• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 3
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Macrostructural and microstructural strategies to enhance reference quality of Thanodi ya Setswana

Mokone, Nickey Seroke 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2000 / ENGLISH ABSTRACT: Ineffective treatment procedures of lexical items and inadequate information in the macrostructure and microstructure reduce the value of the reference quality of Thanodi of Setswana. This prompted an attempt at suggesting improvements with regard to the treatment and information retrieval of lexical items. This dictionary is not consistent in its use of structural marketslreference symbols to mark vital lexicographic information and reference addresses. Homonyms are not given the comprehensive lexicographic treatment, that would enable the user to access all relevant linguistic and semantic information, Another shortcoming is the lack of the use of labels on some headwords in this dictionary. The treatment procedure given to synonyms in this dictionary fails to provide the relevant information that the user needs. There is a lack of semantic linking among synonyms, because of the inadequate use of cross-reference symbols and reference markers. Loan-words are not marked to indicate their linguistic origin and to recognise them as being part of the Setswana lexicon and conveying lexicographic information. The unavailability of usage notes as part of the treatment of Thanodi ya Setswana, reduces the reference quality of the dictionary as a source of linguistic information. The use of this semantic information as part of the definiens is important to avoid unclear lemma definitions. The treatment procedure given to certain lemmas in this dictionary, suggests that the space saving principle is ignored. There are repeated definitions in the articles of synonymous lemmas and this creates redundancy. It is suggested that synonymous lemmas be treated by a crossreference depending on their usage frequency. The more frequently used lemmas should be given full lexicographic treatment and the less frequently used lemmas be given a partial treatment. The treatment of nouns in this dictionary also reduces its reference quality. Singular nouns are lemmatized but plural nouns are not lemmatized, The exclusion of these plural nouns in the macrostructure of this dictionary disadvantages an inexperienced user, especially in cases where these plural forms are more frequently used than the singular forms. A strategy to lemmatize both singular and plural nouns can maximise the usefulness of the dictionary. There are sublexical lexical items that are part of the Setswana lexicon but are not lemmatized in this dictionary. These sublexicallexical items should be lemmatized to recognise their status as lexical items. The treatment procedure given to inflectional and deficient verbs is a cause for concern in this dictionary. Instead of semantic information being provided, a derivation process is shown in the dictionary's article. This poor treatment given to these lexical items, leads to other senses of the lemma being left out and not being found by the dictionary user. The suggested strategies in the treatment of lexical items and the making available of lexicographic information, would make this dictionary more user-friendly. With such improvements, this dictionary would benefit the dictionary user. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die waarde en kwaliteit van Thanodi ya Setswana word verminder deur oneffektiewe prosedures in die behandeling van leksikale items en onvoldoende informasie in die makro- en mikrostruktuur van die woordeboek. Hierdie tesis kan beskou word as 'n poging om verbeteringe voor te stel vir die behandeling van leksikale items en die inwin van informasie daaromtrent. Die woordeboek IS me konsekwent III sy gebruik van struktuurmerkers en verwysingsimbole ten einde belangrike leksikografiese informasie en verwysingsadresse te merk nie. Homonieme kry nie die volledige leksikografiese behandeling wat dit vir die gebruiker moontlik sou maak om alle relevante taalkundige en semantiese inligting te bekom nie. 