• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 52
  • 24
  • 3
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 84
  • 84
  • 82
  • 55
  • 23
  • 23
  • 22
  • 19
  • 16
  • 16
  • 16
  • 15
  • 14
  • 13
  • 11
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
11

Managing linguistic diversity in literacy and language development : an analysis of teachers' attitudes, skills and strategies in multilingual Kenyan primary school classrooms

Nyaga, Susan Karigu 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates teachers' language practices in multilingual classrooms with regard to their attitudes, skills and strategies in their management of linguistic diversity among learners in their first year of primary school. Both the critical interpretive theoretical paradigm adopted and the qualitative research approach employed in the execution of the study presupposed gathering rich data, which a case study design of research assured. The data for the study was gathered from four year one classrooms purposively selected based on parameters that were deemed of interest in this study. These included, but were not limited to, the location of the school, the linguistic diversity among learners in the classrooms and the literacy traditions of the first languages spoken by the learners in the target classrooms. Although the specific context provided real input to the study, the findings may be relevant to language-in-education issues in many other African countries, and even in multilingual communities beyond. The study reveals yawning discrepancies between language policy and practice; between teachers' beliefs about linguistic diversity and their actual language behaviour in the classrooms; and between the definitions of mother tongue provided by the Ministry of Education and teachers' re-interpretations of these definitions in the various contexts studied. The study further indicates that teachers are working in an environment that is not supportive of effective policy implementation. This very limited policy implementation support is reflected in teacher training and preparation, teacher placement criteria, text book production and school examinations. This study indicates that even a sound understanding of linguistic diversity among teachers and their best intentions to give learners a sound foundation, is only the beginning of literacy development of young learners in Kenya. It recommends a new and incisive look at critical aspects of the education system in an effort to synchronise the different levels at which policy and practice need to meet. Various well-informed choices need to be made in the creation of a supportive environment for effective policy implementation. This should include among other things a change in the language-in-education policy to move away from early-exit to late-exit mother tongue education, and more first language maintenance in bilingual or multilingual classrooms. If learners are to benefit from mother tongue instruction in line with current research in the field, much needs to be done. Based on the insights gained in this study, a revision of teacher education curricula to include the management of linguistically diverse learners and improved language awareness is suggested, as is flexible curriculum delivery, scrapping of formal examinations in the early years and introduction of alternative assessment methods in these levels. In later years, bilingual (in some cases even multilingual) tests are bound to lower the drop-out rate and produce more understanding and less rote learning. The aim should be to assure multilingual, multiliteracy development and academic achievement for all learners regardless of their particular linguistic backgrounds. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek onderwysers se taalpraktyke in veeltalige klaskamers ten opsigte van hulle houdings, vaardighede en strategieë in die hantering van talige diversiteit onder leerders in hulle eerste jaar van primêre onderrig. Sowel die vertolkende teoretiese paradigma wat gevolg word as die kwalitatiewe navorsingsbenadering wat die studie aanneem, het daarop gereken dat ingesamelde data ryk sou wees aan inligting; die navorsingsontwerp, naamlik dié van gevallestudie, verseker die verkryging van sulke data. Die studie is gebasseer op inligting wat ingesamel is in vier klaskamers van leerlinge in die eerste skooljaar. Die betrokke navorsingsterreine is telkens doelbewus gekies op grond van die parameters wat belangrik was vir die studie. Dit sluit in, maar is nie beperk tot, die ligging van die skool, die talige diversiteit van die leerders in die klaskamers en die geletterdheidstradisies van die onderskeie eerstetale van die leerders in die geteikende klaskamers. Alhoewel hierdie spesifieke konteks verseker het dat die studie in 'n werklike situasie geanker is, is die bevindinge waarskynlik relevant tov taal-in-onderrig kwessies in verskeie ander Afrikalande, en selfs ook in veeltalige gemeenskappe elders. Hierdie studie onthul gapende ongerymdhede in die verhouding tussen taalbeleid en praktyk; tussen onderwysers se oortuigings rakende talige diversiteit en hulle werklike taalgebruik in die klaskamers; en tussen die omskrywings van moedertaal wat deur die Ministerie van Onderwys voorsien word en die onderwysers se herinterpretasie van hierdie omskrywings binne die verskillende kontekste wat ondersoek word. Die studie dui verder daarop dat onderwysers in ʼn omgewing werk wat nie die effektiewe implementering van beleid ondersteun nie. Sodanige beperkte ondersteuning in die implementering van die beleid word weerspiëel in die opleiding en voorbereiding van onderwysers, die plasingkriteria van onderwysers, die publikasie van handboeke en skooleksamens. Hierdie studie toon aan dat selfs 'n goeie begrip van talige diversiteit onder onderwysers en hulle beste voornemens om aan leerders ʼn vaste grondslag te bied, net 'n eerste tree is in die geletterdheidsontwikkeling van jong leerders in Kenia. Dit stel ʼn nuwe en indringende ondersoek van kritiese aspekte van die onderwyssisteem voor as ʼn poging om die verskillende vlakke waar beleid en praktyk mekaar behoort te ontmoet, te sinchroniseer. Verskeie goed ingeligte besluite sal geneem moet word in die skep van ʼn omgewing wat bevorderlik is vir effektiewe beleidimplementering. Dit sou onder andere ʼn verandering in die taal-in-onderwys beleid insluit om weg te beweeg van die vroeë wegbeweeg moedertaalonderrig na later wegbeweeg van moedertaalonderrig, sowel as meer instandhouding van die eerstetaal in twee- of veeltalige klaskamers. Vir leerders om baat te vind by moedertaalonderrig in oorstemming met huidige insigte uit navorsing in die veld, moet nog baie gedoen word. Gebaseer op die insigte wat in hierdie studie verkry is, word onder andere hersiening van die onderrigkurrikula vir onderwysers voorgestel sodat die hantering van talig-diverse groepe leerders asook verbeterde taalbewustheid daarby ingesluit is. Dieselfde geld ontwikkeling van buigbare kurrikula, die skrapping van formele eksaminering in die vroeë skooljare en die instelling van alternatiewe assesseringsmetodes op hierdie vlakke. In die later jare sal tweetalige (in sommige gevalle selfs veeltalige) toetse beslis die uitvalsyfer verlaag, asook meer begrip en minder leë memorisering tot gevolg te hê. Die doel moet wees om veeltalige, multi-geletterheidsontwikkeling en akademiese prestasie vir alle leerders te verseker ongeag hulle spesifieke talige agtergrond. / The African Doctoral Academy (ADA) at Stellenbosch University through the Partnership for Africa's Next Generation of Academics (PANGEA), for providing the funds
12

Linguistic strategies used in the construction of performance assessment discourse in the South African workplace

