Return to search

Emerging leadership : a study of leadership thinking and its implications for business leadership and practice in the 21st century

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: This study seeks to demonstrate the impact of late 20th century leadership literature,
which is taken as the accepted embodiment of leadership thinking. Leadership thinking
influences both the academic study and resultant practice of leadership. A paradigmatic
approach was employed to contrast that the demands of a post-industrial, globalised
society would be of a different order to those of the 20th century industrial society. The
study seeks to challenge the intellectual climate of the business leadership discipline at
the level of the normative, which in turn would present a challenge to the conventional
strategic focus and approach of business leadership.
A challenge to the normative requires that a certain philosophical perspective be
introduced in the crossing of the boundary lines between various disciplines. As business
is part of the social sciences, the critical intellectual challenges to modern knowledge
were explored, which provided a foundation for the challenge. This required that new
scientific theory, both in the pure and the natural sciences as well as certain postmodern
authors representing the humanities be reviewed. A refocusing on what has been taken
for granted, what has been neglected, regions of resistance, the forgotten, the
irrational, the repressed, the borderline, the classical, the sacred, the marginal and the
excluded signifies .. The question is asked if we are able to recognise the ways in which
our lives and livelihood have been influenced by outmoded structures?
Due cognisance is not taken of the unsettling shifts of mindset that will be required to
exercise leadership in the post-industrial paradigm. The concept of paradigms is central
to this study where it operates' as the methodology device, given that the nature of the
research is exploratory, open-ended and hermeneutic compared to the mensural
convention that most business research follows. The study explores the paradigm
dependency of leadership, as a sociological frame of reference, where leadership is
viewed as a patterned social action and a political/structural action, so that leadership is
analysed as a socially constructed reality. A key distinction of this study is the major temporal transformation from the industrial to
the post-industrial paradigm, where post-industrial is of a magnitude far greater than
information technology advances. The current populist interpretation is e-commerce, the
Internet and genetic engineering. The notion of the 'Limits of the Model', representing
the breakdown of the industrial paradigm, occurs when the paradigm is being pushed
too far. The significance of this breakdown for leadership, is that leadership vision and
purpose must take its cue from an external frame of reference, which is categorised as a
paradigm of the 'sociological' region, The crisis of leadership is bound to their
sociological understanding situated within a network of culturally shared knowledge,
beliefs, ideals and taken-for-granted assumptions about the nature of industrial life.
Three distinct crises of leadership are identified and they combine to form a major
existential crisis which embodies the struggle of the individual to find purpose and
meaning in working life.
The study provides a different concept and criteria for vision which requires that
corporate vision would have to travel beyond the rational dimension that dominates
leadership thinking today and enter into the realm of the metaphysic. Corporate vision
would become a 'force-field', defined by organisation culture, In order to escape from
the cultural obsolescence that surrounds most organisations today, leadership has to
become a process that entails the capacity to create a new story about what is to be
struggled against and dreamed about. The leaders' stories would become a
reconceptualisation of the purpose of life which the post-industrial paradigm will
demand. Vision and purpose would be grounded in legitimacy, sustainability and ethics,
creating a question mark around the organisation's current fitness for purpose.
The constructs of a "'quantum worldview provide a challenge to every boundary that
leadership has tended to operate by and with. These constructs promote disorder,
relationship as the basis of all definition, information as the primal creative force (and
not capital and labour) and sustainability based on meeting future generations' needs.
Leadership becomes a set of principles governed by a hierarchy of imagination, ideas leadership. Leadership as stewardship on a more evolved plane of value promotes an
ecologicalliteracy, based on the notion of the living planet. The living planet operates as
a platform of supposition which dictates that ethics will become the enabling
dependency for leadership in the 21st century. This reconceptualisation of leadership is
one that highlights a communal relationship, based on mutual purpose which requires
true community, or a second-order level of communalism. Most business initiative today
is focussed on pseudo or chaos stages of community, which does not support an ethical
dimension in either purpose, strategy or operation. Ecology as an eco-philosophy goes
hand in hand with the idea of spirit as an animating principle. The potential contribution
of Africa with its rich cultural heritage of community through the ages, as well as the
Platonic archetype of Philosopher-Ruler to enable the magnitude of the shift to be
addressed is the hermeneutic yield of the study. The ecology metaphor of the postindustrial
paradigm is a fertile source of potential and possible hypotheses that can be
explored in the identification and reformulation of the sociological paradigm necessary
to move leadership research forward.