'n Ander tekortkoming is die gebrek aan etikette by sommige lemmas in hierdie woordeboek. Die wyse waarop sinonieme in die woordeboek behandel word, is ook gebrekkig: dit verskaf nie die relevante inligting wat die gebruiker benodig nie. Daar IS onvoldoende inligting betreffende die semantiese verband tussen lemmas wat as sinonieme beskou word, vanwee die onvoldoende gebruik van verwysingsimbole en - merkers. Leenwoorde word nie gemerk ten einde hulle linguistiese oorsprong aan te dui, en duidelik te maak dat hulle deel van die Setswana leks ikon is nie. Daar is 'n gebrek aan aantekeninge of voorbeelde betreffende die gebruik van woorde en dit verminder die nut van Thanodi ya Setswana as naslaanwerk en bron van taalkundige inligting. Sulke semantiese inligting as deel van die definiens is belangrik omdat dit onduidelike definisies help voorkom. Die manier waarop sekere lemmas behandel word, maak dit duidelik dat die beginsel van die ekonomiese gebruik van spasie hier geignoreer is. Definisies in die artikels van sinonieme word telkemale herhaal, en dit lei tot oortolligheid. Daar word voorgestel dat sinonieme liewer behandel moet word by wyse van kruisverwysings, afhangende van hul gebruiksfrekwensie: lemmas wat meer dikwels gebruik word, behoort 'n volle leksikografiese behandeling te kry: die wat minder dikwels gebruik word, kan dan 'n gedeeltelike behandeling kry. Die wyse waarop selfstandige naamwoorde behandel word, verminder ook die verwysingskwaliteit van die woordeboek. Die enkelvoudvorme van selfstandige naamwoorde word gelemmatiseer, maar nie die meervoudvorme nie. Die weglaat van die meervoudvorme van selfstandige naamwoorde in hierdie woordeboeke benadeel die onervare gebruiker, veral in die lig van die feit dat sommige meervoudvorme meer dikwels gebruik word as die enkelvoudvorme. Deur meervoudvorme sowel as enkelvoudvorme te lemmatiseer, sal die waarde en nuttigheid van die woordeboek verhoog word. Voorts is daar sekere subleksikale leksikale items wat deel is van die Setswana leksikon, maar wat nie in hierdie woordeboek gelemmatiseer word nie. Sulke subleksikale items behoort gelemmatiseer te word, ten einde erkenning te gee aan hulle status as leksikale items. Die behandeling van infleksie-werkwoorde en "negatiewe" werkwoorde ("deficient verbs") in hierdie woordeboek is gebrekkig. Instede van semantiese informasie te verskaf, word slegs die afleidingsproses aangetoon. Die gebrekkige behandeling van hierdie leksikale items veroorsaak dat sekere betekenisse van die lemmas weggelaat word - betekenisse wat vir die gebruiker van die woordeboek relevant mag wees. Indien die voorgestelde strategiee in die behandeling van die leksikale items toegepas word, en meer leksikografiese inligting verskaf word, sal die woordeboek meer gebruikersvriendelik word. Dit sal ook van groter nut en waarde vir die gebruiker wees.
2

A theoretical model for a Yipunu-English-French explanatory dictionary of medical terms

Mihindou, Guy-Roger 04 1900 (has links)
Thesis (DLitt)--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: The dissertation proposes a theoretical model of a dictionary which will include three languages, namely French, Yipunu and English in a specific field of medicine. The decision to compile such a dictionary was motivated by the desire of the Gabonese government to promote local languages. The necessity also exists for Gabon, like other African countries, to build a constant and total awareness among the communities on issues relating to health as a process for self education in an attempt to reduce the spreading of diseases of which medication is costly for the government. The compilation of the dictionary demands not only a dictionary plan but also a sound theoretical knowledge in lexicography as the discipline regarding dictionary compilation. The title of the dissertation alone requires that notions like theory, model, explanation, dictionary, medicine and terminology need to be explained in detail; this is done in Chapter 1. Chapter 2 focuses on the medical background in Gabon with specific attention to the medical infrastructures of the country. As AIDS and malaria are the most deadly pandemics in Gabon, special attention is given to them as well as the notion of health in both western and African ways. Chapter 3 discusses various theoretical issues of the lexicographic process, from data acquisition to its distribution, with particular attention to the interdisciplinary environment prevailing in Gabon. Chapter 4, the frame structure, contains metalexicographic