Jones, Tamiryn 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the construction of Performance Assessment Discourses in three companies in the Western Cape, South Africa. The specific interest of is in how Performance Assessment Interviews (PAIs) are performed in terms of content, form, structure and social practice, and how managers and employees experience and make sense of this organizational practice. The study further investigates how individuals express their membership to communities of practice (CofPs) within the workplace, and seeks to identify obstacles (boundaries) in terms of acquiring and maintaining membership. This study is conducted within the broader framework of discourse analysis (DA) and employs genre theory and small story analysis as analytical tools. The 31 participants in this study are managers and employees of three participating companies in the Western Cape. They are L1 speakers of Afrikaans, English, isiXhosa and isiZulu, and are representative of a wide range of employment levels (lower-level employees to top management). Each individual participated in either a one-on-one interview or in a focus group discussion, which were audio-recorded and transcribed. During these interviews and discussion groups, individuals frequently resorted telling small stories in order to explicate their feelings, perceptions and positions on certain matters. The data confirms that several generic features of PAIs are identifiable and across all three companies, but that some unique features are also reported. Furthermore, the analysis shows that Performance Assessments are sites of struggles as dominant and competing discourses emerge from the data. Additionally, the study reveals that acquiring membership to CofPs in a diverse workplace is a complex endeavour and that language plays a determining role in acquiring membership, as well as in the construction of workplace identities. In conclusion, this study argues for further linguistic research within professional setting in South Africa, and suggests that CofP theory be revised and further developed to be more descriptive of diverse communities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek hoe Prestasiebestuur (PB) diskoerse in drie maatskappye in die Wes-Kaap gekonstrueer word. Die studie stel spesifiek belang in hoe prestasiebestuur gesprekke (PBG) uitgevoer word in terme van inhoud, vorm, struktuur en die sosiale praktyke wat daarmee saamhang. Verder word die manier waarop bestuurders en werkers PBGs ervaar en interpreteer ondersoek. Die studie ondersoek ook hoe individue hul lidmaatskap tot praktyk gemeenskappe (verskeie groeperinge wat praktyke deel) binne die werksplek beskryf en die struikelblokke identifiseer wat hulle verhoed om lidmaatskap te verwerf en te behou. Hierdie studie is uitgevoer binne die breër raamwerk van diskoersanalise (DA) en gebruik genre analise en klein verhaal analise as ontledingsmetodes. Die 31 deelnemers in die studie is bestuurders en werkers van drie deelnemende maatskappye in die Wes-Kaap. Hulle is eerstetaalsprekers van Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe en is verteenwoordigend van ʼn wye reeks posisies (vanaf junior posisies tot topbestuur). Elke individu het deelgeneem aan óf ʼn individuele onderhoud óf ʼn groepsbespreking. Hierdie onderhoude en besprekings is opgeneem en getranskribeer. Tydens die onderhoude en besprekings het die deelnemers telkens van ‘klein verhale’ gebruik gemaak om hul ervaringe en gevoelens te verwoord. Die data bevestig dat verskeie generiese eienskappe in PBGs geïdentifiseer kan word in al drie maatskappye maar dat daar wel sommige unieke eienskappe voorkom. Verder wys die analise uit dat binne PBs daar baie teenstellings bestaan en dat daar dominante en mededingende diskoerse in die data geïdentifiseer kan word. Die studie wys ook dat lidmaatskap tot ʼn praktykgemeenskap in ʼn diverse werksomgewing ʼn komplekse onderneming is. Dit blyk ook dat taal ʼn bepalende rol speel in die verwerwing van lidmaatskap, sowel as die manier waarop professionele identiteit gekonstrueer word. Verdere navorsing in professionele kontekste binne ʼn linguistiese raamwerk word aanbeveel. Die waarde van klein verhaal analise om diskoerse in professionele kontekste te ondersoek word beklemtoon en voorstelle word gemaak oor hoe die konsep ‘praktykgemeenskappe’ verder ontwikkel kan word om dit meer relevant te maak in die Suid-Afrikaanse konteks. / The ADA for funding this study
13

Discourse strategies of lecturers in higher education classroom interaction : a case at the University Dar Es Salaam, Tanzania