The result is a much broader, more societal 'picture' of 21st century business leadership,
where globalisation is recast in a set of global ethics and global accountability, which
business and its leadership has to come to terms with. The 'recasting' of business
leadership promotes a different ontology where an overarching communitarian
approach, will become the 'ground' for leadership and business models, strategies and
evaluation for the foreseeable future. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie wil die impak demonstreer van die leierskapsliteratuur van die laat 20ste eeu,
wat beskou word as die aanvaarde beliggaming van leierskapsdenke. Leierskapsdenke
beïnvloed beide die akademiese studie en gevolglike praktyk van leierskap. 'n
Paradigmatiese benadering is gevolg om die kontras aan te dui tussen die vereistes van
onderskeidelik 'n post-industriële wêreldgemeenskap en 20ste eeuse industriële samelewing.
Die studie wil 'n uitdaging rig tot die intellektuele klimaat van die
besigheidsleierskapsdissipline op die normatiewe vlak, wat op sy beurt 'n uitdaging bied aan
die konvensionele strategiese fokus en benadering van besigheidsleierskap.
'n Uitdaging aan die normatiewe vereis dat 'n sekere filosofiese perspektief bygevoeg word
waar die grense tussen verskillende dissiplines oorgesteek word. Aangesien besigheid deel is
van die sosiale wetenskappe is die kritieke intellektuele uitdagings aan moderne kennis
ondersoek, wat 'n grondslag vir die uitdaging voorsien het. Dit vereis dat nuwe
wetenskaplike teorie ondersoek word in beide die suiwer en die natuurwetenskappe, sowel
as sekere postmoderne outeurs wat die menswetenskappe verteenwoordig. Dit is van
belang dat daar weer gefokus word op wat as vanselfsprekend aanvaar is, wat verwaarloos
is, waarteen daar weerstand was, wat vergeet is; die irrasionele, die onderdrukte, die
grensgevalle, die klassieke, die heilige, die marginale en wat uitgesluit was. Die vraag word
gevra of ons in staat is om die wyses te herken waarop ons lewens en lewensonderhoud
beïnvloed is deur verouderde strukture?
Daar word nie genoeg kennis geneem van die verwarrende veranderinge in denkwyse wat
vereis word om leierskap in die post-industriële paradigma uit te oefen nie. Die konsep van
paradigmas is sentraal tot hierdie studie waar dit opereer as die metodologiese ontwerp,
aangesien die aard van die navorsing ondersoekend, oop en hermeneuties is - vergeleke
met die metingskonvensie wat deur die meeste besigheidsnavorsing gevolg word. Die studie
ondersoek die paradigma-afhanklikheid van leierskap as 'n sosiologiese
verwysingsraamwerk, waar leierskap beskou word as 'n sosiale aksiepatroon en 'n
politieke/strukturele aksie, sodat leierskap ontleed word as 'n sosiaal gekonstrueerde
realiteit. 'n Belangrike onderskeidende kenmerk van hierdie studie is die groot wêreldtransformasie
van die industriële na die post-industriële paradigma, waar post-industrieel van 'n baie
groter omvang is as bloot vordering in die inligtingstegnologie. Die huidige populistiese
interpretasie is e-handel, die Internet en genetiese manipulasie. Die idee dat die
"Beperkinge van die Model" die ineenstorting van die industriële paradigma verteenwoordig,
kom voor wanneer die paradigma te ver gevoer word. Die betekenis van hierdie
ineenstoring vir leierskap is dat leierskapsvisie en --doel gebaseer word op 'n eksterne
verwysingsraamwerk, wat gekategoriseer word as 'n paradigma van sosiologiese aard. Die
krisis van leierskap is verbind aan hulle sosiologiese begrip gesitueer binne 'n netwerk van
kultureel gedeelde kennis, oortuigings, ideale en aannames wat as vanselfsprekend aanvaar

word oor die aard van die industriële lewe. Drie duidelike krisisareas van leierskap word
geïdentifiseer en hulle vorm saam 'n belangrike eksistensiële krisis wat die beliggaming
vorm van die individu se stryd om 'n doel en betekenis te vind in sy werksiewe.