structural components of the dictionary and their classification, where the central list as principal part of the dictionary is no longer the only venue for data accommodation within the dictionary but is complemented by a variety of outer texts. Attention is also given to the role of various functions such as the knowledge-orientated function and the communication-orientated function. Chapter 5 presents both the macro- and the microstructure as the core structures of the dictionary. It introduces a hybrid type of macrostructure with a thematic arrangement mingled with a straight alphabetical macrostructure. The different themes to be included in the FYEDMT are arranged alphabetically as topic of themes section. The lemmata included in each topic as article stretch are also alphabetically organized. The microstructure introduces a new type of article: the amalgamated dictionary article, in which three individual articles are combined. This new type of article gives the user three distinctive search areas with French being the language of lemmatisation and Yipunu the first target language and English the second. Chapter 6 develops the guide structure constituted by the access structure (to help the user by presenting various devices and different venues of data for better consultation), the addressing structure (help the user by means of data coordination) and the mediostructure (direct the user to specific slots of the dictionary). / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die proefskrif bied 'n teoretiese model van 'n woordeboek in 'n spesifieke veld van die medisyne wat in drie tale aangebied word, naamlik Frans, Yipunu en Engels. Die besluit vir die opstel van so 'n woordeboek is gemotiveer deur die wens van die Gaboenese regering om plaaslike tale te bevorder. Die noodsaaklikheid bestaan vir Gaboen, soos ook ander Afrikalande, om 'n konstante en totale bewustheid oor gesondheid tussen die gemeenskappe te vestig as 'n proses van selfopvoeding in 'n poging om die verspreiding van siektes wat die regering baie geld kos, te verminder. Die samestelling van die woordeboek vereis nie slegs 'n woordeboekplan nie maar ook 'n deeglike teoretiese kennis van leksikografie as die dissipline gerig op die samestelling van woordeboeke. Die titel van die proefskrif vereis reeds 'n presiese bekendstelling van begrippe soos teorie, modelle, verduidelikings, woordeboeke, medisyne en terminologie; dit is die doel van hoofstuk 1. Hoofstuk 2 fokus op die mediese agtergrond in Gaboen met spesiale aandag aan die mediese infrastrukture in die land. Aangesien MIV/VIGS en malaria dodelike pandemies in Gaboen is, word spesiale aandag hieraan gewy, asook aan gesondheidsgebruike in die Weste en Afrika. Hoofstuk 3 bespreek verskeie teoretiese aspekte van die leksikografiese proses, vanaf data-insameling tot dataverspreiding, met besondere aandag aan die interdissiplinêre omgewing wat tans in Gaboen bestaan. Hoofstuk 4, die raamstruktuur, bevat metaleksikografiese struktuur-komponente en die klassifikasie van die woordeboek, waar die sentrale lys die belanggrikste deel van die woordeboek is maar nie langer die enigste plek vir die data-aanbod nie maar wat aangevul word deur ’n verskeidenheid buitetekste. Aandag is ook gegee aan die rol van verskeie funksies, byvoorbeeld die kennis- en kommunikasie-gerigte funksie. Hoofstuk 5 bied beide die makro- en mikrostruktuur as die kernstrukture van die woordeboek. Dit stel 'n hibriede tipe makrostruktuur bekend met ’n tematiese ordening gemeng met 'n alfabetiese makrostruktuur. Die verskillende temas wat ingesluit word in die 'FYEDMT' word gerangskik volgens die opskrifte van die lemams. Die lemmas in elke onderwerp is ook alfabeties. Die mikrostruktuur stel in nuwe tipe artikel bekend: die geamalgameerde woordeboekartikel met 'n kombinasie van drie individuele artikels. Hierdie nuwe tipe artikel gee die gebruiker drie duidelike soek-gebiede met die lemmas in Frans, Yipunu die eerste doeltaal en Engels die tweede doeltaal. Hoofstuk 6 ontwikkel die gidsstruktuur wat deur die toegangstruktuur gekonstitueer is (om die gebruiker te help deur verskeie middele en verskillende gebiede van data aan te bied vir beter konsultasie), die adresseringstruktuur (help die gebruiker met data-koördinasie) en die mediostruktuur (lei die gebruiker na spesifieke plekke in die woordeboek).