Shartiely, Nikuigize Erick 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates how linguistic super diversity is managed in a higher education context in Tanzania. Specifically, the use of language in lectures to large classes made up of students with linguistically diverse backgrounds at the University of Dar es Salaam is in focus. Considering the multilingualism of the students as well as the lecturers, and a language-in-education policy, which prescribes English as the language of teaching and learning, the study is interested in the perceptions and practices of those teaching big numbers of students in large lecture halls. The data comprised eight recorded lectures and interviews with the respective lecturers. The intention was to identify, describe, document and analyse interactional strategies that lecturers use, particularly the discourse strategies that lecturers use in conveying new information at a relatively sophisticated level of academic rhetoric, and to facilitate interaction between them and students. With large numbers of students in the audience, and given that they are first year students new to the university-spoken register, lecturers are likely to make remarkable language choices consciously or unconsciously. Conversational Analysis (CA) and Discourse Analysis (DA) approaches facilitated the identification and analysis of conversational and discursive features of lectures as part of spoken registers that are generically used in university teaching. The analysis particularly considered the linguistic diversity of the participants in the higher education context in Tanzania and how lecturers use language to cater for such diversity. The sample involved eight lecturers, four from each of two departments regarded among those with the highest student numbers in the College of Arts and Social Sciences of the University of Dar es Salaam, namely the Department of Political Science and Public Administration and the Department of Sociology and Social Anthropology. The findings indicate that lecturers use a selected number of both propositional and structural discourse strategies during lecture sessions. The three most notable propositional discourse strategies are repetition, use of questions, and use of code switching between English and Kiswahili. Lecturers use phrasal and clausal types of repetition to achieve cohesion, topic continuity and emphasis. They use tag, rhetorical, open and closed types of questions to check for comprehension, to stimulate higher level thinking, to manage classroom behaviour as well as to encourage students' participation and independent study. They also use inter and intra sentential types of code switching to engage with students, to translate some concepts, explain, and manage students' behaviour and to advise or encourage students. Regarding structural discourse strategies, the study shows that lecturers notably use discourse markers so and now as cohesive devices, marking such textual functions as framing, linking and showing consequential relationships. They use the discourse markers so and now to achieve similar communicative goals as those achieved using propositional discourse strategies. In referring to themselves or their audience, they use specific pronouns you, we, and I, to perform different functions. They use the pronoun you not only as an interactive device, but also as an explanatory device of significance in classroom interaction. They use the pronoun we not only as a solidarity device, but like you, also as a strong explanatory device. They also use the pronoun I to mark speaker's knowledge and his or her stance about it, and speaker's circumstance and experience. This study not only describes generic features and language practices in big lectures; it also engages critically with some of the established practices and in so doing adds to the literature on individual and societal multilingualism and how lecturers manage it in an African higher education context. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie is 'n studie van die wyses waarop talige superdiversiteit binne 'n konteks van hoër onderwys in Tanzanië bestuur word. Meer spesifiek, word aandag gegee aan die gebruik van tale gedurende lesings vir groot klasse wat bestaan uit studente met talig diverse agtergronde. Met inagneming van die veeltaligheid van die studente sowel as die dosente, asook 'n taal-in-onderrig-beleid wat Engels as die taal van onderrig en leer voorskryf, stel die studie belang in die persepsies en praktyke van diegene wat groot getalle studente in groot lesinglokale onderrig. Die studie is kwalitatief dáárin dat dit gewerk het met 'n beperkte aantal opnames van lesings en van onderhoude met die dosente wie se klasse opgeneem is. Die bedoeling was om die mees opvallende interaksionele strategieë wat by die Universiteit van Dar es Salaam aangewend word, te identifiseer, te beskryf, te dokumenteer en ook te analiseer. Veral is gekyk na die diskoersstrategieë wat dosente gebruik om nuwe inligting op 'n redelik gesofistikeerde vlak van akademiese retoriek oor te dra, en om interaksie tussen die dosent en die studentegehoor te fasiliteer. Die generiese eienskappe van hierdie lesings is geïdentifiseer deur die hele reeks opnames na te gaan. Die groot getal studente in die gehoor en die gegewe dat hulle eerstetaalsprekers van 'n verskeidenheid verskillende gemeenskapstale is, sal dosente noodwendig, bewustelik of onbewustelik, interessante taalkeuses maak. Die feit dat beide Engels en Swahili amptelike tale in Tanzanië is, dat die meerderheid studente vlot sprekers van Swahili is, selfs al het hulle hulle hoërskoolonderrig deur die medium van Engels ontvang, lei tot die aannames dat (i) Swahili 'n sterk lingua franca tussen sprekers van verskillende eerstetale is, en (ii) voortgesette hoër onderrig deur die medium van Engels onproblematies behoort te wees. Die benaderings van Gespreksanalise (GA) en Diskoersanalise (DA) het die identifikasie en analise van gesprekseienskappe en diskursiewe eienskappe van lesings as deel van die gesproke registers wat generies in universiteitsonderrig gebruik word, gefasiliteer. Die analise het veral in die talige diversiteit van die deelnemers in die konteks van hoër onderrig in Tanzanië en in die wyse waarop die dosente vir hierdie diversiteit voorsiening maak, belanggestel. Die deelnemers aan hierdie studie was agt dosente, vier elk uit twee departemente met die hoogste studentetal by die Kollege van Kuns en Sosiale Wetenskappe van die Universiteit, naamlik die Departement Politieke Wetenskap en Publieke Administrasie en die Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie. Die bevindinge dui daarop dat dosente gereeld en generies 'n telbare aantal proposisionele en strukturele diskoersstrategieë gedurende lesings gebruik. Die drie mees opvallende proposisionele diskoersstrategieë is herhaling, die gebruik van vrae en die gebruik van kodewisseling tussen Engels en Swahili. Dosente gebruik frase- sowel as klousherhaling om kohesie, kontinuïteit van die onderwerp en klem te bewerkstellig. Hulle gebruik einddeel-, retoriese en oop en geslote tipe vrae om begrip te toets, om 'n hoër denkvlak te stimuleer, om die gedrag in die klaskamer te beheer, asook om die studente se deelname en onafhanklike studie aan te moedig. Hulle gebruik ook kodewisseling binne en tussen sinne ten einde nouer met die studente te skakel, sekere konsepte te vertaal, studente se optrede te verduidelik, te vertaal en te beheer en studente te adviseer of aan te moedig. Betreffende die strukturele diskoersstrategieë toon die studie aan dat die diskoersmerkers so en now wyd deur dosente gebruik word as kohesiemeganismes wat tekstuele funksies soos raming, skakeling en oorsaaklike verhoudinge aandui. Hulle wend die diskoersmerkers so en now aan om dieselfde kommunikatiewe doelwitte te bereik as dié wat bereik is met die gebruik van proposisionele diskoersstrategieë. In verwysing na hulleself of die toehoorders, span hulle spesifiek die voornaamwoorde you, we en I in om verskillende referensiële funksies of aanspreek funksies te verrig. Die voornaamwoord you word nie slegs as 'n interaktiewe meganisme gebruik nie, maar ook as 'n beduidende verklarende meganisme in klaskamer interaksie. Hulle gebruik die voornaamwoord we nie net as 'n samehorigheids-meganisme nie, maar ook, soos you, as 'n sterk verklarende meganisme. Hulle gebruik ook die voornaamwoord I om sprekerskennis te merk en sy/haar houding daaromtrent uit te druk, asook die spreker se omstandighede en ervaring. In die analise word aandag gegee aan relevante aspekte van tweetalige onderrig, die gebruik van Engels as 'n lingua franca, en die verskynsel van kodewisseling in akademiese diskoers binne 'n veeltalige onderrigkonteks. Die studie beskryf nie alleen generiese eienskappe en taalpraktyke in groot groep lesings nie; dit oorweeg ook sekere gevestigde gebruike in groot lesings dra daarmee by tot die literatuur oor invividuele en gemeenskaplike veeltaligheid en hoe dit hanteer word deur dosente in 'n hoër onderwyskonteks in Afrika. / The African Doctoral Academy (ADA) for awarding me a full scholarship for full time doctoral study; the financial assistance the University of Dar es Salaam furnished me with through the Directorate of Research and Publication.
14

