Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: Cities and in particular, secondary cities are fast emerging as the dominant form of
human settlement. Considering the anticipated growth in the population and the
expected global economic growth, what role will cities play in addressing the core
issues pertaining to sustainable development? Will cities be able to address these
issues at all? Addressing the sustainability of cities is about focussing on addressing
the key issues of form and function. These, coupled with the specific social
interactions, the cultural and political actions, are the drivers that need to be
harnessed, integrated and reworked if cities are to be sustainable in any way.
Without a collective and concerted drive to make direct inputs into the three main
drivers of a city; planning and design, the resource use and inputs and the social
interactions within cities, no efforts to address the hope of leaving legacies of
resources for future generations will be realised. If these efforts do not originate in,
and grow out of cities, cities will not support, but rather undermine, any attempts at
achieving sustainable development.
There is an increasing realisation that the current approaches to development are
not meeting the needs of the growing global populations and as such, new
approaches need to be sought. The one key area where these new approaches hold
potential is to attempt to seek ways to create sustainable communities, communities
with equitable access to resources and where communities are designed to function
in different ways. The town and outlying areas of the Grabouw region in the Western
Cape provide a unique and extremely rare opportunity for implementing a wide range
of Government policies that have been adopted at the National, Provincial and Local
Government levels to give effect to the national commitment to sustainable
development and the creation of sustainable communities. These policy
commitments span social, environmental and economic policies. Grabouw is
perfectly configured in both geographical and strategic terms to become a national
model for ‘integrated sustainable development’ and to demonstrate in practice how
the attainment of the concept of sustainable development and sustainable
communities can be supported. The intention of the project proposal is to facilitate specific actions that would include
the framing of a foundation that is the core discussion document for the engagement
with the broader communities. The purpose of this document and supporting plan
would be to facilitate the communities’ participation in the creation and design of the
project that serves to transform the town of Grabouw, and the region, ultimately
becoming a national model of sustainability with a community that is resilient and
equitable, meeting their current needs fairly, but doing so in a manner that preserves
resources for future generations of Grabouw residents and South Africans. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Stede, en sekondêre stede in die besonder, wen vinnig veld as die dominante vorm
van menslike vestiging. Met inagneming van die verwagte groei in die bevolking en
die verwagte globale ekonomiese groei, kan die vraag gestel word watter rol stede
gaan speel om die kernvraagstukke met betrekking tot volhoubare ontwikkeling aan
te spreek. Sal stede hoegenaamd daartoe in staat wees om hierdie vraagstukke aan
te spreek? Van deurslaggewende belang vir die volhoubaarheid van stede is die
fokus op die sleutelvraagstukke van vorm en funksie. Dit, gekoppel aan die
spesifieke maatskaplike interaksies, die kulturele en politieke aksies, is die
sleutelaandrywers wat ingespan, geïntegreer en herbeplan moet word om stede
volhoubaar te hou. Sonder 'n kollektiewe en volgehoue plan om direkte insette te
lewer in die drie sleutelaandrywers van 'n stad – beplanning en ontwerp; die gebruik
van hulpbronne en insette; en die maatskaplike interaksies binne stede – sal daar
niks kom van die wens om hulpbronne vir toekomstige nageslagte na te laat nie. As
hierdie pogings nie in stede ontstaan en uit stede groei nie, sal stede nie daarin
slaag om enige pogings tot volhoubare ontwikkeling te ondersteun nie, maar dit
eerder kelder.
Daar word toenemend besef dat die huidige benadering tot ontwikkeling nie in die
behoeftes van die groeiende globale bevolkings voorsien nie en dat nuwe
benaderings op die proef gestel moet word. Die een sleutelgebied waar 'n nuwe
benadering belofte inhou, is om maniere te ondersoek om volhoubare
gemeenskappe te skep – gemeenskappe met gelyke toegang tot hulpbronne en
waar gemeenskappe ontwerp is om op verskillende maniere te funksioneer. Die dorp
en distrik Grabouw in die Wes-Kaap bied 'n unieke en uiters seldsame geleentheid
vir die implementering van breë nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsbeleide
om uitvoering te gee aan die nasionale verbintenis tot volhoubare ontwikkeling en
die skepping van volhoubare gemeenskappe. Maatskaplike, omgewings- en
ekonomiese beleide word in hierdie beleidsverbintenisse saamgesnoer. Grabouw is
ideaal vanuit 'n geografiese sowel as strategiese oogpunt om 'n nasionale model te
word vir 'geïntegreerde volhoubare ontwikkeling' en om prakties te demonstreer hoe
volhoubare ontwikkeling en volhoubare gemeenskappe ondersteun kan word. Die oogmerk van die projekvoorstel is om spesifieke aksies te fasiliteer, soos die
opstel van 'n kernbesprekingsdokument met as doelwit die betrekking van die breër
gemeenskappe. Die doel van hierdie voorstel is die fasilitering van die
gemeenskappe se deelname aan die skepping en ontwerp van die projek wat dien
om die dorp en distrik Grabouw te transformeer tot 'n nasionale model van
volhoubaarheid, met 'n gemeenskap wat kragtig en gelyk is, en waar in huidige
behoeftes voorsien word, maar op so 'n manier dat hulpbronne vir toekomstige
geslagte Grabouw-inwoners en Suid-Afrikaners bewaar word.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/21739 |
Date | 12 1900 |
Creators | Haysom, Gareth (Gareth Duff) |
Contributors | Swilling, M., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Management and Planning. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | x, 140 leaves : col. maps |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0027 seconds