3

Metalexicographic criteria for a monolingual descriptive dictionary presenting the standard variety of Yipunu

Tomba Moussavou, Fatima 12 1900 (has links)
Dissertation (DLitt)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: The dictionaries available in the Gabonese languages are all translation dictionaries biased towards French and compiled by missionaries and colonial administrators. No proper monolingual dictionaries exist in the Gabonese languages. There is therefore a need for monolingual dictionaries in the Gabonese languages, particularly in Yipunu, one of the Bantu languages (B 43) spoken in the South of Gabon. Yipunu is a regional vehicular language or a major or majority language. Yipunu is a domestic language i.e spoken inside Bapunu communities or a mother tongue or first language and Yipunu is also taught as subject in the national educational system. As a response to this need, this dissertation proposes metalexicographic criteria for the compilation of a standard descriptive monolingual dictionary with special reference to Yipunu. The proposed model focuses primarily on the inclusion and the treatment of the standard variety of Yipunu and to a lesser degree on the other varieties. Such a model is directed at a dictionary primarily dealing with the needs of the average, educated members of the Yipunu speech community, the mother-tongue speakers, and also designed for experienced and advanced learners of Yipunu and their teachers. This study aims to point out how important standard descriptive monolingual dictionaries are in general and specifically in the case of African Bantu languages. This study also aims to highlight the importance for Gabonese lexicographers to adopt modern lexicographical principles in dictionary compilation such as the user-driven dictionary and the corpus-based dictionary. This model, although devised for Yipunu, will eventually serve as model for the design of standard descriptive dictionaries in all Gabonese languages. This study provides information about the content and the structures of such a dictionary and is structured as follows: Chapter 1 focuses on introducing and contextualising the research. It presents the linguistic situation in Gabon with reference to the status of Yipunu. It also shows the importance and the relevance of the research and gives the theoretical basis, methodology, hypotheses and objectives underlying the study. Chapter 2 criticises the lexicographic works in Yipunu in order to improve the quality of future Yipunu dictionaries and examines the major needs of Yipunu lexicography. Chapter 3 envisages some aspects of the standardisation of Yipunu. It targets the discussion at the level of the language analysis namely the phonology, the grammar, the dictionary and the orthography of Yipunu. Chapter 4 discusses the user perspective, which guides the dictionary compilation. It focuses on the user profile, user typologies and dictionary functions. The intended dictionary has a multifunctional character. Special attention is given to a pioneering survey of dictionary use among Gabonese students and to the discussion of the teaching of dictionary use in Gabon. Chapter 5 deals with the dictionary plan. Different aspects such as the style guide, the genuine purpose, the dictionary basis, data collection, the data collection policy, data collection methods and the corpus of the proposed dictionary are discussed Chapter 6 elaborates on the macrostructure of the proposed dictionary. The dictionary gives priority to a strict alphabetical macrostructure. Macrostructural elements, lemmatisation strategies, and types of lemmas and articles to be included in the proposed dictionary are discussed. Chapter 7 focuses on the microstructure of the proposed dictionary. The model suggests an obligatory microstructure and an extended obligatory microstructure and discusses the variety of data to be included in the articles of the proposed dictionary. Chapter 8 deals with the outer text section and the guide structures of the proposed dictionary, which includes front and back matter texts. Polyaccessibility, a system of cross-referencing, and lemmatic and non-lemmatic addressings are characteristics of the proposed dictionary. Chapter 9 makes some concluding remarks by highlighting the focus point of each chapter of the dissertation. It gives also some recommendations for the