Obligatory reflexivity in Afrikaans : a minimalist approach

Oosthuizen, Johan 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the phenomenon of obligatory reflexivity in Afrikaans. Despite a considerable literature on this phenomenon as it is reflected in other languages, the Afrikaans data have not received any systematic attention. Hence, a first major aim is to address this empirical gap. Secondly, informed by the Afrikaans data, the study aims to develop an analysis that can provide a conceptually adequate account for the facts, and that is amenable to extension beyond Afrikaans. The proposed nominal shell analysis (of obligatory reflexivity) (NSA) is developed within, on the one hand, the general framework of Minimalist Syntax and, on the other hand, the specific framework of proposals about word order and linearisation phenomena in Germanic languages worked out in, amongst others, Holmberg (2000), Biberauer (2003), Biberauer & Richards (2006), Biberauer & Roberts (2006), and Biberauer et al. (2009, 2011). The basic idea underlying the NSA is that two expressions which enter into an obligatory coreferential relationship are initially merged into a nominal shell structure headed by an identity focus light noun n. It is argued that the identity focus n belongs to a natural class of identificational elements which also includes a contrastive focus n, a presentational focus n, a possessor focus n, and a quantity focus n. In terms of the NSA, the identity focus n takes a reflexive pronoun as its complement, with such a pronoun being analysed as a syntactic compound that is derived by merging a category-neutral lexical root √PRON with a D constituent containing unvalued φ-features. This means, then, that a reflexive pronoun is defined in syntactic terms and not in terms of special lexical features. The reflexive is subsequently raised to the identity focus n – which forms the locus of the suffix -self associated with morphologically complex reflexive pronouns – where it is spelled out as part of the compound n that is derived in this manner. The antecedent expression is next merged as the specifier of the compound light noun, resulting in a configuration where the antecedent can value the φ-features of the reflexive, with the n serving as mediator. In this configuration, the φ-valued pronoun is semantically interpreted as an anaphor and the nominal expression in the specifier position of the nP as its antecedent; that is, the pronoun is interpreted as obligatorily coreferential with this nominal expression. The details of the NSA and its empirical and conceptual consequences are worked out with reference to six constructions in which reflexive pronouns can occur: verbal object constructions, prepositional object constructions, double object constructions, infinitival constructions, small clause constructions, and possessive constructions. Brief attention is also given to the possibility of extending the ideas underlying the NSA to (i) languages of the Southern Bantu family, where the reflexive element surfaces as a verbal affix, and (ii) two further types of construction in Afrikaans which seem amenable to such a nominal shell approach, namely floating quantifier constructions and expletive daar (“there”) constructions. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die verskynsel van verpligte refleksiwiteit in Afrikaans. Ten spyte van ’n aansienlike literatuur oor die realisering van hierdie verskynsel in ander tale, is daar nog geen sistematiese aandag gegee aan die Afrikaanse data nie. ’n Eerste hoofoogmerk van die studie is derhalwe om hierdie empiriese leemte te vul. ’n Tweede hoofoogmerk is om, in die lig van die Afrikaanse data, ’n analise te ontwikkel wat ’n konseptueel toereikende beskrywing en verklaring van die feite kan gee, en wat hopelik na ander tale uitgebrei kan word. Die voorgestelde nominale skulp-analise (van verpligte refleksiwiteit) (NSA) word ontwikkel binne, enersyds, die algemene raamwerk van Minimalistiese Sintaksis en, andersyds, die spesifieke raamwerk van voorstelle oor woordvolgorde en lineariseringsverskynsels in Germaanse tale soos uiteengesit in, onder meer, Holmberg (2000), Biberauer (2003), Biberauer & Richards (2006), Biberauer & Roberts (2006), and Biberauer et al. (2009, 2011). Die basiese idee onderliggend aan die NSA is dat twee uitdrukkings wat in ’n verhouding van verpligte koreferensie staan, inisieel saamgevoeg word in ’n nominale skulpstruktuur met ’n identiteitsfokus-ligte naamwoord n as hoof. Daar word geargumenteer dat hierdie n tot ’n natuurlike klas van identifikatoriese elemente behoort, waaronder ook ’n kontrasfokus-n, ’n presentasiefokus-n, ’n besittersfokus-n, en ’n kwantiteitsfokus-n. Volgens die NSA neem die identiteitsfokus-n ’n refleksiewe voornaam-woord as komplement, waar so ’n voornaamwoord ontleed word as ’n sintaktiese samestelling wat afgelei word deur die samevoeging van ’n kategorie-neutrale leksikale wortel √PRON met ’n D wat beskik oor ongewaardeerde φ-kenmerke. ’n Refleksiewe voornaamwoord word dus in sintaktiese terme gedefinieer en nie in terme van spesiale leksikale kenmerke nie. Die refleksief word vervolgens gehys na die identiteitsfokus-n – die lokus van die suffiks -self wat geassosieer word met morfologies komplekse relatiewe voornaamwoorde – waar dit uitgespel word as deel van die n-samestelling wat op dié manier afgelei word. Die uitdrukking wat as antesedent dien, word op sy beurt saamgevoeg as die spesifiseerder van die n-samestelling. Dit lei tot ’n konfigurasie waarin die antesedent waardes aan die φ-kenmerke van die refleksief kan toeken – via die n, wat dus as ’n tussenganger optree. In hierdie konfigurasie word die φ-gewaardeerde voornaamwoord semanties geïnterpreteer as ’n anafoor en die nominale uitdrukking in die spesifiseerderposisie van die nP as sy antesedent; met ander woorde, die voornaamwoord word geïnterpreteer as verplig koreferensieel met dié nominale uitdrukking. Die besonderhede van die NSA en die empiriese en konseptuele konsekwensies daarvan word uitgewerk aan die hand van ses konstruksies waarin refleksiewe voornaamwoorde kan voorkom: verbale-objekkonstruksies, preposisionele-objekkonstruksies, dubbelobjekkonstruksies, infinitiefkonstruksies, beknopte-sinkonstruksies, en besitskonstruksies. Daar word ook kortliks aandag gegee aan die moontlikheid om die idees onderliggend aan die NSA uit te brei na (i) tale van die Suidelike Bantoe-familie, waar die refleksiewe element voorkom as ’n verbale affiks, en (ii) twee verdere konstruksies in Afrikaans wat moontlik aan die hand van so ’n nominale skulp-benadering ontleed kan word, nl. swewende-kwantifiseerderkonstruksies en ekspletiewe-daar-konstruksies. / National Research Foundation (NRF)
15

Interrogating China’s approach to relations with sub-Saharan Africa in official documents (2000-2010) through critical discourse analysis

