical model of a dictionary which will include three languages, namely French, Yipunu and English in a specific field of medicine. The decision to compile such a dictionary was motivated by the desire of the Gabonese government to promote local languages. The necessity also exists for Gabon, like other African countries, to build a constant and total awareness among the communities on issues relating to health as a process for self education in an attempt to reduce the spreading of diseases of which medication is costly for the government. The compilation of the dictionary demands not only a dictionary plan but also a sound theoretical knowledge in lexicography as the discipline regarding dictionary compilation. The title of the dissertation alone requires that notions like theory, model, explanation, dictionary, medicine and terminology need to be explained in detail; this is done in Chapter 1. Chapter 2 focuses on the medical background in Gabon with specific attention to the medical infrastructures of the country. As AIDS and malaria are the most deadly pandemics in Gabon, special attention is given to them as well as the notion of health in both western and African ways. Chapter 3 discusses various theoretical issues of the lexicographic process, from data acquisition to its distribution, with particular attention to the interdisciplinary environment prevailing in Gabon. Chapter 4, the frame structure, contains metalexicographic structural components of the dictionary and their classification, where the central list as principal part of the dictionary is no longer the only venue for data accommodation within the dictionary but is complemented by a variety of outer texts. Attention is also given to the role of various functions such as the knowledge-orientated function and the communication-orientated function. Chapter 5 presents both the macro- and the microstructure as the core structures of the dictionary. It introduces a hybrid type of macrostructure with a thematic arrangement mingled with a straight alphabetical macrostructure. The different themes to be included in the FYEDMT are arranged alphabetically as topic of themes section. The lemmata included in each topic as article stretch are also alphabetically organized. The microstructure introduces a new type of article: the amalgamated dictionary article, in which three individual articles are combined. This new type of article gives the user three distinctive search areas with French being the language of lemmatisation and Yipunu the first target language and English the second. Chapter 6 develops the guide structure constituted by the access structure (to help the user by presenting various devices and different venues of data for better consultation), the addressing structure (help the user by means of data coordination) and the mediostructure (direct the user to specific slots of the dictionary). / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die proefskrif bied 'n teoretiese model van 'n woordeboek in 'n spesifieke veld van die medisyne wat in drie tale aangebied word, naamlik Frans, Yipunu en Engels. Die besluit vir die opstel van so 'n woordeboek is gemotiveer deur die wens van die Gaboenese regering om plaaslike tale te bevorder. Die noodsaaklikheid bestaan vir Gaboen, soos ook ander Afrikalande, om 'n konstante en totale bewustheid oor gesondheid tussen die gemeenskappe te vestig as 'n proses van selfopvoeding in 'n poging om die verspreiding van siektes wat die regering baie geld kos, te verminder. Die samestelling van die woordeboek vereis nie slegs 'n woordeboekplan nie maar ook 'n deeglike teoretiese kennis van leksikografie as die dissipline gerig op die samestelling van woordeboeke. Die titel van die proefskrif vereis reeds 'n presiese bekendstelling van begrippe soos teorie, modelle, verduidelikings, woordeboeke, medisyne en terminologie; dit is die doel van hoofstuk 1. Hoofstuk 2 fokus op die mediese agtergrond in Gaboen met spesiale aandag aan die mediese infrastrukture in die land. Aangesien MIV/VIGS en malaria dodelike pandemies in Gaboen is, word spesiale aandag hieraan gewy, asook aan gesondheidsgebruike in die Weste en Afrika. Hoofstuk 3 bespreek verskeie teoretiese aspekte van die leksikografiese proses, vanaf data-insameling tot dataverspreiding, met besondere aandag aan die interdissiplinêre omgewing wat tans in Gaboen bestaan. Hoofstuk 4, die raamstruktuur, bevat metaleksikografiese struktuur-komponente en die klassifikasie van die woordeboek, waar die sentrale lys die belanggrikste deel van die woordeboek is maar nie langer die enigste plek vir die data-aanbod nie maar wat aangevul word deur ’n verskeidenheid buitetekste. Aandag is ook gegee aan die rol van verskeie funksies, byvoorbeeld die kennis- en kommunikasie-gerigte funksie. Hoofstuk 5 bied beide die makro- en mikrostruktuur as die kernstrukture van die woordeboek. Dit stel 'n hibriede tipe makrostruktuur bekend met ’n tematiese ordening gemeng met 'n alfabetiese makrostruktuur. Die verskillende temas wat ingesluit word in die 'FYEDMT' word gerangskik volgens die opskrifte van die lemams. Die lemmas in elke onderwerp is ook alfabeties. Die mikrostruktuur stel in nuwe tipe artikel bekend: die geamalgameerde woordeboekartikel met 'n kombinasie van drie individuele artikels. Hierdie nuwe tipe artikel gee die gebruiker drie duidelike soek-gebiede met die lemmas in Frans, Yipunu die eerste doeltaal en Engels die tweede doeltaal. Hoofstuk 6 ontwikkel die gidsstruktuur wat deur die toegangstruktuur gekonstitueer is (om die gebruiker te help deur verskeie middele en verskillende gebiede van data aan te bied vir beter konsultasie), die adresseringstruktuur (help die gebruiker met data-koördinasie) en die mediostruktuur (lei die gebruiker na spesifieke plekke in die woordeboek).
10