research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die woordeboeke beskikbaar in die Gaboenese tale is almal vertalende woordeboeke gerig op Frans en saamgestel deur sendelinge en koloniale administrateurs. Geen werklike eentalige woordeboeke bestaan in die Gaboenese tale nie. Daar is gevolglik 'n behoefte aan eentalige woordeboeke in die Gaboenese tale, veral in Jipoenoe, een van die Bantoetale (B 43) wat in die Suide van Gaboen gepraat word. Jipoenoe is 'n streeksvoertaal of 'n hoof- of meerderheidstaal. Jipoenoe is 'n huistaal d.w.s. wat binne Bapoenoegemeenskappe gepraat word of 'n moedertaal of eerste taal en Jipoenoe word ook as vak in die nasionale opvoedingstelsel onderrig. In reaksie op hierdie behoefte stel hierdie proefskrif metaleksikografiese kriteria voor vir die samestelling van 'n standaard beskrywende eentalige woordeboek met spesiale verwysing na Jipoenoe. Die voorgestelde model fokus primêr op die insluiting en behandeling van die standaardvariëteit van Jipoenoe en in 'n mindere mate op die ander variëteite. Die model is gerig op 'n woordeboek wat primêr aandag gee aan die behoeftes van die deursnee- opgevoede lede van die Jipoenoespraakgemeenskap, die moedertaalsprekers, en wat ook ontwerp is vir kundige en gevorderde leerders van Jipoenoe en hul onderwysers. Die doel van hierdie studie is om aan te toon hoe belangrik standaard beskrywende eentalige woordeboeke in die algemeen en spesifiek in die geval van die Bantoetale van Afrika is. Die doel van hierdie studie is ook om die belangrikheid vir Gaboenese leksikograwe te belig om moderne leksikografiese beginsels toe te pas in die samestelling van woordeboeke soos die gebruikersgedrewe woordeboek en die korpusgebaseerde woordeboek. Hierdie model, alhoewel ontwerp vir Jipoenoe, sal uiteindelik dien as model vir die opstel van standaard beskrywende woordeboeke vir al die Gaboenese tale. Die studie verskaf inligting oor die inhoud en strukture van so 'n woordeboek en is soos volg gestruktureer: Hoofstuk 1 fokus op 'n inleiding tot en 'n kontekstualisering van die navorsing. Dit beskryf die taalkundige toestand in Gaboen met betrekking tot die status van Jipoenoe. Dit toon ook die belangrikheid en relevansie van die navorsing en gee die teoretiese basis, metodologie, hipoteses en doelstellings onderliggend aan die studie. Hoofstuk 2 kritiseer die leksikografiese werk in Jipoenoe met die doel om die gehalte van die Jipoenoewoordeboeke te verbeter en die behoeftes van die Jipoenoeleksikografie te ondersoek. Hoofstuk 3 beskou 'n aantal aspekte van die standaardisering van Jipoenoe. Dit is gemik op 'n bespreking op die vlak van taalontleding, naamlik die fonologie, die grammatika, die woordeboek en die ortografie van Jipoenoe. Hoofstuk 4 bespreek die gebruikersperspektief wat die woordeboeksamestelling rig. Dit fokus op die gebruikersprofiel, gebruikerstipologieë en woordeboekfunksies. Die beplande woordeboek het 'n multifunksionele karakter. Spesiale aandag word gegee aan 'n baanbrekende ondersoek na woordeboekgebruik onder Gaboenese studente en aan 'n bespreking van die onderrig van woordeboekgebruik in Gaboen. Hoofstuk 5 handel oor die woordeboekplan. Verskillende aspekte soos die stylgids, die werklike doel, die woordeboekbasis, dataversameling, die dataversamelingsbeleid, dataversamelingsmetodes en die korpus van die voorgestelde woordeboek word bespreek. Hoofstuk 6 wei uit oor die makrostruktuur van die voorgestelde woordeboek. Die woordeboek gee voorkeur aan 'n streng alfabetiese makrostruktuur. Makrostrukturele elemente, lemmatiseringstrategieë, en soorte lemmas en artikels vir insluiting in die beplande woordeboek word bespreek. Hoofstuk 7 fokus op die mikrostruktuur van die voorgestelde woordeboek. Die model stel 'n verpligte mikrostruktuur en 'n uitgebreide verpligte mikrostruktuur voor en bespreek die verskeidenheid data wat in die artikels van die voorgestelde woordeboek ingesluit behoort te word. Hoofstuk 8 handel oor die buiteteksgedeelte en die gidsstrukture van die voorgestelde woordeboek wat voor- en agtervoor- en agtertekste insluit. Politoeganklikheid, 'n stelsel van kruisverwysings, en lemmatiese en nielemmatiese adresserings is kenmerke van die voorgestelde woordeboek. Hoofstuk 9 maak 'n aantal slotopmerkings deur die fokuspunt van elke hoofstuk van die proefskrif te belig. Dit verskaf ook 'n aantal aanbevelings vir navorsing.

Page generated in 0.1356 seconds