Ndenguino-Mpira, Hermanno 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: China‘s rise as an economic superpower has had important consequences for its relations with African countries over the past 10-15 years. Not only were these relations thoroughly reviewed and significantly increased, but China also adopted a new cooperation policy that its administration describes as being based on mutual benefits and win-win economic collaboration. However, there is a sceptical public opinion in Africa and also in some developed countries about China‘s current engagement with African countries, and in particular with countries from the sub-Saharan region. In fact, China is frequently accused of acting as a new colonizing power and of increasing its relations with African countries simply as a strategy to achieve higher power-politics status and to structure a new global economic order. The present study addresses the question of whether China‘s official discourse about its relations with sub-Saharan African countries from 2000 to 2010 contains any grounds for the sceptical public opinion mentioned above. In more concrete terms, the main objective of the study is to determine from a linguistic perspective, and more specifically from a critical discourse analysis point of view, whether there are any overt or covert messages of power and ideology in China‘s discourse to sub-Saharan African countries which could justify the sceptical public opinion about China‘s current engagement in this part of the continent . The texts representing China‘s discourse about its relations with sub-Saharan African countries that are examined for this study comprise official speeches, statements, and other related official documents delivered by Chinese officials in the period 2000-2010, and published in English on the websites of various institutions, including China‘s official websites. These texts are examined from within the framework of the Discourse-Historical Approach (DHA) as set out by, specifically, Wodak (2001a). The texts are analysed using the DHA three-dimensional procedure consisting of (i) identifying the Content(s) and Topic(s) of the specific discourse, (ii) investigating the discursive strategies used in the specific texts, and (iii) analysing the linguistic means and the specific context-dependent linguistic realizations. On the one hand, the analysis of the Discourse Topics indicates that the relations between China and sub-Saharan African countries are grounded in China‘s pluralist approach to international affairs. From this perspective, then, it could be argued that China‘s current engagement in sub-Saharan Africa does not warrant the sceptical public opinion mentioned earlier. On the other hand, however, the analysis of the discursive strategies used to represent China and sub-Saharan African countries, indicates that such sceptisism is likely warranted. The relations between China and African countries have predominantly been investigated from economic and political perspectives. However, the manner in which these relations are expressed, implied, negotiated, interpreted, distributed, etc. in discourse has not yet received any systematic attention. The present study was therefore undertaken to contribute, from a linguistic perspective, to the knowledge of and the debate about China‘s current engagement in Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: China se opgang as ‘n ekonomiese supermoondheid het belangrike gevolge gehad vir sy betrekkinge met Afrikalande oor die afgelope 10-15 jaar. China het hierdie betrekkinge deeglik hersien en beduidend uitgebrei, en het daarby ook ‘n nuwe samewerkingsbeleid aanvaar wat volgens sy administrasie gegrond is op wedersydse voordele en wen-wen ekonomiese samewerking. Daar is nietemin ‘n skeptiese openbare mening in Afrika en ook in sommige ontwikkelde lande oor China se huidige verbintenis met Afrikalande, en in die besonder met lande van die sub-Sahara streek. Trouens, China word gereeld daarvan beskuldig dat hy optree soos ‘n nuwe koloniale moondheid, en dat sy verhoogde betrekkinge met Afrikalande bloot ‘n strategie is om groter magspolitieke status te bekom en om ‘n nuwe globale ekonomiese struktuur daar te stel. Die huidige studie fokus op die vraag of China se amptelike diskoers oor sy betrekkinge met sub-Sahara Afrikalande vanaf 2000 tot 2010 enige gronde bied vir die genoemde skeptiese openbare mening. In meer konkrete terme, is die hoofoogmerk van die studie om vanuit ‘n taalwetenskaplike perspektief, en meer spesifiek vanuit die oogpunt van kritiese diskoersanalise, vas te stel of China se diskoers met sub-Sahara Afrika enige overte of koverte boodskappe van mag en ideologie bevat wat kan dien as regverdiging vir die skeptiese openbare mening oor China se huidige betrokkenheid in hierdie deel van die kontinent. In die studie word ‘n verskeidenheid tekste ontleed wat verteenwoordigend is van China se diskoers oor sy betrekkinge met sub-Sahara Afrikalande. Dié tekste sluit amptelike toesprake, verklarings en verwante dokumente van Chinese amptenare in wat gelewer is in die tydperk 2000-2010, en wat in Engels gepubliseer is op die webwerwe van verskeie instellings, insluitend China se amptelike webwerwe. Die tekste word ondersoek binne die raamwerk van die Diskoers-Historiese Benadering (DHB) soos uiteengesit in, spesifiek, Wodak (2001a). Die analise van die tekste volg die DHB se drie-dimensionele prosedure, wat die volgende inhou: (i) identifisering van die Inhoud(e) en Onderwerp(e) van die spesifieke diskoers, (ii) analise van die diskursiewe strategieë wat gebruik word in die spesifieke tekste, en (iii) analise van die talige middele en die spesifieke konteks-afhanklike talige realiserings. Aan die een kant dui die analise van die Diskoers Onderwerpe daarop dat die betrekkinge tussen China en sub-Sahara Afrikalande gebaseer is op China se pluralistiese benadering tot internasionale sake. Vanuit hierdie perspektief kan daar dus geargumenteer word dat China se huidige betrokkenheid in sub-Sahara Afrika nie gronde bied vir die skeptiese openbare mening wat hierbo genoem is nie. Aan die ander kant, egter, dui die analise van die diskursiewe strategieë wat aangewend word in die voorstelling van China en sub-Sahara Afrikalande daarop dat daar waarskynlik wel gronde is vir sulke skeptisisme. Die betrekkinge tussen China en Afrikalande is tot dusver merendeels vanuit ekonomiese en politieke perspektiewe ondersoek. Die wyse waarop sulke betrekkinge uitgedruk, geïmpliseer, onderhandel, geïnterpreteer, versprei, ens. word in diskoers, is egter nog nie sistematies ondersoek nie. Die huidige studie is gevolglik onderneem om, vanuit ‘n taalwetenskaplike perspektief, ‘n bydrae te lewer tot die kennis van en die debat oor China se huidige betrokkenheid in Afrika.
16

The discourse of liberation: the portrayal of the gay liberation movement in South African news media from 1982 to 2006