Effects of the second language on the first : investigating the development of 'conceptual fluency' of bilinguals in a tertiary education context

Oostendorp, Marcelyn Camereldia Antonette 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the effect of the increased use of a second language (L2) (English) as language of teaching and learning on the bilingual individual in a specific bilingual higher education context. The specific interest is in the development of conceptual fluency, and the role that bilingualism and the increased exposure to an L2 in a teaching and learning context plays in such development. In order to serve the interest of the study, the theoretical framework includes theories developed in language and cognition, bilingualism and cross-linguistic influence. The theoretical stance that is taken in this thesis is one that: recognises that bilingual individuals cannot be expected to exhibit the same kind of linguistic and conceptual knowledge as monolinguals, investigates the possibility that language can affect certain aspects of cognition, acknowledges that bilingual individuals themselves can contribute to the knowledge about the bilingual mind. The participants in the study are L1 speakers of Afrikaans who finished their secondary schooling in Afrikaans. At university they are increasingly exposed to more English as language of teaching and learning than in previous formal education. The effects of the increased use of English on conceptual fluency, academic achievement and self-perception of language proficiency were investigated. The study used university records, language tests and interviews to collect data. No concrete evidence could be found that English has a significantly positive or negative effect on 'conceptual fluency', academic achievement or self-perception of language proficiency. The study however provided valuable information about how bilinguals use the languages they have in their repertoires. The findings from the study suggest that increased exposure to an L2 leads to a unique form of language competence. This 'multi-competence' enables the participants in the study to use both languages in the understanding and learning of concepts in their respective fields of study. Thus this dissertation provides evidence that bilinguals can transfer knowledge and skills between the languages they know. Theories developed by Cook (1999, 2003) and Jarvis and Pavlenko (2008), that suggest transfer is bidirectional, is partly supported by the findings of the study. The study has various implications for the field of bilingualism in education. It illustrates how a multilingual context such as the one we have in South Africa complicates the use of certain methodologies and theoretical frameworks. This also means that models of bilingual education designed elsewhere cannot be implemented in the South African context without considered modification. / AFRIKAANSE OPSOMMING : Hierdie studie het die effek van die toenemende gebruik van Engels (tweede taal) as medium van onderrig, op die tweetalige individu in 'n spesifieke tweetalige hoër onderwys konteks probeer peil. Die spesifieke belangstelling is in die ontwikkeling van konseptuele vlotheid en die rol wat tweetaligheid en die toenemende blootstelling aan 'n tweede taal (T2) in 'n onderrig en leer konteks speel in sodanige ontwikkeling. Om die belangstelling van die studie te dien, sluit die teoretiese raamwerk teorieë oor taal en kognitiewe vaardighede, tweetaligheid, en kruislinguistiese taal invloed in. Die teoretiese standpunt wat in die tesis geneem word, is een wat: erken dat tweetalige individue nie noodwendig dieselfde talige en konseptuele kennis as eentaliges vertoon nie, die moontlikheid ondersoek dat taal sekere aspekte van kognisie kan beïnvloed, en erken dat tweetalige individue kan bydra tot kennis oor die tweetalige denke. Die deelnemers aan die studie is eerstetaal sprekers van Afrikaans wat hulle sekondêre skoolloopbaan in Afrikaans voltooi het. In hulle universiteitsopleiding word hulle toenemend blootgestel aan meer Engels as taal van leer en onderrig as in hul vorige formele opleiding. Spesifiek is die effek van die gebruik van Engels op die Afrikaanse 'konsepsuele vlotheid', algehele akademiese prestasie en self-persepsie ondersoek. Die studie het universiteitsrekords, taaltoetse en onderhoude gebruik om data in te samel. Geen konkrete bewyse kon gevind word dat die gebruik van Engels, enige van die aspekte beduidend negatief of positief beïnvloed nie. Die studie het egter waardevolle inligting verskaf oor hoe tweetaliges die tale tot hul beskikking gebruik, en het ook bewyse gelewer dat toenemende blootstelling aan die tweede taal, 'n unieke vorm van taalvaardigheid tot gevolg het. Hierdie "multi-vaardigheid" het tot gevolg dat die deelnemers aan die studie toenemend beide tale gebruik in die leer en verstaan van konsepte in hul onderskeie studievelde. Die studie het ook ondersteuning gebied dat tweetaliges kennis en vaardighede kan oordra tussen die tale wat hulle ken. Teorieë wat deur Cook (1999, 2003) en Jarvis en Pavlenko (2008) ontwikkel is, wat voorstel dat oordrag bi-direksioneel is, word dus gedeeltelik ondersteun deur die studie. Die studie het verskeie implikasies vir die terrein van tweetaligheid in opvoedkunde. Dit illustreer hoe 'n veeltalige konteks soos ons dit in Suid-Afrika vind, die gebruik van sekere metodologieë en teoretiese raamwerke kompliseer. Dit beteken ook dat huidige modelle van tweetalige onderrig wat elders ontwikkel is nie sonder meer gebruik kan word in die Suid-Afrikaanse konteks sonder om dit aan te pas nie.

Page generated in 0.5548 seconds