Die studie voorsien 'n ander begrip van en maatstaf vir visie, wat vereis dat korporatiewe
visie verby die rasionele dimensie moet beweeg wat leierskapsdenke vandag oorheers, en
die gebied van die metafisiese moet betree. Korporatiewe visie sal 'n "kragveld" word wat
deur organisasiekultuur gedefinieer word. Om te ontsnap uit die kulturele veroudering wat
vandag in die meeste organisasies bestaan, moet leierskap 'n proses word wat die kapasiteit
behels om 'n nuwe storie te skep ten opsigte van waarteen daar gestry en waaroor daar
gedroom moet word. Die leiers se stories sal 'n nuwe konseptualisering word van die doel
van die lewe soos vereis deur die post-industriële paradigma. Visie en doelwit salop die
grondslag rus van egtheid, volhoubaarheid en etiek, wat 'n vraagteken plaas om die
organisasie se huidige geskiktheid vir die doel.
Die konstrukte van 'n kwantumwêreldbeskouing voorsien 'n uitdaging aan elke grens
waardeur en waarvolgens leierskap geneig was om te opereer. Hierdie konstrukte moedig
wanorde aan; asook verhouding as die grondslag van alle definisie, inligting as die
vernaamste skeppingskrag (en nie kapitaal en arbeid nie) en volhoubaarheid gebaseer op
die voldoening aan die behoeftes van toekomstige generasies. Leierskap word 'n stel
beginsels beheers deur 'n hiërargie van verbeelding, idees en kreatiwiteit, waar die vrystelling van die menslike gees die sentrale taak van leierskap word. Leierskap as 'n
rentmeesterskap op 'n meer ontwikkelde vlak van waardes moedig 'n ekologiese
geletterdheid aan, gebaseer op die idee van die lewende planeet. Die lewende planeet
opereer as 'n platform van veronderstelling wat voorskryf dat leierskap in die 21ste eeu
daarvan afhanklik sal wees vir sy bestaan. Hierdie nuwe konseptualisering van leierskap is
een wat die fokus plaas op 'n gemeenskapsverhouding gebaseer op 'n onderlinge doel, wat
werklike gemeenskap vereis, of 'n vlak van gemeenskaplikheid van die tweede orde. Die
meeste besigheidsinisiatief vandag fokus op pseudo- of chaos-stadiums van
gemeenskaplikheid, wat nie ondersteuning bied vir 'n etiese dimensie in doel, strategie of
bedryf nie. Ekologie as 'n eko-filosofie hang saam met die gedagte van geesteskrag as 'n
lewewekkende beginsel. Die potensiële bydrae van Afrika met sy ryk kulturele erfenis van
gemeenskap deur die eeue, sowel as die Platoniese argetipe van die Filosoof-Heerser wat
dit moontlik maak om 'n verandering van hierdie omvang aan te spreek, is die
hermeneutiese veld van die studie. Die ekologie-metafoor van die post-industriële
paradigma is 'n vrugbare oorsprong vir potensiële en moontlike hipoteses wat ondersoek
kan word in die identifikasie en herformulering van die sosiologiese paradigma wat nodig is
vir vordering in die navorsing oor leierskap.
Die gevolg is 'n baie breër, meer gemeenskapsgerigte "prentjie" van 21ste eeuse
besigheidsleierskap, waar die uitbreiding tot wêreldomvang omvorm word tot 'n wêreldetiek
en wêreldtoerekenbaarheid waarmee besigheid en besigheidsleierskap tot 'n vergelyk moet
kom. Die "omvorming" van besigheidsleierskap moedig 'n ander ontologie aan, waar 'n
oorkoepelende gemeenskapsbenadering die grondslag sal vorm vir modelle, strategieë en
die evaluering van leierskap en besigheid in die voorsienbare toekoms.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51738
Date12 1900
CreatorsPlougmann, E. M. T. (Elizabeth Mary Therese)
ContributorsEsterhuyse, W. P., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences . Dept. of Business Management.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format382 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.016 seconds