Mongie, Lauren Danger 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation reports on a study that straddles the applied linguistic fields of discourse analysis, critical discourse analysis and a sociolinguistic field recently referred to as “queer linguistics”. The study investigated the linguistic construction of gay mobilisation in South African media discourses across a period of almost 30 years. It aimed to identify characteristics of the Discourse that topicalised the gay liberation movement, considering specifically the linguistic means used in articulating on the one hand the need and the right to gay liberation, and on the other hand the public opposition to acknowledging gay rights. It invoked a social theory identified as ‘framing theory’ in analysing the different kinds of views, attitudes, social positions and arguments motivating for or agitating against the institution and protection of gay rights in post-apartheid South Africa. The project takes Critical Discourse Analysis (CDA), particularly its applications in considering features and functions of media discourses, as its primary theoretical framework. First, following the insistence of the Discourse-historical approach put forward by Wodak (1990), it gives an overview of the social and historical context against which the recognition of gay rights in South Africa developed. It follows the analytic methodology suggested by van Dijk (1985) in considering issues of ‘language and power’, and the ways in which the access of elites to media attention is drawn on to support and give credence to particular ideologies. Supplementary to the application of CDA methods, an analytic approach from the fields of Social Movement Theory and Collective Action Framing is introduced to make sense of the discursive strategies implemented in the Discourse thematically tied to the South African gay liberation movement, particularly from the early 1980s up to 2006. This period was marked by the movement’s pursuit of social mobilization. Attention went to the ways in which arguments for and against gay rights were instantiated in the media using a variety of different frames. Such analysis could disclose the extent to which the "anti-apartheid" master frame was utilised by actors of the gay liberation movement. Based on their circulation demographics, two local South African weekly newspapers, City Press and Mail & Guardian, were screened in order to identify articles and letters to the editor relevant to the gay liberation discourse. The full complement of published items topicalising homosexuality directly and indirectly were collected as two corpora in order to assess the ways in which they contributed to public discourses of gay liberation. Two analytic exercises were done: first, the content of the full data-set was “tagged” and categorised according to the textual nature of the newspaper item, and the kinds of frames used in its presentation; second, a number of articles and letters were selected from the corpora for detailed analysis that would illustrate the use of the various strategies and frames found to characterise the Discourse. The first more quantitative analysis provided an overview of patterns, trends and editorial practices typically used in the media representations. The second more qualitative analysis provided insight into the finer details of media presention of ideas aimed at affecting the knowledge and attitudes of the intended and imagined readers. The findings of these analyses were presented in terms of quantifiable results as well as detailed descriptions. In broad strokes, the quantifiable findings showed that the Mail & Guardian corpus was significantly more outspoken in advocating for gay rights than the City Press corpus, and that both publications frequently framed homosexuality in terms of “tolerance”, “religion” and “rights”. The quantifiable findings also showed that in their discourses of gay tolerance and gay rights, both the City Press and the Mail & Guardian made significant use of frames typically and widely used by the media in the discourse of political change at the time. The detailed analyses investigated the textual reproduction of the authors’ ideologies, drawing attention to their regular reliance on certain types of arguments used for and against gay rights in the selected newspapers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif lewer verslag oor ‘n studie wat die toegepaste taalwetenskapterreine van diskoersanalise en kritiese diskoersanalise asook ‘n sosiolinguistiese terrein wat sedert onlangs “queer-taalwetenskap” genoem word, betrek. In die studie word daar ondersoek ingestel na die linguistiese konstruksie van gaymobilisering in Suid-Afrikaanse mediadiskoerse wat oor ‘n tydperk van bykans 30 jaar strek. Die doel van die studie was om eienskappe van die Diskoers wat die gaybevrydingsbeweging topikaliseer te identifiseer, met inagname van spesifiek die taalkundige middele gebruik tydens die artikulering van die behoefte aan en die reg tot gaybevryding aan die een kant en die openbare weerstand teen die erkenning van gayregte aan die ander kant. Die analises van die verskillende standpunte, gesindhede, sosiale posisies en argumente ten gunste van of teen die instelling en beskerming van gayregte in post-apartheid Suid-Afrika beroep hulself op ‘n sosiale teorie wat as “ramingsteorie” (Engels: framing theory) geïdentifiseer is. Die projek neem kritiese diskoersanalise as hoof teoretiese raamwerk aan, veral kritiese diskoersanalise se toepassings in die oorweging van kenmerke en funksies van mediadiskoerse. Eerstens, deur die aandrang van die Diskoers-historiese benadering voorgestel deur Wodak (1990) te volg, word daar ‘n oorsig oor die sosiale en historiese konteks gegee waarin die erkenning van gayregte in Suid-Afrika ontwikkel het. Die analitiese metodologie voorgestel deur van Dijk (1985) word gebruik tydens die oorweging van kwessies rakende “taal en mag” asook wyses waarop sogenaamde “elites” se toegang tot media-aandag betrek word om geloofwaardigheid aan bepaalde ideologieë te verleen. Aanvullend tot die toepassing van kritiese diskoersanalise-metodes word ‘n analitiese benadering uit die terreine van Sosiale Bewegingsteorie en Kollektiewe Ramingsteorie betrek om sin te maak uit die diskursiewe strategieë wat (spesifiek van die vroeë 1980s tot 2006) geïmplementeer is in die Diskoers wat tematies aan die Suid-Afrikaanse gaybevrydingsbeweging verbind is. Hierdie tydperk is gekenmerk deur die beweging se nastrewing van sosiale mobilisering. Aandag is verleen aan die wyses waarop argumente ten guste van en teen gayregte geïnstansieer is in die media deur gebruik te maak van ‘n verskeidenheid rame. Só ‘n analise kan die mate waarin die “anti-apartheid” meesterraam deur spelers in die gaybevrydingsbeweging gebruik is, onthul. Gebaseer op hul oplaagdemografie is bydraes in twee Suid-Afrikaanse weeklikse koerante, City Press en Mail & Guardian gesif om artikels en briewe aan die redakteur relevant tot die gaybevrydingsdiskoers te identifiseer. Die vol getal gepubliseerde items wat homoseksualiteit direk en/of indirek topikaliseer, is as twee korpusse versamel om sodoende die wyses te ondersoek waarop hulle bydra tot openbare diskoerse van gaybevryding. Twee analitiese oefeninge is uitgevoer: eerstens is die inhoud van die volledige datastel geëtiketteer en gekategoriseer op grond van die teks-aard van die koerantitem en die tipe rame wat in die item se aanbieding gebruik is; tweedens is ‘n aantal artikels en briewe uit die korpusse geselekteer vir gedetailleerde analise wat die gebruik van verskeie strategieë en rame sou illustreer wat bevind is om kenmerkend van die Diskoers te wees. Die eerste, meer kwantitatiewe analise het ‘n oorsig gegee oor patrone, tendense en redaksionele praktyke wat tipies in die mediavoorstellings gebruik is. Die tweede, meer kwalitatiewe analise het insig gegee in die fyner besonderhede van mediavoorstelling van idees wat daarop gemik is om die kennis en gesindhede van die bedoelde en denkbeeldige lesers te affekteer. Die bevindinge van hierdie analises is in terme van kwantifiseerbare resultate asook gedetailleerde beskrywings aangebied. In breë trekke het die kwantifiseerbare bevindinge daarop gedui dat die Mail & Guardian-korpus beduidend meer uitgesproke as die City Press-korpus was in die bepleiting van gayregte, en dat beide koerante gereeld homoseksualiteit in terme van “toleransie”, “godsdiens” en “regte” geraam het. Die kwantifiseerbare bevindinge het ook aangetoon dat beide City Press en Mail & Guardian beduidend van rame gebruik gemaak het wat tipies en wyd in daardie stadium deur die media gebruik is in die diskoers van politieke verandering. Die gedetailleerde analises het ondersoek ingestel na die tekstuele reproduksie van die skrywers se ideologieë, en spesifiek die aandag gevestig op hul gereelde staatmaking op sekere tipes argumente wat in die geselekteerde koerante vir en teen gayregte gebruik is.
17

The role of input in the early trilingual acquisition of English, Afrikaans and isiXhosa

Potgieter, Anneke Perold 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The study investigates the acquisition of vocabulary and passive constructions by 11 four-year-old children simultaneously acquiring South African English, Afrikaans and isiXhosa in low socio-economic status areas in South Africa, with specific focus on the role that input plays in this process. Input is measured in terms of quantity of exposure (at the time of testing and cumulatively over time) and in terms of quality (as determined by the proficiency levels of the speaker(s) providing the input). Results revealed a significant positive correlation between input and proficiency levels in the case of all three the trilinguals’ languages. The interaction between these variables seems to be narrower at lower levels of input, and the effect of reduced quantity of exposure stronger in the case of lexical development than in grammatical development. The proficiency levels of the early developing trilinguals are furthermore compared to those of 10 age-matched monolingual controls for each language. Trilinguals are found to be monolingual-like in their lexical development in the language to which, on average, they have been exposed most over time, i.e. isiXhosa. Thus, as previously found for bilingual development, necessarily reduced quantity of exposure does not hinder lexical development in the input dominant language. Whilst the trilinguals lag behind monolinguals significantly in terms of lexical development in their languages of less exposure, no developmental delay is found in their acquisition of the passive, regardless of the language of testing. This is despite their lower lexical proficiency in English and Afrikaans and their lesser amount of exposure to all three their languages. Although the passive is considered a typically later-developing construction type across languages, research has shown it to be acquired earlier in Bantu languages (of which isiXhosa is an example) than in Germanic languages such as English and Dutch (from which Afrikaans stems). Consequently, the fact that the trilinguals do not exhibit delay in their acquisition of the passive, despite sometimes drastically reduced levels of input, is interpreted as evidence of cross-linguistic bootstrapping: trilinguals seem to be transferring their knowledge of the passive in isiXhosa to English and Afrikaans, enabling the earlier acquisition of this construction in the latter two languages. The study is the first on the trilingual acquisition of English, Afrikaans and isiXhosa by young children, and will hopefully encourage additional research on multilingual language acquisition within the African context. / AFRIKKANSE OPSOMMING: Die studie ondersoek die verwerwing van woordeskat en passiefkonstruksies deur 11 vierjarige kinders wat in lae sosio-ekonomiese areas in Suid-Afrika gelyktydig Suid-Afrikaanse Engels, Afrikaans en isiXhosa verwerf. Die fokus van die studie is op die rol van toevoer in hierdie spesifieke verwerwingsproses. Toevoer word gemeet in terme van hoeveelheid blootstelling (ten tyde van toetsing en kumulatief oor tyd heen) en in terme van kwaliteit (soos bepaal deur die vaardigheidsvlakke van die persone wat die toevoer verskaf). Die resultate toon ’n beduidende positiewe verhouding tussen toevoer en vaardigheidsvlakke in geval van al drie die drietalige kinders se tale. Die interaksie tussen hierdie veranderlikes blyk nouer te wees by laer vlakke van toevoer, en die effek van afname in hoeveelheid toevoer sterker in geval van leksikale teenoor grammatikale ontwikkeling. Die vaardigheidsvlakke van die jong ontwikkelende drietalige kinders is verder ook vergelyk met, in die geval van elkeen van die afsonderlike tale, díé van 10 eentalige sprekers van soortgelyke ouderdom. Die drietalige kinders vertoon soos eentaliges in terme van leksikale ontwikkeling in die taal waaraan hulle gemiddeld die meeste blootgestel is oor tyd heen, d.i. isiXhosa. Dus, soos vantevore bevind vir tweetalige ontwikkeling, vertraag noodwendig verminderde hoeveelhede toevoer nie leksikale ontwikkeling in die toevoer-dominante taal nie. Alhoewel die drietaliges in geval van hulle tale van minder blootstelling beduidend stadiger leksikale ontwikkeling toon as die eentaliges, is daar geen blyke van vertraagde ontwikkeling in terme van hulle verwerwing van die passief nie, ongeag die taal van toetsing ̶ dít ten spyte van hulle laer leksikale vaardigheidsvlakke in Engels en Afrikaans en verminderde toevoer in al drie tale. Die passief word oor tale heen beskou as ’n tipies laat-ontwikkelende konstruksietipe, maar navorsing het bewys dat dit tog vroeër verwerf word in Bantoetale (waarvan isiXhosa ’n voorbeeld is) as in Germaanse tale soos Engels en Nederlands (die taal waarin Afrikaans sy oorsprong het). Die feit dat die drietaliges nie vertraagde ontwikkeling toon in hulle verwerwing van die passief nie, ten spyte van soms drasties verminderde toevoer, word gevolglik beskou as bewyse van kruis-linguistiese ondersteuning (“bootstrapping”): die drietaliges blyk hulle kennis van die passief in isiXhosa oor te dra na Engels en Afrikaans, wat sodoende die verwerwing van hierdie konstruksie in laasgenoemde twee tale bespoedig. Die studie is die eerste oor die drietalige verwerwing van Engels, Afrikaans en isiXhosa deur jong kinders, en die hoop is dat dit sal lei tot verdere navorsing oor veeltalige taalverwerwing binne die Afrika-konteks.
18

An investigation of linguistic and cultural variation in the understanding and execution of academic writing tasks

Zybrands, Helena 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (General Linguistics))—University of Stellenbosch, 2007. / This study investigates the conceptualisation and execution of macro-textual features of academic writing of students in an EAP course. An assumption is that students have difficulties in producing academic writing. The study investigates participant’s conceptualisation of academic writing and compares it to what they do in constructing their own academic texts. It finds that there is a difference between what they say and what they do. Their focus is generally on micro-textual level, i.e. on the level of words, phrases and sentences, which masks difficulties on macro-textual level, i.e. on the discursive level of linguistic units larger than the sentence. Furthermore, the hypothesis that differences between English L2 students and English academic norms are culturally determined, is found to be much less valid than is mostly suggested in the literature that deals with rhetorical structure of English L2 writing.
19

The discourse marker mos in rural varieties of Afrikaans in the Western Cape: A descriptive study of syntactic patterns and pragmatic function

Jantjies, Wesley 12 1900 (has links)
Thesis (MA (General Linguistics))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis considers the linguistic item mos as it occurs in the speech of non-standard Cape Afrikaans speakers from the rural areas of the Western Cape, namely Montague, Worcester, Robertson, Touwsrivier, De Doorns, and Beaufort West. The syntactic and pragmatic properties of mos are described, as well as its prevalence in discourse in relation to particular social factors. Properties and functions of adverbs and discourse markers, as discussed by Ponelis (1985), Schiffrin (1987, 2001), and Fraser (1993, 1999, 2001), are applied to mos in terms of its syntactic characterisation as an adverb and as a discourse marker. The pragmatic analysis of mos is based on the analysis of discourse markers, such as you know in English, by Schiffrin (1987, 2001). With regard to the grammatical properties of mos, it was found that mos behaves much like an adverb in terms of syntactic distribution, yet it does not fulfil all the grammatical functions of an adverb, which is why it is being analysed as a discourse marker. The functions of mos as an adverb are restricted; mos does not perform the adverbial function of modifying verbs, adjectives, other adverbs, and prepositional phrases; rather, the entire proposition expressed by the utterance is modified or qualified by the use of mos. Its discourse marker functions follow from this property; discourse markers tend to retain the distributional properties of the syntactic category from which they are derived – in this case, the discourse marker mos is derived from the syntactic category of adverb. The position of mos within the sentence, both medial and final, is grammatically determined and has a grammatical relationship with other constituents in the sentence. This is similar for its function as adverb and as discourse marker. Mos is bound to the sentence structure, yet it may still be removed from the sentence without affecting grammaticality; however, in such an event the intended interpretation may not be as explicit. In analysing the discourse functions of mos, a number of pragmatic functions were identified: (i) mos indicates information as general knowledge and knowledge that should be known; (ii) it presents information as necessary in order for a narrative to be understood; (iii) it functions in the development of meta-knowledge in order to discover knowledge which the hearer has about a particular topic; (iv) it presents information which is to be interpreted as a causal or reason for a particular event or situation; (v) it presents a position or opinion in an argument which is to be regarded as fact; and (vi) it reveals logical relationships between two utterances. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis handel oor die linguistiese item mos soos dit in die spraak van nie-standaard Kaapse Afrikaanse sprekers in die landelike gebiede van die Wes-Kaap, naamlik Montague, Worcester, Robertson, Touwsrivier, De Doorns, en Beaufort-Wes voorkom. Die tesis beskryf die sintaktiese en pragmatiese eienskappe van mos, sowel as die effek van spesifieke sosiale faktore op die voorkoms daarvan in diskoers. Die eienskappe en funksies van bywoorde en diskoersmerkers, soos deur Ponelis (1985), Schiffrin (1987, 2001), en Fraser (1993, 1999, 2001) bespreek, word op mos toegepas in terme van sy sintaktiese karakterisering as bywoord. Die pragmatiese analise van mos is gebasseer op Schiffrin (1987, 2001) se analise van diskoersmerkers, byvoorbeeld you know ("jy weet") in Engels. Wat betref die grammatikale eienskappe van mos is daar gevind dat mos soos ‘n bywoord optree in terme van sintakties verspreiding. Dit vervul egter nie al die grammatikale funksies van ‘n bywoord nie; om daardie rede word dit as ‘n diskoersmerker ontleed. Die funksies van mos as ‘n bywoord is beperk; mos modifiseer nie werkwoorde, byvoeglikenaamwoorde, ander bywoorde, of preposisionele frases nie, maar dit modifiseer wel die algehele proposisie wat uitgedruk word deur die uiting. Die diskoersmerker-funksies volg vanuit hierdie eienskap. Diskoersmerkers is geneig om die sintaktiese gedrag van die sintaktiesie kategorie waarvan hulle afgelei is, te behou; in hierdie geval is die diskoersmerker mos afgelei vanaf die sintaktiese kategorie bywoord. Mos kan in die middel of aan die einde van die sin voorkom en sy posisie word grammatikaal bepaal. Dit is die geval vir beide sy funksie as bywoord en as diskoersmerker. Mos is verbind met die sinstruktuur (anders as ander diskoersmerkers), maar dit kan steeds uit die sin verwyder word sonder om grammatikaliteit te beïnvloed; die bedoelde interpretasie mag in so 'n geval egter minder eksplisiet wees. Met die analise van die diskoersfunksies van mos is ‘n aantal pragmatiese funksies geïdentifiseer: (i) mos dui inligting as algemene kennis aan of as inligting wat reeds bekend behoort te wees aan die gespreks genote; (ii) dit stel inligting as noodsaaklik tot die begrip van narratiewe voor; (iii) dit funksioneer in die ontwikkeling van meta-kennis; (iv) dit merk inligting weer wat as rede vir ‘n spesifieke gebeurtenis of situasie geïnterpreteer kan word; (v) dit dui ‘n posisie of ‘n opinie aan wat as feit aanvaar word in ‘n argument; en (vi) dit lê logiese verhoudings tussen uitings bloot.
20

Grammatical and socio-pragmatic aspects of conversational code switching by Afrikaans-English bilingual children

Nel, Joanine Hester 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The study reported in this thesis investigates the grammatical and socio-pragmatic characteristics of the conversational code switching (CS) of three Afrikaans-English bilingual children. The study was conducted by analysing spontaneous conversational CS, elicited during multiple play sessions. Three eight year old Afrikaans-English bilingual boys from Paarl in the Western Cape, with varying language backgrounds, participated in the study. Unstructured play sessions were audio and video recorded and transcribed. All three participants took part in one triadic conversational play session and in two dyadic play sessions. The thesis differentiates between the phenomenon of CS and related sociolinguistic phenomena such as borrowing and interference in order to facilitate a clearer classification of the different types of CS. The identification of the matrix language under the asymmetry principle is done by means of a quantitative analysis, while the grammatical characteristics of the children’s CS are qualitatively evaluated under Myers-Scotton’s Matrix Language Frame and 4-M models. The socio-pragmatic characteristics of the children’s use of intersentential CS are qualitatively evaluated by means of Conversation Analysis, in which the emphasis falls on turn taking and adjacency pair sequences as well as the negotiation of power relations. The study also aims to contribute towards a better understanding of children’s CS, not only in terms of insights into how CS manifests on the surface level of language production, but also in terms of why CS occurs on a deeper language processing and competence level. The general reasons for which the different types of CS occur, and the examination of which grammatical and/or socio-pragmatic difficulties may drive children to use specific types of CS are investigated, while also considering whether the context and the hidden meaning of an utterance have an influence on how and why CS takes place, and where each type of CS occurs. The study reveals that, in terms of characterising the types of CS that occur in the data, all four conversations provided proof of extrasentential, intrasentential and intersentential CS. A preference was observed for intrasentential single code switched forms and for intersentential CS, which occurs due to the negotiation of context, topic and theme. Such negotiation primarily occurs due to combinations and sequences of talk, self-talk, interaction, conversation, narration and role play. Although all types of CS occurred within the data in both Afrikaans and English forms, Afrikaans was identified as the matrix language of the corpus and the majority of the conversations. The asymmetrical occurrence of different morpheme types provides evidence for the two-system hypothesis, namely that Afrikaans and English occur as two different systems within the children’s brains and that language processing occurs by means of the allocation of different morphemes from both languages at the lexical and formulator level to produce language. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie wat in hierdie tesis gerapporteer word analiseer die grammatikale en sosiopragmatiese eienskappe van gespreks-kodewisseling by drie Afrikaans-Engelse tweetalige kinders. Die studie is uitgevoer deur spontane gespreks-kodewisseling, wat tydens veelvuldige speelsessies voortgebring is, te evalueer. Drie agt-jarige Afrikaans-Engelse seuns wat van die Paarl, in die Wes-Kaap, afkomstig is en verskillende taalagtergronde het, het aan die studie deelgeneem. Klank- en video-opnames is van die ongestruktureerde speelsessies gemaak en getranskribeer. Al drie seuns het aan een drietallige speelsessie asook twee tweetallige speelsessies deelgeneem. Die tesis onderskei tussen die fenomeen van kodewisseling en ander verwante sosiolingu stiese fenomene soos leenwoorde en taalkundige inmenging om klaarheid gedurende die klassifisering van die verskillende tipes kodewisseling te verskaf. Die identifisering van die matrikstaal van die korpus is deur middel van ’n kwantitatiewe analise volgens die asimmetriese beginsel geïdentifiseer. Die grammatikale eienskappe van die kinders se kodewisseling word kwalitatief deur middel van Myers-Scotton se Matrikstaal Raam en 4-M modelle ge valueer. Die sosio-pragmatiese eienskappe van die kinders se gebruik van intersententiële kodewisseling word kwalitatief ge valueer deur middel van gespreksanalise, waar die afwisseling van gespreksbeurte, die opeenvolging van aangrensende pare asook die onderhandeling van magsverhoudings tussen deelnemers beklemtoon word. Die studie beoog enersyds om by te dra tot 'n beter begrip van kinders se oppervlakkige taalproduksie in terme van kodewisseling en andersyds om beter insig te verkry in hoe kodewisseling op ’n dieper taalprosesserings- en taalkompetensie vlak plaasvind. Die algemene rede(s) vir die voorkoms van verskillende tipes kodewisseling, asook die ondersoek na watter grammatikale of sosio-pragmatiese moeilikhede verantwoordelik mag wees vir die tipes kodewisseling wat voorkom by kinders, word beklemtoon. Daar word ook in ag geneem of die konteks en weggesteekte betekenis van ’n uiting ’n invloed het op hoe en waarom asook waar kodewisseling sal plaasvind. Die studie toon dat, in terme van die karakterisering van verskillende tipes kodewisseling wat in die data voorkom, alle gesprekssessies bewyse van ekstrasentensiële, intrasentensiële en intersentensiële kodewisseling bevat. ’n Voorkeur vir intrasentensiële enkelwoordkodewisselingsvorms is opgemerk, asook ’n voorkeur vir intersentensiële kodewisseling wat plaasvind as gevolg van die onderhandeling tussen konteks, tema en onderwerp. Sulke onderhandeling is primêr gegrond op kombinasies en opeenvolging wat voorkom deur middel van praat, self-gerigte praat, interaksie, gespreksvoering, vertelling en rolspel. Alhoewel alle tipes kodewisseling in die data voorkom in beide Afrikaanse en Engelse vorms, is Afrikaans as die matrikstaal vir die korpus asook die meerderheid van die gesprekssessies ge dentifiseer. Die oneweredige voorkoms van verskillende morfeemtipes dien as ondersteuning vir die twee-sisteem hipotese wat aanvoer dat Afrikaans en Engels as twee aparte sisteme in ’n kind se brein voorkom en dat taalprosessering geskied deur middel van die toekenning van verskillende morfeme van beide tale op die leksikale en formuleringsvlakke van taalproduksie.

Page generated in 0.1157 seconds